Hoe seker is Homo naledi se ouderdomsbepaling?

Foto: ANA

’n Groot leemte in die 2015-aankondiging van die ontdekking van Homo naledi is vandeesweek aangeraak.

Die navorsers, onder leiding van prof. Lee Berger van Wits, het destyds erg deurgeloop omdat die nuus bekend gemaak is sonder dat die ouderdom bepaal is van dié spesie wat by Sterkfontein ontdek is.

Die span het destyds aangevoer dat daar nie werklik iets was wat in die besondere geval vir ouderdomsbepalings gebruik kon word nie. Dit sou egter aandag geniet.

Hoe gebeur dit dat min of meer dieselfde paleontoloë wat Homo sediba in ’n nabygeleë grot ontdek het – en so min moeite gehad het om sediba se ouderdom op 1,8 miljoen jaar te kon bepaal – geen benul oor naledi se ouderdom kon hê nie?

Sediba se ouderdom kon maklik bepaal word omdat hulle in ’n tyd geleef het wat die aarde se magneetveld aan die omruil was. Metaaldeeltjies in die nog sagte rots kon dus nie volgens die magneetveld in ’n bepaalde rigting geset word nie. Hierdie tydperk was reeds goed aan die paleontologie en geologie bekend, en kon deur ’n proses van paleomagnetisme bepaal word.

Ander metodes moes egter met Homo naledi toegepas word. In totaal bestaan daar sowat 20 metodes wat gebruik word, hoewel nie een die hele ouderdomspektrum kan ondervang nie. Argeoloë en paleontoloë probeer gewoonlik drie metodes op die vonds toepas, en wat mekaar se lesings moet bevestig, alvorens die vakartikels vir portuuroorsig voorgelê word.

Met naledi is altesaam ses metodes beproef, waarvan sommiges nie gewerk het nie. Die ouderdom is op ’n verrassende jong 236 000 tot 335 000 vasgestel. Dit beteken naledi het in ’n tyd geleef wat met die baie vroeë moderne mens ooreengestem het. Die konsep dat sapiens en ander mensvorme in ’n stadium tydgenote was, is nie nuut nie.

Sapiens en die Neandertalmens het byvoorbeeld in Europa saamgeleef tot Neandertal sowat 40 000 jaar gelede uitgesterf het. Trouens, genetiese toetse dui daarop dat veral mense van Europese herkoms ’n klein persentasie genetiese materiaal van die Neandertal dra.

Ook die Denisovans wat onlangs eers ontdek is, het genetiese materiaal in die bevolkings van Melanasië en die Australiese inheemse bevolkings nagelaat, en was ‘n tydgenoot van die moderne mens.

Volgens baie onlangse navorsing oor naledi wat bekend gemaak is kort voor die nuus oor die ouderdomsbepaling bekend gemaak is, het naledi se breinkas ooreenkomste met die moderne mens se brein getoon in ’n gedeelte bekend as Broca se gebied. Die linkerkant hiervan is tipies betrokke by spraak en taal. (Naledi se brein was net-net groter as dié van ’n sjimpansee.)

Lees meer oor Homo Naledi op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

tom ·

Gelukkig weet ek hoe is ek geskape defnitief nie uit die grotte

A ·

Eerlikwaar, ek sukkel vreeslik baie met hierdie onderwerp. Waarom was daar so min mense miljoene der miljoene jare gelede. Dit blyk dat hulle maar skaars gesaai was oor die aarde. Ook kan ek nie regtig verstaan hoekom hulle beendere “oorleef” het nie. Wat van al die “na-Christus” mense se beendere? Word alles nie op die ou einde gevreet deur wurms nie?

Paul ·

Daar is ‘n magdom wetenskaplike inligting op die internet beskikbaar hieroor. Of in jou plaaslike biblioteek. Moet net nie om die bos gelei word deur al die twak onwetenskaplike goed wat ook op die internet hieroor geskryf word nie.

