Hoekom die Wes-Kaap nie kan afstig nie

Argieffoto van Kaapstad se hawe Foto: luxury-safari.net

Daar was vandeesweek ietwat van ʼn knuppel in die politieke hoenderhok toe die selfverklaarde “koning” Cornelius III ʼn vlag gehys het by die parlement en vir pres. Cyril Ramaphosa “kennis gegee het” tot Maandag om Tuynhuys in die parlementêre kompleks te ontruim.

Cornelius III wil die Wes-Kaap onafhanklik verklaar, so word verbaasde Kapenaars wat nog nooit van die man gehoor het nie, vertel – en dan word hy sommer koning van die Kaap ook.

Maar vermaaklik soos hierdie soort kaperjolle mag wees, is dit eintlik blote praatjies vir die vaak, want grondwetlik gesproke is dit niks anders as ʼn klomp twak nie, hoe opgewonde dit ook al ander wat ontevrede is met die huidige grondwetlike orde (en dalk self heimlik etnies wil afstig) mag maak.

Ten eerste is dit nie wetlik moontlik vir ʼn provinsie of enige ander deel van Suid-Afrika om af te stig van die res van die land af sonder die instemming van die nasionale parlement nie. Die kanse daarvoor is ʼn ronde nul omdat die enigste party wat etniese selfbeskikking voorstaan, die VF Plus, net vier van die 400 setels in die Nasionale Vergadering het, en geen setels in die Nasionale Raad van Provinsies nie.

Ten tweede het die enigste politieke party wat Wes-Kaapse afstigting van die res van die land bepleit, die Kaapse Party, nie in 2014 aan die provinsiale verkiesing deelgeneem nie. Hulle het wel aan die munisipale verkiesing van 2016 deelgeneem, en toe slegs 0,1% van die stemme in die Wes-Kaap getrek. Daar is dus nie aantoonbare steun vir Wes-Kaapse afstigting van die res van die land nie.

Soos dinge staan, sou baie Wes-Kapenaars boonop redeneer dat die Wes-Kaap in elk geval verskillend as die res van die land regeer word. Die DA beheer die provinsiale regering en ongeveer 26 (die presiese beheer in Knysna is nie duidelik nie) uit die provinsie se 30 munisipaliteite.

Ten derde is daar groot meningsverskil oor wie aanspraak kan maak op leierskap van die Khoi-San, indien dit hoegenaamd bepaalbaar sou kon wees, veral in die Wes-Kaap. Die eerste, en totaal voorspelbare, reaksie van ander Khoi-San-leiers landwyd was dat hulle Cornelius III nie erken nie. Die interne intrige en struwelinge onder aanspraakmakers op tradisionele leierskap van die Khoi-San is van so ʼn verwikkelde en troebel aard dat dit waarskynlik nie die moeite loon om dit hier te probeer ontrafel nie.

Een feit staan soos ʼn paal bo water – daar is nie veel aanspraakmakers op die tradisionele leierskap van die Khoi-San wat bereid is om dit sonder betaling te doen nie.

Daarom is daar sommige mense wat – ten regte of ten onregte – die aanspraakmakers op hierdie soort tradisionele leierskap eien as aanspraakmakers om den brode. Hulle is in ʼn mate agter die geld aan wat hulle van die belastingbetaler kan kry.

Hierdie soort kritiek word gewoonlik ten sterkste verwerp deur die aanspraakmakers op tradisionele leierskap onder die Khoi-San. Hulle maak aanspraak op die aanmoediging van bruin volkstrots en meen die potensiaal ten opsigte van vergoeding is bloot regverdig, want kyk dan hoeveel ander etniese groepe word as sulks deur die staat met belastingbetalersgeld vergoed.

Ten laaste is dit opmerklik dat die regering nie met dieselfde spoedeisende erns op Cornelius III se aansprake en oproep om afstigting gereageer het as op koning Goodwill Zwelithini van die Zoeloes se onlangse soortgelyke dreigemente en aansprake tydens ʼn Zoeloe-imbizo in Ulundi nie.

Die rede daarvoor is voor die hand liggend. Koning Goodwill het bewese steun, Cornelius III nie. Uiteindelik kan enige jafel met ʼn bietjie chutzpah en ʼn veelkleurige lap dit as vlag hys en ʼn provinsie opeis.

