Hoë van Pta-metropolisie op fiets doodgery

Dir. Kris Jooste. Foto: Via Facebook

Kris Jooste, ʼn direkteur van die Tshwane-metropolisie, is Dinsdagoggend doodgery toe hy saam met sy seun in Pretoria se Moot-gebied gaan fietsry het.

Die voorval het omstreeks 06:20 naby die Wrenstraat-kruising tussen Gordonweg en Tom Jenkinsrylaan in Rietfontein plaasgevind.

Volgens sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, was Jooste, wat verantwoordelik was vir die metropolisie se ondersteuning- en administrasiedienste, van diens af toe hy saam met sy seun gaan fietsry het.

“Die twee het op afsonderlike fietse in Soutpansbergweg gery toe die ongeluk plaasgevind het. Hy het probeer om die pad oor te steek toe ʼn Opel Corsa van ʼn ander baan teen hom vasgery het,” het Mahamba gesê.

Jooste is op die toneel dood verklaar. Sy seun is nie beseer nie. Die voertuig het vier insittendes gehad. Hulle is in ʼn stabiele toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Samkelo Mgobozi, woordvoerder van Pretoria se burgemeester, Solly Msimanga, het aan Maroela Media bevestig Jooste se naasbestaandes is van sy dood in kennis gestel.

“Die uitvoerende burgemeester is ook van die tragiese gebeure ingelig en betuig sy innige meegevoel aan Jooste se familie, vriende en kollegas,” het Mgobozi gesê.

Die metropolisie beplan ʼn gedenkdiens vir Jooste en reëlings omtrent die diens sal binnekort bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Deon Janse van Rensburg. ·

Kris ons gaan jou so mis . RIP my vriend. Madelein en Kinders , woorde is daar nie !
Deon.

Louis Zerwick ·

Kris, jy was ‘n besonderse vriend, Madeleine en familie, ons innige simpatie, julle is in ons gebede.

Louis en Dinelle

Gerda Roux ·

Bokkie en kinders, my innigste meegevoel. So jammer om te hoor.

l ·

Sterkte aan die familie, ja nee ek dink dit was moedswillig……hoe op die aarde kan die persoon wat bestuur nie sien nie, dit gaan my verstand te bowe……..Rus sag Kris…..

Tanya ·

En dan weer, hoe steek mens so besige pad oor? Sterkte Kris, mag die Here jou familie vertroos en vashou.

Kloekie ·

Dalk was hul oppad terug van n laat nag kuier. Soooo bitter hartseer. Mens kan glad nie meer op ons paaie, veral in die groot stede, fietsry Nie. Gan ry in n reservaat of in die gym.

Namibië ·

Iewers mis ek iets: die insittendes is in ‘n stabiele toestand na ‘n hospitaal geneem. Motorvoertuig vs fiets. Wat kan ‘n voertuig en insittendes so beskadig wat ‘n fietsryer omry? Die arme fietsryer het nie ‘n kans gestaan teen die voertuig nie.

Pieter Ebersohn ·

Madeleine en kinders,,my innige simpatie en my gebede is met Julie,Sterkte Piet

Corne ·

Dit is tragies. Ek ry gereeld ook met my fiets oor die kruising. Mag geregtigheid geskied. My innige simpatie aan die Jooste gesin. Nêrens is ons meer veilig nie. Fietsryers het waarlik ‘n teiken vir onverskillige motoriste en kriminele elemente langs ons wee geword. Ek gee toe daar is ook roekelose fietsryers, maar dit is hoogs onwaarskynlik dat ‘n fietsryer sy lewe en liggaam teen ‘n voertuig gaan waag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.