In kort, sonder om volledige detail te gee: ‘n Fossiel is ‘n been of ander weefsel wat letterlik versteen het. Dit het in klip verander. Andersins is dit ‘n afdruk van ‘n been of weefsel in klip. Dit gebeur onder verskillende toestande, maar wat dit in gemeen het, is dat dit gebeur wanneer toestande nie goed is vir verrotting nie – met ander woorde as daar nie voldoende suurstof by die been of weefsel kan uitkom sodat bakterieë dit kan verrot nie. Dis hoekom daar soveel fossiele van waterdiere is – kan maklik in sagte modder begrawe word.

Daar was inderdaad baie minder mense op aarde selfs so kort as tienduisend jaar gelede, met skattings van ongeveer 1 tot 10 miljoen. Sonder gevorderde tegnologie was dit baie moeiliker ir groot getalle mense of mens-voorouers om te oorleef.
Ongeveer 75 000 jaar gelede het die Toba-uitbarsting ook plaasgevind in Sumatra, wat waarskynlik gelei het tot ‘n byna volledige uitsterwing van Homo Sapiens, met skattings dat nie meer as 10 000 mense oorleef het nie.

Gert ·

paul so alles wat die internet se is waar? Glo jy dan die aarde is n bal of plat want mens kan altwee daar kry so altwee moet waar wees,ne?
Hypothesis is nie wetenskap nie.

stormrider ·

Hierdie mense jok vir ons.
Naledi is 236002 jaar oud, want hulle het Naledi al twee jaar terug ontdek.

Basjan ·

Ál hierdie ouderdomsbepalings is blote spekulasie. Die “wetenskaplikes” is besig on ons te breinspoel sodat ons die evolusie teorie moet aanvaar. Die meets aanvaarbare verklaring word in die Bybel verskaf, naamlik die Skeppingsverhaal. Daarvolgens is die mens ongeveer 6 000 jaar gelede geskape.

Willem ·

Basjan, weet jy wat is “radiometric dating” en hoe werk dit?

Pieter ·

Bravo Basjan!
Ons weet teen dié tyd dat daar baie faktore is wat bepaal hoe vinnig sekere prosesse plaasvind, en dat teenwoordigheid van stowwe baie kan wissel as gevolg van ander faktore as bloot tyd. Wat veral ongelooflik is, is lank vóór die skepping die diere al sou geleef het. En die mense. Ek dink die sop waaruit alles sou ontstaan het meer intelligensie aan sekere plante gegee as aan die “wetenskaplikes” wat hulle bestudeer…

Josua Keys ·

Basjan, jy slaan die spyker op die kop, wetenskaplikes het ‘n klomp nule aan ‘n toetaal gekoppel juis omdat hulle self nie ‘n verklaring of bewyse van hul bevinding gehad het. Die onkundige mensdom het ongelukkig met die jare waarde aan die snert gekoppel en dit eg laat verklaar. Evolusie (‘n gegewe naam vir spekulasie sonder bewyse) is ‘n groot voorbeeld hiervan en nie een Wetenskaplike kon nog ooit Evolusie bewys nie, kinders gaan tot Universiteid toe om die snert te leer in plaas daarvan dat hulle eerder net die werklike boek van die lewe met konkrete veite, bewys en alles wat daarmee saamgaan “DIE BYBEL” raadpleeg om antwoorde ens te kry. Darwin en sy makkers het daartoe bygedra dat die snert geleer en geglo word. Ek kan nie wag dat iemand geboorte skenk aan n vis of ‘n Olifant n vlermuis word nie skuus amper vergeet ek, dit gaan mos miljoene jare vat om dit te bewys en ons leef mos net so lank nè. Die Aarde en alles soos ons dit vandag ken is tussen 6000-9000 jaar oud, die res het jy reeds mooi opgesom en uiteen gesit vir die wat die werklike BOEK geraadpleeg het.

Frans ·

Hoe groot is die toeval dat kopbene wat soveel miljoene jare verskil van ouderdom, gevind is in dieselfe omgewing so naby mekaar. Seker nie ouer as sesduisend jaar gelede toe die aarde geskep is deur die Here nie.

