Hoedspruit-mikrovliegtuigongeluk: Name van oorledenes bekend

Die mikrovliegtuig wat neergestort het. Foto: Verskaf

Die mikrovliegtuig wat neergestort het. Foto: Verskaf

Die twee mense wat Donderdagoggend dood is toe ʼn mikrovliegtuig op ʼn plaas buite Hoedspruit in Limpopo neergestort het, is glo ʼn boetie en sussie wat in die omgewing op ʼn landgoed woon.

Die polisie het die twee oorledenes Donderdagmiddag as Mitch en Tammy Sargant uitgeken. Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die slagoffers se ouderdomme is nie onmiddellik beskikbaar nie.

“Inwoners van die plaas Jejani het die mikrovliegtuig sien val,” het sy gesê. Dit is in hierdie stadium nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die Burgerlike Lugvaartowerheid is van die voorval ingelig.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Mitch Sargant Foto: Facebook

Mitch Sargant Foto: Facebook

Tammy Sargant

Tammy Sargant

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

annatjie ·

Sterkte aan hulle ouers, familie en vriende met hulle verlies.

rienie ·

My hart gaan regtig uit na die ouers met so groot verlies, dus erg om een kind te verloor kan my nie indink hoe dit moet voel om twee te verloor nie. Baie baie sterkte !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.