Niemand hoef hom egter ernstig op te neem nie. Dalk sal iemand uit die regering ewe ernstig met Cornelius III beraadslaag soos die president vroeër vanjaar met die Oos-Kaapse Khoi-San wat daar in Pretoria gaan uitkamp het, byeengekom het.

Hulle is vreeslik tevrede terug Oos-Kaap toe en net mooi niks het daarvan gekom nie.

Moet dus nie asem ophou dat die Wes-Kaap of die Khoi-San eersdaags van die res van die land gaan afstig, of dat Ramaphosa Maandag uit Tuynhuys gesit gaan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Ag Nee! ·

Ag Nee!!!!. Net toe ons dink daar is lig in die tonnel! Onafhanklike Kaapland! Wat ʼn gedagte. Maar dit is maar net ʼn droom. Jammer vir jou “koning Cornelius lll”. Waar kom jy vandaan en wat het van #1en #2 geword? Ja, ek sien die sg “tradisionele leiers” kry miljoene Rand van ons belastingbetalers se geld. Wonder hoeveel belasting betaal hulle daarop? Ek sou ook kon doen met ʼn miljoen of tien (of 50) en dis seker wat jy in jou agterkop gehad het. So jammer jou plan het nie gewerk nie. Ek kon maklik as raadgewer of segsman ook ʼn ou joppie daar by losgeslaan het en saam op die gravy trein geklim het. Lekker droom verder.?

Cherokee ·

Ag tog AG Nee, ek dog julle gaan afstig soos ons! Nou gaan ons in Natal ‘n eie land word en ons het gedink julle gaan ‘n verteenwoordiger soos ‘n ambassadeur of so iets by ons plaas en huur betaal vir sy kantoor maar julle anc’ee sê julle bly waar julle is.

Klippie ·

Ek probeer bitter hard om te verstaan waaroor “bruin volkstrots” gaan, want nêrens in die Wes-Kaap het Afrikaans enige status of waarde meer nie. Die veranderende demografie het verengelsing feitlik oral afgedwing. Hoe verskil hulle kultureel dus van die res?

Lerato ·

Dis nou tyd dat ons Afrikaners nou ook n koning kry. Wat van “Dr” Carl Niehaus?

Hy kan dan net so mooi as al die tradisionele konings dans

Drieks ·

Lerato, nee vir “Dr Carl” neeee!!!!
Hy leef saam in zuma droom.

Cherokee ·

‘n Zuma-Droom? Jy het Lerato nog nie gehoor uitvaar teen AfriForum nie!

Paul ·

Maar Jan so ry ons/jy daai perd. Jy het ‘n gaping gesien en nou praat jy wat almal weet.

Boerseun ·

He has got a gift for stating the obvious and claiming such as own thoughts.

Thinus Oosthuizen ·

Ja, dit is lagwekend om die tirades van die sogenaamde traditionele leiers te lees, maar vêrgesog, nee ongelukkig nie. As skrywer van hierdie Grondwet as deel van die Totale Strategie wat kulmineer in die Reënboog strategie, (46664, 46164 en dan die 464 of Reënboog Strategie ) wat reeds ingevoer is gedurende die Dakar onderhandellinge vir die Administratiewe Hersiening van die Grondwet deur n Onafhanklike Grondwetlike Tribunaal, wat ek dan ook gestig het nadat ek Art 7 van Wet 3 van 2000 uitgeput het met my Grondwethof aansoek CC 144/2013 , waarvoor ek Presidensiele Vrywaring itv Art 10 A van Wet 3 van 2000 saamgelees met Art. 84 (2) j van die Grondwet. En nadat +/- 215 Filosofieë herskryf is, +/-1400 Wette en +/- 45200 hofsake herisen is, sou die eerste Tribunaal sittings gedurende AprI 2014 in Lydenburg begin. Nou soos Jacques Paauw in sy boek beskryf, het die “manne” my vir 8 maande toegesluit waarvan n tydperk in Weskoppies en al my dokumentasie vernietig! Ek het egter bogenoemde dokumentasie WEER geskep in as die Here wil, behoort dit binnekort in n persverklaring te verskyn en in die Staatskoerant publiseer te word! Hierdie Administratiewe Hersieningso kan deur niemand hersien of verander word nie, want Wet 3 van 2000 was die eerste wat ek gewysig het en Art 1 (aa tot hh) herroep! So wat sê ek, daar is nog steeds hoop. Geseënde dag vir al u lesers.