Paul ·

Dis nie toeval nie. Dis omdat dit in daardie gebied behoue gebly het weens die geologie in daardie gebeid. Die dolomietgrotte en kalksteen verskaf ideale toestande vir fossiele om te vorm. Ook was die grot-landskap waarskynlik ietwat digter bevolk as ander plekke, aangesien dit vars water en goeie skuilplek bied.
‘n Oer-mens wat in ‘n grot ingeval het, of deur ‘n dier as sy prooi daar ingesleep is, het ‘n kans om te versteen. omdat die beendere deur kalkwater oordek kon word binne-in die grot, wat verrotting sou keer. ‘n Oer-mens wat dood is op oop vlaktes het nie juis ‘n goeie kans om te versteen tot ‘n fossiel nie.

Daar is ook fossiele op ander plekke, maar baie minder, so die mense wat fossiele soek, mors nie hul tyd om op ander plekke te soek nie. As jy ‘n paleontoloog is met beperkte hulpbronne en tyd, waar gaan jy soek vir ‘n fossiel? Op een of ander oop vlakte waar jy dalk een fossiel per honderd hektaar gaan vind, of gaan jy in ‘n grot soek in ‘n gebied waar jy weet dis waarskynlik dat daar fossiele kan wees?

Dink bietjie, man!

Boggom ·

Nou maak hulle ‘n aap van elke been wat hulle ontdek en dink ons bobbejane moet dit glo!!!
Ek het nog nooit ‘n aap of bobbejaan gesien wat in transisie na mensdom is nie en slimgeleerde mense wil ons anders probeer oortuig met hulle slimpraatjies.

pieterdp ·

Die oer mens ( dier) wat nou kama ons as mens se voor sate was kon net so wel n mens (dier) n spesie op sy eie gewees het.
Daar is nou oorskot van mense wat net so oud of dalk ouer as die vons wat baie meer mens soos ons is gevind. Wat se DNA meer mprderne mens is. Dis SA Profs kry jul fiete reg en be indrik ons op n beter metode.

Aneja ·

Bravo!!!!!! Ek is so bly om te sien dat ‘n paar slim mense met ‘n brein hier kommentaar lewer, gee my sommer hoop vir ons mensdom. Wens almal wil begin lees op cmi.com ( creation ministeries) waar dieselfde wetenskaplikes ens met dieselfde geleerheid en navorsings die teendeel bewys. Hulle veg teen al hierdie evolusie geloof en ateiste sowel as natoinal geographics en deesdae ons eie 50 50. Die aarde is presies geskape soos God beskryf in Genesis. Hou ook sommer simpel opmerkings soos mense het gedink die aarde is plat. Hulle het baie goed geweet dit is rond. Tyd is van die skepping af ingestel (en dit was more en dit was aand, een dag.) Job het al gepraat van dinosaurs. Is ook lankal bekend dat hul saam met mense geleef het. Is ons plig om self meer inligting teverkry as om simmier alles te glo. Hoe groot is my God wat die mens geskape het waar ons almal vandaan kom.

marous ·

Lyk heelwat jonger as die man in beheer net noord van die Limpopo

Aneja ·

Dit is ook baie eienaardig dat daar dukwels sommer terloops selfs sommer teovallig deur ‘n kind ‘n kopbeen of iets opgetel word en dan vreeslik aandag kry as ‘n geweldige fonds. Ek self het al gestaan by dinosaur geraamtes in Lesotho se berge en waar ‘n boer een oopgeploeg het in sy land. Ons land en oral oor die wêreld is bewyse van hulle asook oor Noag se vloed. As ons almal wil wakker word en besef waar ons vandaan kom sal ons mekaar meer respekteer en na God se skepping omsien. Hoekom sal slym of wat hul ookal sê ons vandaan kom enigsins vir ander omgee of is dit dalk waar al die wreedheid brandstigting en alles vandaan kom, van diesulkes af wat al sedert Darwin propageer dat ons van allerhande ??????? afkom.

Louw ·

Hoe het al die marsupials na die vloed opgeeindig in Australië en net in Australië?

