Hoedspruit-plaasmoord: Beloning uitgeloof

Christo en Louise. Foto: Facebook.

ʼn Beloning is uitgeloof ná Christo Redelinghuys (60) Sondagaand ten aanskoue van sy dogter doodgeskiet is.

Maroela Media het vroeër berig Ruan Swanepoel, Redelinghuys se skoonseun, het aan Maroela Media vertel wat Sondagaand gebeur het.

“Hy en sy een dogter het die hek gaan sluit en ook seker gemaak die kantoor se hek is gesluit. Toe hulle weer naby die huis kom, het hulle die verdagtes om die hoek sien staan. Hy het vir hulle gevra wat hulle wil hê en toe het hulle hom geskiet,” het Swanepoel vertel.

Volgens hom het Redelinghuys saam met die dogter in die huis ingestrompel en die deur gesluit. Die verdagtes het gevlug nadat die skoot afgevuur is.

“Die skade was net te groot, hy is in die huis dood.” Redelinghuys se vrou en een van hul ander dogters was in die huis ten tyde van die voorval.

Die Hoedspruit-plaaswag bied nou in samewerking met die gemeenskap ʼn beloning van R50 000 aan vir enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei.

Redelinghuys word oorleef deur sy vrou, Retha, sy dogters, Retha, Hester, Louise en Christina, asook twee kleinkinders. Hy sal Saterdag vanuit die NG kerk in Hoedspruit begrawe word.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig drie mense is vir ondervraging ingeneem in verband met die voorval. “Hulle kon egter nie positief met die voorval verbind word nie en is vrygelaat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leahim ·

Die polisie het in Mooi nooi n beloning aangebied van R 100.000 vir n vrugte dief wat kastig dood is en waarvoor n onskuldige boer aangekla is en borgtog geweier is geld wat aan die belasting betaal word maar die plaaswag in hoedspruit moet self n beloning gee hoe lank gaan ons nog hierdie kastige wetstoepassers duld?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.