Hoedspruit-plaasmoord: ‘Almal se harte is baie seer’

Christo en Louise. Foto: Facebook.

Christo Redelinghuys (60), die mango-, lemoen- en pomeloboer van Hoedspruit in Limpopo wat Sondagaand ten aanskoue van een van sy dogters doodgeskiet is, is met ’n haelgeweer in die skouer geskiet.

Ruan Swanepoel, Redelinghuys se skoonseun, het aan Maroela Media vertel wat Sondagaand gebeur het.

“Hy en sy een dogter het die hek gaan sluit en ook seker gemaak die kantoor se hek is gesluit. Toe hulle weer naby die huis kom, het hulle die verdagtes om die hoek sien staan. Hy het vir hulle gevra wat hulle wil hê en toe het hulle hom geskiet,” het Swanepoel vertel.

Volgens hom het Redelinghuys saam met die dogter in die huis ingestrompel en het sy die deur gesluit. Die verdagtes het gevlug nadat die skoot afgevuur is.

“Die skade was net te groot, hy is in die huis dood.” Redelinghuys se vrou en een van hul ander dogters was in die huis ten tyde van die voorval.

Swanepoel vertel dat hy en sy vrou, Louise [Redelinghuys se ander dogter], net ná 21:00 die oproep met die nuus ontvang het.

“Dit klink altyd vir my so na ʼn cliché as mense oor ander praat ná hul dood, maar ek kan met eerlikheid in my hart sê hy het altyd die goeie in mense raakgesien. Hy was ʼn verstommende mens. Dit was ’n groot voorreg om hom te leer ken. Almal se harte is baie seer, ons vat dit een dag op ʼn slag met God aan ons kant.”

Louise en Ruan is op 28 Oktober getroud. Redelinghuys word oorleef deur sy vrou, Retha, sy dogters Retha, Hester, Louise en Christina asook twee kleinkinders. Hy sal Saterdag vanuit die NG kerk in Hoedspruit begrawe word.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig drie mense is vir ondervraging ingeneem in verband met die voorval. “Hulle kon egter nie positief met die voorval verbind word nie en is vrygelaat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ruan ·

Alle sterkte aan die Redelinghuyse! Wanneer gaan hierdie waansinnigheid op ons plase end kry?!?!?!

Sê maar net ·

Die moorde kom nie net op plase voor nie. Mense en kinders word daagliks op ons land se paaie ook vermoor deur trok drywers en gekoopte voertuig lisensies eienaars. Moord strek verder as net plase, daar is paaie, skole, kerke, winkel komplekse…. Tel al die moorde wat daagliks plaasvind, gesamentlik bymekaar dat het ons ‘n idee hoeveel mense daagliks uitgewis word, ongeag van kleur.

Leahim ·

@ se maar net baie goeie punt wat jy het ek het nog nie so daaraan gedink.

Michelle ·

Dit is so wreed dat die plaasboer van sy familie gevat is en dit ‘n maand voor Kerstyd waar familie saam kom en God dien. My hat gaan uit na die Redelinghuys familie asook al die ander onskuldige boere wat op wreede wyse sterf of aangeval word.

BOLANDER ·

Iemand het nou die dag gesê, GOD slaap. Iemand anders het toe geantwoord, iemand moet HOM dan wakker maak!!! Ek beskou myself as ‘n gelowige mens en probeer altyd die goeie uit leef. Maar ek kan myself net nie meer help om te vra, HOEKOM GEBEUR AL HIERDIE AAKLIGE GOED DAN!!!! Onskuldige mense wat sterf!!!!!! Wat het hierdie mense/Boere gedoen om dit te verdien!!!! HOEKOM LAAT HY DIT TOE!!!! HY IS DAN STERKER AS DIE DUIWEL SELF????????? Kan iemand dit vir my verduidelik asb?????

Leahim ·

Kyk net hoe pateties is die klomp vang n paar en laat hulle weer vry net om te lyk of hulle iets doen die mense gaan moeg raak vir die nuttelose polisie net soos die zimbabwiërs moeg geraak het vir Mugabe

Dirk ·

So hy is geskiet en hulle het gevlug. Met ander woorde dit was niks meer as ‘n sluipmoord gewees op ‘n boer nie. Hoeveel meer moet sterf voordat Suid-Afrika hieraan aandag gee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.