Hoë risiko vir beurtkrag

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Dinsdag gesê daar is ʼn hoë risiko vir beurtkrag, aangesien die kragnetwerk erg onder druk is.

“Die kragnetwerk is tans baie beperk en daar is ʼn hoë risiko vir beurtkrag later vanmiddag,” het Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, gesê.

“Dit is belangrik om daarop te let dat ons nie ʼn noodtoestand of beurtkrag aangekondig het nie, maar die vraag na elektrisiteit neem toe en ons verwag dat dit erger sal raak wanneer mense vanmiddag by die huis kom,” het Phasiwe gesê.

Eskom het Saterdag fase 2-beurtkrag en Sondag fase 1-beurtkrag toegepas.

Klik hier om die beurtkragskedules te sien indien jy direk jou elektrisiteit van Eskom ontvang.

Klik hier om die beurtkragskedules te sien indien jy jou elektrisiteit van die munisipaliteit ontvang of besoek jou munisipaliteit se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.