Aneja ·

Die antw is eenvoudig en as ek tyd kry sal ek daaroor naslaan. Daar was nie net een vloed nl Noag se vloed nie. Daar was en is nog steeds vloede maar daar was net een wêreld vloed so op watter vloed sinspeel jy?

Louw ·

Nee, volgens die bybel was daar net een vloed. Ek praat van daardie vloed, waar Noag sy boot gebou het en op Ararat opgeeeindig het. Daardie vloed het volgens die bybel die hele aarde oorstroom. Dus moes Noag al die marsupials ook gered het, hulle het dan moes loop van Ararat maar snaaks genoeg net in Australie opgeeindig?

Aneja ·

Daar is ongeveer 250 species van die marsupialus wat insluit onder andere die tasmanian devil, kangaroe wombats koalas ens. Hulle was almal endemic tot Amerika en Australia. Dus moet jy meer spesifiek wees oor jou vraag van ( net in Australia.) Die tasmanian devil het soos alles beskryf word heel waarskynlik na die vloed met die Ice aged op ysgletsers na Australia gedryf.

Aneja ·

Daar is ongeveer 250 Marsupiialus species wat insluit koalas, tasmanian devils, wombats ens. So jy moet bietjie meer spesifiek wees met jou vraag want hulle was almal endemic tot Amerika en Australia en soos alles mos gestel word het heelwaarskynlik na die vloed op ysgletsers met die ystydperk gedryf Australia toe.

Louw ·

Aneja

Kangeroes kom sleg in Australie voor. Waar is al die fossiele buite Australie wat ons sou kry as hulle van Ararat af moes weg baan Australie toe?

Aneja ·

Hier is jou antw. Daar is gagaroo fossils gevind buite Australia selfs egipte en afrika, hoe hulle in Australia beland het weet nie ovuliste of creasioniste nie want nie een van hulle was daar nie. Daar is wel idees (let wel idees) en die my friend kan jy nouself gaan nalees soos wat ek dit sopas gedoen het. As jy regtig meer wil weet begin wyer lees sodat jy ‘n wyer kennis kan opdoen.

Louw ·

Aneja

Ek weet van geen fossiele van kangeroes in Afrika nie (Egipte is in Afrika) – plaas jou verwysings hierso. En nee, links van creation.com en Kent Hovind se site tel nie.

Pieter ·

Dit bly vir my ongelooflik dat daar mense is, sommige selfs intelligente mense, wat bly glo in evolusie – terwyl daar soveel gapings en aannames is. Heackel se bedrog is reeds in 1860 blootgelê, maar steeds word dit as waarheid verkondig. Hoekom? Dis logies – al die teorieë bou daarop voort, en as jy dit ontken stort die hele evolusieleer-kaarthuis inmekaar! Maar, o wee, die hele wêreld word steeds met die “evolusieleer” gevoer. En baie sluk dit…

Willem ·

Ek het ‘n vraag aan gelowiges wat nie glo in evolusie nie. Wees eerlik, en antwoord hierdie vir jouself.

As ek jou enige harde bewyse kan lewer wat evolusie as feit bevestig, maar jou geloof weerspreek, sal jy jou opinie oor jou geloof verander? As die antwoord nee is, wat is die punt om enigsinds hieroor te debatteer?

Dick Bailey ·

Ek het regtig gedink die breinspoeling wat ons as leerders in die sewentigs ervaar het is al lankal verby. As ek die kommentare hierbo lees lyk dit beslis nie so nie. My kinders en hope van hulle vriende leef baie gerieflik met Christenskap en evolusie saam want ons het hulle die vryheid gegee om vir hulself te dink. (Op skool en universiteit) Die aarde en die mensdom is beslis nie net 6000 jaar oud nie , maar ons is seker almal geregtig op sy eie opinie !