Al ·

Baie ingewikkelde kommentaar – dankie vd hoop. Sterkte met die donkerte in jou lewe. Mooi aand

pieter ·

ek vertel hulle al lankal en usaf het duisende rande ingesamel onder die voorwendsel dit is immigrasie gelde wat betaal moet word paar manne sien ek die tronk deure wag voor almal wat vir my gelag het gaan nou lekker huil jammer oor die usaf scam

gatiep ·

Nee wat dan gaan ek maak land uit.
As ek vir ons leiers moet wag dat iets moet gebeur kan ek maar los.
Gaan nie my kleinkind volgende jaar in skool hier sit waar hy geleer word om homself te haat nie.
Siek en sat vir SA se mense.

Chris Ws ·

Gatiep.hoekom word jy nie ‘n “leier” en doen iets daadwerkliks nie?Die’ land het mense soos JY baie nodig hoor!

Pal ·

Asseblief ja, raak n aktivis en leier. Ek hetnog altyd hoop al is dit soms uitdaging.
In 2014 het Christis openbaar Hy sal ingryp, maar op Sy tyd met Zuma. Die dae het maande geraak en jare terwyl zums al hoe meer untouchable geraak het. My geloof het n diep laagtepunt bereik -wat is God se plan nou eintlik en die uitkomste swak.
Die Here het sy belofte na gekom na 4jr en Zumz is n bygoner.

Ja Nee ·

Ja nee, as die Wes-Kaap nie mag afstig nie verlaat ek die land. Sien geen toekoms vir blanke mense in Afrika nie.

Boerseun ·

Hahaha, Kaap vir wittes? Nee wat hou julle kaap, te veel papbroeke wat daar bly.

Hendrik Pelzer ·

Nie so vinnig nie, hy wat laaste lag, lag die lekkerste.

Gerhard ·

Die enigste rede waarom die Kaap nie kan afstig nie, is omdat daar geen ondersteuning in die Kaap daarvoor is nie.

Realis ·

Na baie innerlike wroeging het ek die saak as volg vir myself uitgemaak: (a) hierdie is Afrika. In Afrka geld daar ander reëls en is n demokrasie net geldig waar/wanneer dit die individu pas; (b) ek sal moet nuut begin dink oor my en my gesin se toekoms en daarom gaan sit en planne beraam hoe ek geld kan maak uit diegene wat nou “in beheer is” (c) Ek weet dat diegene in beheer beslis my kundigheid en vaardighede gaan nodig kry. Dus moet ek my toekomsvisie onwillekeurig aangepas (n tipe survival of the fittest mentaliteit) sodat ek sal kan oorleef in n land wat totaal en al anders is as toe ek n paar dekades gelede gebore is.

Nouja ·

Ek hou van ‘n man met ‘n plan. Dink en doen vir jouself. Moenie vir ‘n leier of ‘n party of ‘n organisasie wag om jou uit hierdie gemors te lei nie. Doen dit self. Jy is die leier van jou eie heimat. Jou onmiddelike gesin en familie is jou verantwoordelikheid en volgelinge. Dis nou elke man vir homself en die duiwel vir elkeen. Sterkte.

jaco ·

Vra die ANC om die volgende te doen:
-onteien alle wit grond in 8 v. d. 9 provinsies. Skuif al daardie wit mense Wes-Kaap toe. Totdat hulle geskuif kan word (dit kan nie oornag gebeur nie), kan hulle net sekere werk doen. Daars ook plafonne vir vlakke van bevordering. Wit mense wat ook burgerskap van ander wit lande het moet ook finaal besluit waar hulle wil wees. Ons het regtig nie mense met sulke lekker “agterdeure” nodig nie. Maak die Wes-Kaap ‘n tuisland vir wit mense. Gee selfregering daar, soos wat die ou SA se wit regering met swart tuislande gemaak het. Buitelandse beleggings word wel daar toegelaat.
Kortom,bring apartheid terug en pas dit op die wit minderheid toe. Dit sal net die eerste 5 jaar swaar gaan. Daarna sal die Wes-Kaap baie suksesvol wees.
China (groot pel van die ANC) doen dit met Hong Kong en Macao en albei floreer.
Ek suig nie dié idees uit my duim nie. Dit kán werk. Ons wit mense moet met leer om “buite die box” te dink en die “comfort zone” te verlaat. ‘n florerende Wes-Kaap as wit tuisland sal in elk geval vinnig die nuwe “comfort zone” word.

