Hoe seker is Homo naledi se ouderdomsbepaling?

Foto: ANA

’n Groot leemte in die 2015-aankondiging van die ontdekking van Homo naledi is vandeesweek aangeraak.

Die navorsers, onder leiding van prof. Lee Berger van Wits, het destyds erg deurgeloop omdat die nuus bekend gemaak is sonder dat die ouderdom bepaal is van dié spesie wat by Sterkfontein ontdek is.

Die span het destyds aangevoer dat daar nie werklik iets was wat in die besondere geval vir ouderdomsbepalings gebruik kon word nie. Dit sou egter aandag geniet.

Hoe gebeur dit dat min of meer dieselfde paleontoloë wat Homo sediba in ’n nabygeleë grot ontdek het – en so min moeite gehad het om sediba se ouderdom op 1,8 miljoen jaar te kon bepaal – geen benul oor naledi se ouderdom kon hê nie?

Sediba se ouderdom kon maklik bepaal word omdat hulle in ’n tyd geleef het wat die aarde se magneetveld aan die omruil was. Metaaldeeltjies in die nog sagte rots kon dus nie volgens die magneetveld in ’n bepaalde rigting geset word nie. Hierdie tydperk was reeds goed aan die paleontologie en geologie bekend, en kon deur ’n proses van paleomagnetisme bepaal word.

Ander metodes moes egter met Homo naledi toegepas word. In totaal bestaan daar sowat 20 metodes wat gebruik word, hoewel nie een die hele ouderdomspektrum kan ondervang nie. Argeoloë en paleontoloë probeer gewoonlik drie metodes op die vonds toepas, en wat mekaar se lesings moet bevestig, alvorens die vakartikels vir portuuroorsig voorgelê word.

Met naledi is altesaam ses metodes beproef, waarvan sommiges nie gewerk het nie. Die ouderdom is op ’n verrassende jong 236 000 tot 335 000 vasgestel. Dit beteken naledi het in ’n tyd geleef wat met die baie vroeë moderne mens ooreengestem het. Die konsep dat sapiens en ander mensvorme in ’n stadium tydgenote was, is nie nuut nie.

Sapiens en die Neandertalmens het byvoorbeeld in Europa saamgeleef tot Neandertal sowat 40 000 jaar gelede uitgesterf het. Trouens, genetiese toetse dui daarop dat veral mense van Europese herkoms ’n klein persentasie genetiese materiaal van die Neandertal dra.

Ook die Denisovans wat onlangs eers ontdek is, het genetiese materiaal in die bevolkings van Melanasië en die Australiese inheemse bevolkings nagelaat, en was ‘n tydgenoot van die moderne mens.

Volgens baie onlangse navorsing oor naledi wat bekend gemaak is kort voor die nuus oor die ouderdomsbepaling bekend gemaak is, het naledi se breinkas ooreenkomste met die moderne mens se brein getoon in ’n gedeelte bekend as Broca se gebied. Die linkerkant hiervan is tipies betrokke by spraak en taal. (Naledi se brein was net-net groter as dié van ’n sjimpansee.)

Lees meer oor Homo Naledi op Maroela Media.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: SA-nuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

50 Kommentare

jongste oudste gewildste
tom

Gelukkig weet ek hoe is ek geskape defnitief nie uit die grotte

A

Eerlikwaar, ek sukkel vreeslik baie met hierdie onderwerp. Waarom was daar so min mense miljoene der miljoene jare gelede. Dit blyk dat hulle maar skaars gesaai was oor die aarde. Ook kan ek nie regtig verstaan hoekom hulle beendere “oorleef” het nie. Wat van al die “na-Christus” mense se beendere? Word alles nie op die ou einde gevreet deur wurms nie?

stormrider

Hierdie mense jok vir ons.
Naledi is 236002 jaar oud, want hulle het Naledi al twee jaar terug ontdek.

Basjan

Ál hierdie ouderdomsbepalings is blote spekulasie. Die “wetenskaplikes” is besig on ons te breinspoel sodat ons die evolusie teorie moet aanvaar. Die meets aanvaarbare verklaring word in die Bybel verskaf, naamlik die Skeppingsverhaal. Daarvolgens is die mens ongeveer 6 000 jaar gelede geskape.

Frans

Hoe groot is die toeval dat kopbene wat soveel miljoene jare verskil van ouderdom, gevind is in dieselfe omgewing so naby mekaar. Seker nie ouer as sesduisend jaar gelede toe die aarde geskep is deur die Here nie.