Aneja ·

Hi hi ek leef ook gerieflik elke dag met evolusie saam. Sien dit elke dag oral om my. Hoef net te sien hoe alles agteruitgaan en hierdie evolusie mense wat oor miljoene plus geskep is dit vererger. Ek het net nou die dag ‘n bobbejaan gesien met ‘n blanke se oog en die anderoog van ‘n swartman, sy neus lyk ietwat bok een oor soos ‘n vark die ander een het nog nie vorm nie, sy twee agterbene is harig en wil nie lekker beweeg saam met sy voorpote nie wat half lyk soos een mens arm en een oerangoetang arm. Jammer ek gaan nie leef om oor ?????? jare te weet waarin hy verander het om by al die veranderinge en agteruitgang aan te pas nie. Dalk verander hy in ‘n voël om te probeer oorleef of gooi sy ledemate weg en word ‘n slang.

Net die Waarheid ·

As ons eendag die tydperk kan bepaal waar die son presies op die regte afstand van die aarde geset het om sodoende lewe te onderhou (nie te naby en nie te ver nie) dan en eers dan kan ons begin spekuleer oor tye van mense en enige ander lewe op aarde.

louwrens ·

Ai tog mense. Dit is nie so moeilik om die evolusieteorie en jou Godsdiens bymekaar te bring en beide aan te hang nie. Adam en Eva is die eerste mense aan wie God homself as Skepper openbaar het. Hou op om die Bybel as n Wetenskap handboek te lees.

Lees die skeppingsverhaal in die lig van die konteks en milleue waarin dit geskryf is. As God wou kon hy vir Bybelskrywers verduidelik het van sitoplasme, protoplasma en die verdeling van selkerne. Ongelukkig sou die Bybelskrywers van daardie tyd geen benul gehad het waarvan God praat nie. Dit is dus makliker om aan hulle te openbaar dat Hy die mens uit “niks” (Sand) gemaak het. Ag ek kan aangaan en aangaan maar sal dit liewer hier laat.

Vir my sluit die skeppingsverhaal en die evolusieteorie perfek bymekaar aan. In werklikheid komplimenteer hulle mekaar.
Krediet aan al die Wetenskaplikes met hul navorsing.

Frans C ·

Daar heers ‘n ontsettende onkunde oor wat evolusie nou eintlik is en wat darwin gesê het. Jy kan nie die Bybel gebruik om evolusie as waar of onwaar te bewys nie.Die genesisskeppingsverhale is
diee verhale is deur die Jode in ballingskap geskryf as teenvoeter vir die Babiloniese skeppingsverhale met baie skeppers..Die verhale sê ook nie hoe geskep is nie, maar wel wie die skeppingswerk gedoen het .

Nou wat van tyd.Tyd is ‘n illusie.Dink so daaraan as alles in ons heelal tot stilstand kom,wat het van tyd geword.Dan bly slegs ruimte en afstand tussen planete ens oor.Die antieke mense was slimmers as ons.’n Dag is die tydperk van lig en die nag die tydperk van donker.Hulle het nie soos ons ‘n stukkie van die donker toegedeel aan twee tydperke van lig nie.

Dit verskil van planeet tot planeet ,hoe vinniger die omwentling hoe korter is die lig en donker tydperke.
Dit was eers donker ,’n ontsaglike leê ruimte -‘n oneindigheid, waarin die Oneindige,iets kom skep het, op ‘n wyse wat tot talle teorieë,gelei het waarvan die ‘Big bang’ die gewildste is.

Dit is duidelik dat God ‘n groot verskeidenheid lewensvorme die lig laat sien het.daar is sterk vermoede omdat alles in meervoude geskep is dit ook van toepassing is op die mens.God is dus verantwoordelik vir die skepping van die mensdom,want nikshet volgens die Bybel tot stand gekom wat nie deur Hom geskep is nie.