Eish ·

Steeds n baie interressante gebeurtenis en die afleidings wat daaruit gemaak kan word.
Die reaksie van die regering hierop en die teenoor die Zulu koning, spreek boekdele. Die Zulu koning bring iets tafel toe, mag en diè Kaapse koning, niks behalwe bietjie lawaai.
Weereens n bewys dat indien jy met die meerderheidsregering onderhandel, dit gaan oor rou mag en nie die morele en etiese nie.
Dit, op sy beurt beklemtoon die belangrikheid van alle organisasies wat die Kaukasiese minderheidsgroep se belange bevorder, om uit een mond te praat en doen. VFplus, Afriforum, Solidariteit, IRV, landbouorganisasies, ensovoorts. (Uitgesluit die ATKV wat deesdae brûe bou na vreemde bestemmings)
Daarmee saam, ongekende buitelandse aktivisme wat op sanksies uitloop. Dan bring ons iets tafel toe.
Afrikaanssprekende Kaukasiërs wat nog nie op die skip is nie, word uitgehou deur huidige materiële welvaart wat die werklikheid agter die hoë mure, sekuriteit en bates verbloem en n euforie van onaantasbaarheid skep.
Mag ons Hemelse Vader met ons wees en ons lei tot nederige afhanklikheid van Hom alleen.

Hannes ·

Koning Cornelius. Ek sal veel meer respek vir jou as koning hê as wat ek vir die Britse koningshuis sou hê. Wel gedaan, waardeer jou moed en durf. Dink nie u hoef u te veel te steur aan die negatiwiteit van sommige van die Boerevolk nie. Elke nasie het maar ‘n klomp van die soort.

Andre K ·

Tog jammer Jan Jan doen nie sy huiswerk voor hy die berig skrywe nie. Daar word volledig verduidelik hoe en waar Koning Cornelius vandaan kom en hy het n baie belangrike punt beet. As die regering voortgaan met grondonteiening , vir wie dink julle gaan hul in die Wes Kaap plase gee. Vir die oningeligtes, gaan kyk bietjie hier http://sovereignstateofgoodhope.org/ en dan Jan Jan, die DA verloor baie stemme op die oomblik met hul politieke manewales omtrent De Lille, daar is heelwat meer mense wat ander partye gaan ondersteun in die volgende verkiesing, ek twyfel of hul (DA)weer dieselfde impak gaan he op die verkiesing as voorheen in die Wes Kaap. Ek mag verkeerd wees, maar ek twyfel sterk as ek so luister na gesoute vorige DA ondersteuners, veral in die Wes Kaap

Hul Plank ·

Die beste van alles is, die Boereligioen is saam hulle in die ding, hoe wil mens nou jou naam Plank! Daai Izak is n slang en pasop vir hom, die kanse is dat hy vir die NI werk is baie groot!

Nou waarheen nou!! ·

Agge nee tog!! en ons aan die Oos-Rand het reeds om die braaivleisvure met ‘n brandewyntjie of twee teen die koue die naweek beplan om Vetkoekpaleise daar oop te maak om vetkoeke en koeksusters te verkoop!! En ons katrolle vir ons varswatervisstokke is reeds ingepak! Hierdie is nou slegte nuus. Geen afgestigte Kaap vir ons wat so wit soos lelies is nie.

gatiep ·

Ek kan regtig nie verstaan hoekom ons mense nie saam met die ander minderheidsgroepe kan saamstaan en dit deurwerk nie.
Ons leiers wag vir opdragte van die global ouens om te hoor of hulle ons gaan toelaat om hier te bly.
Onder sulke mense se regering wil ek elkgeval nie bly nie.Dan dink ek nie meer ek wil Afrikaner wees nie.
Ek dink ons bestaan klaar nie meer nie.Meskien my maar laat herdoop as n Kleurling as ek nie land verlaat.
Ek praat selfde taal as hulle en kultuur amper die selfde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.