Hoë risiko vir beurtkrag

beurtkragDie risiko vir beurtkrag is hoog nadat twee van Eskom se kragopwekkers onklaar geraak het, het die kragvoorsiener Woensdag gesê.

“Die probleme met die kragopwekkers is een van talle ander uitdagings wat die situasie vererger het,” het Khulu Phasiwe, ʼn woordvoerder van Eskom, gesê.

“Ons sê nie dat daar beurtkrag toegepas gaan word nie, maar die risiko daarvoor sal tot vanaand om 22:00 hoog wees. As almal saamwerk en elektrisiteit spaarsaming gebruik, kan beurtkrag verhoed word.”

Hy het gesê dat ingenieurs besig is om vas te stel hoekom die kragopwekkers onklaar geraak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

V ·

Ag kom tog net tot die punt met die beurtkrag.Maak die goed reg en kry klaar!dit raak nou al regtig ou nuus.net soos waterbeperkings.Maar die ander kry mos water en krag verniet.

Manie ·

Eskom het regtig probleme om krag te voorsien. Dit gesê Dit is deur hulle eie kortsigtigheid en onvermoë om ‘n besigheid te bestuur. Hulle het van al hulle ervare en kundige personeel ontslae geraak en is nou weer besig om pakette aan te bied
En glo my in die huidige posisie van ons ekonomie gaan die kundiges aansoek doen vir pakette en die Reeds weerlose Eskom gaan dan weer moet KONSULTANTE aanstel teen dubbel die prys en ek en jy gaan daarvoor moet betaal.
Privatiseer Eskom en binne 5 jaar sal al die probleme opgelos word.

Sollie ·

Onklaar geraak? Maklik – dit word natuurlik nie gediens of reg onderhou nie. Soos met ‘n motor en meeste ander goed moet mens te alle tye seker maak dit word versien, onklaar dinge moet vervang word, olie omgeruil word ens ens. Maar nee, die klomp dink dinge moet maar op hul eie aangaan, solank dit nog werk is dit mos reg! Ek raak sooooo gefrustreerd!!

scalla ·

Die probleem is die enginieurs, instandhouding en diens is die antwoord. Hoe moeilik kan dit wees!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.