John ·

Die swaeltjies wat onder ons stoepdak woon het gisteroggend vroeg noord vertrek en later in die dag verander die weer drasties na koud en dit begin reen; die aankoms van die winter. Sulke klein koppies en soveel verstand. En ons breek ons groot koppe oor ‘oermense’ terwyl sekere Joodse wetenskaplikes bevindinge tov oermense as die voorsate van die huidige homo sapiens betwis. Miskien se die navorsing eerder waar die navorsers hoop hul voorvaders gewoon het met die oog pres Zuma se ondersoeke na die ware aanspraakmakers op grondgebied ter plaatse. Boere moet die grotte op hul plase begin bewaak.. dit kan moeilikheid afgee en vlae kan dalk deur vreemde moonthede gehys word…

Louw ·

John, watter joodse wetenskaplikes? Ons het harde DNA bewyse dat die mens afstam van ‘n “common ancestor” – hoe redeneer hulle dit weg?

latie ·

dis geld maak storie dai ek glo nie dit nie daai mense glo nie die HERE nie hul ken nie die BYBEL nie

Gert ·

Almal tik sulke lang boodskappe
Al wat ek se is……wait for it……
Snert!!!!!

pietie ·

Ewolusie teorie moet skynbaar pa staan as uiteindelike bewys van die “bevindings” en nou moet ons die metodes van ouderdom raaiskote vertrou en sommer ook dat dit die voorsate van homo sapiens is. Van watter belang is die paleontologie buitedien vir vandag se mense?

Gelowige ·

“Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: vir die Here is een dag soos ‘n duisend jaar en duisend jaar soos een dag.”

Hoe kan julle se evolusie is verkeerd, dit staan dan duidelik in die bybel?

Aneja ·

Eerstens God was en Is, Hy is die Alfa en Omega en was nog altyd daar. Geen probleem nie vir God is tyd niks eendag soos ‘n miljoenjaar. Dit gaan oor God se skepping van die aarde en die mens. Tyd wat God vir ons ingestel het NIE vir Homself nie. En wat ons wat Hy oor alles aangestel het daarvan maak.

Frans C ·

Abiogenese die teorie oor die spontane ontstaan van lewe is nie ewolusie nie.Ewolusie in biologie is ‘n teorie oor hoe nuwe eienskappe in bevolkings ontwikkel het.Daarom het Darwin bevind dat bv sekere afgesonderde vinkbevolkings hul so aangepas het by veranderde omgewing om te kan oorleef.Die wat dit nie kon doen nie het uitgesterf.
Dieselfde by die mens.Neanderdalmens en ander kon nie aanpas nie en het uitgesterf.

Hierdie oordrag van unieke eienskappe het ook tot ‘n groot verskeidendheid bevolkingsgroepe gelei,omdat groepe in afsondering, dus geografies geskei,de unieke eienskappe van geslag tot geslag oorgedra het.

So is dan ook bevind dat kleiner monde en langer nekke tot die ontwikkelling van spraak by mense gelei het.Die spraakkanaal bestaan tog uit die mond,die tong ,die keel en stembande.
Deur dus fossiele van oermense te bestudeer veral van die skedels kan dus ‘n kykie gee oor hoe spraak en dus taal ontwikkel het.

Wat my die meeste van oortuigde mede Christene frustreer,is hoe hul dit regkry om die Skepper van hemel en aarde,die Oneindige en ondeurgrondelike vas te bind aan ‘n 6000 jaar oue aarde en mens en dit sodoende ‘n tydgebonde Wese te maak.

Dit terwyl daar duidelike bewyse tot die teendeel van dit is.Dit is mi een van die grootste redes hoekom mense ongelowig word en die kerk verlaat om dat so’n vertolking en verduideliking nie langer haalbaar is nie.

Aneja ·

Regtig Frans dit is nou ‘n nuwe een. God Was en Is Hy is die begin die alfa en omega, daar is geen verwarring daaroor nie. Hierdie gaan oor God se skepping van die aarde en al die verdraaings daarom heen. Jammer mense bly uit die kerk uit omdat kerke die gap teorie aanvaar het en so God tot leuenaar maak. Gelukkig is daar ander teoloë en die res wat nie daarmee saamstem nie. Baie ander bewyse en navorsing wat dag vir dag die teendeel bewys. ‘n jong aarde sowel as die korrektheid van die Bybel.

Aneja ·

Eerstens God was en Is, Hy is die Alfa en Omega en was nog altyd daar. Geen probleem nie vir God is tyd niks eendag soos ‘n miljoenjaar. Dit gaan oor God se skepping van die aarde en die mens. Tyd wat God vir ons ingestel het NIE vir Homself nie. En wat ons wat Hy oor alles aangestel het daarvan maak.

Pendoring ·

Los maar Louw & FransC

Never argue with stupid people,
They will drag you down to their level
and beat you with experience.
– Mark Twain

Frans C ·

In die skeppingsverhale word melding gemaak van ‘mak diere’.Wel mak diere is diere deur mense mak gemaak.Wolwe bv het dieselfde prooi as die oermens gejag en so het ‘n nuwe band tussen die twee ontstaan.
Navorsing het bewys dat so’n 13000 jaar gelede die diere ,gryswolwe, deur mense mak gemaak is en so tot alle honderasse gelei het.Kyk ook gerus na die herkonstruksie van die Neanderdalmense ,hulle lyk verbasend soos moderne mense.Dit moet so wees want ons deel 99.7 % van die DNS.

Hierdie mense het ongeveer 40000 jaar gelede uitgesterf.Dus lank voor die skeppingsverhale deur Joodse banneling in 538 vC geskryf is. Dus die het die skrywers van die tyd mak diere geken en was ook bekend met die beroemde Babiloniese tuine waar die Konings van die tyd lafenis teen die versengende hitte gesoek het.

Dit is dus verstaanbaar wanneer hulle in gesprek met die Babiloniers van die tyd juis dit so gebruik in die verhaal waar God die mense in die tuin van Eden besoek.As ‘n mens die verhaal lees soos deur Joodse geskiedskrywers,sal jy agterkom dat die tuin eintlik ‘n baie groot geografiese gebied was,wat tot Indië ingesluit het.

As die koning se werkers droogmaak word hul ontslaan en keer terug na die gehuggies van oorsprong.So ‘fire’ God ook vir Adam en Eva.

Aneja ·

Ai Frans tjjjjjj tjjjjji jy moet ook maar dieper ingaan op die Bybel en sy ontstaan waarvan jy siende jou denke maar ‘n skamele kennis het. Ek is so dankbaar ek is geskape en nie geskep of ge evolved nie. So dankbaar God het alle mense sy geskape wesens lief ongeag kleur. Ook vir jou. So dankbaar Hy het nie nodig gehad om evolusie ( oor waar sommige nou al trek) biljoene jare nodig gehad daarvoor nie. Dankbaar vir die pragtige uitspansel met alles daarin om aan my Sy Grootheid te bevestig.

Louw ·

Aneja

Jy sal moet gaan oplees oor die biologie en hoe radiometriese datering werk en HOEKOM mense sê die Aarde is so oud . Jy weet daar is sterk DNA bewyse vir evolusie? Dan kom die fossielrekord nog daar by?

Dan sit ons met die probleem dat jou bron, die bybel, nie ‘n akkuraate bron is nie. As jy die teendeel aanvoer, vertel bietjie hoekom die bybel akkuraat is, veral die nuwe testament, want Willem het keer op keer hierso genoem daar is geen oorspronklike manuskripte beskikbaar vir nuwe testament nie. Ek het gaan naslaan en dit is inderdaad so. Hoekom rapporteer julle die heeltyd daardie stukkie kommentaar?

Willem ·

Louw

Ek het die plasing baie kere gemaak, dit het elke keer verdwyn. Ek weet nie hoekom nie – ek vermoed mense rapporteer dit….

t ·

As die die Bybel in alle opsigte, onvoorwaardelik waar is en blindelings geglo en gevolg moet word; Verduidelik vir my hoe het Judas Iskariot gesterf?

Wat is waar? ·

Adam, Eva en n paar seuns. Waar jom die kleinkinders vandaan?

SARIE VAN HEERDEN ·

Wat ‘n interessante debat!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Willem ·

Die hele debat wys net weer hoe belangrik is goeie sekondere onderrig vir ons kinders, vry van mites en breinspoelery. Meeste skrywers hierso glo in ‘n jong aarde, wat skokkend is in 2017

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.