Hoekom het Ramaphosa nog nie opgetree teen De Lille?

Patricia de Lille. (Foto: Maroela Media)

Pres. Cyril Ramaphosa kan nie bekostig om te sit en wag voor hy teen Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, optree terwyl al meer bewerings teen haar gemaak word nie.

Só voer Samantha Graham-Maré, DA-woordvoerder oor openbare werke en infrastruktuur, aan te midde van nuwe aantygings oor De Lille se beweerde inmenging in haar departement se verkrygingsprosesse.

“Haar optrede bewys dat sy nie haar amp waardig is nie. Dit is tyd dat sy moet gaan.” Volgens Graham-Maré het die DA nou ʼn brief aan Ramaphosa gestuur waarin hulle antwoorde soek oor hoekom nog nie teen De Lille, leier van die Good-party, opgetree is nie.

Rapport en City Press het Sondag berig talle senior ANC-lede eis ook dat Ramaphosa teen De Lille optree en dat hulle meen sy kry voorkeurbehandeling.

Volgens berigte die afgelope week het De Lille boerderyhuurkontrakte goedgekeur sonder om met die nodige omsigtigheid te werk te gaan. “Sy word ook deur personeel van die departement daarvan beskuldig dat sy haar spesiale adviseur gebruik het om ’n konstruksiekontrakteur te betaal ondanks die feit dat hierdie maatskappy die departement voorheen miljoene rande te veel laat betaal het.”

Graham-Maré meen Ramaphosa kan hom nie langer blind hou vir De Lille se beweerde korrupsie nie. “Dit blyk dat sy daarvan hou om soos ʼn diktator in haar departement op te tree en dat sy dan probeer om bewerings te ontduik deur ondergeskiktes die skuld te gee.”

De Lille moes die afgelope ruk bontstaan om vrae te beantwoord oor die heining wat by die Beitbrug-grenspos opgerig is. Die projek, om ʼn 40 km lange grensdraad by die Beitbrug-grenspos te herstel en te vervang, het uiteindelik meer as R37 miljoen gekos. Dit is bevind die grensdraad is substandaard, met die besteding wat as geldmors bestempel is.

Verlede naweek het drie portefeuljekomitees van die parlement die Beitbrug-omgewing in Limpopo besoek en bevind die nuwe grensheining is nie volgens spesifikasies opgerig nie. Die vorige grensdraad, wat meer as dertig jaar gelede opgerig is, is in ’n beter toestand as die nuwe een.

Die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), die portefeuljekomitee oor binnelandse sake en die portefeuljekomitee oor openbare werke het die besoek meegemaak.

Die direkteur-generaal van openbare werke, adv. Sam Vukela, en 14 amptenare van die departement is reeds geskors hangende ’n ondersoek.

De Lille hou vol dat sy niks verkeerd gedoen het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Persheks Adri ·

Cyril tree teen niemand op nie en om net sekere mense te skors beteken niks. Hy hou aan sê hy’s ernstig oor korrupsie, maar niks nie!

Kopdoek en haar kinders kan sommer 1ste gaan sit in hulle oranje pakkies en dan die res van die kaders!

#Tsek ANC tsek, EFF, BLM en die hele lot!

Juffrou ·

Sy sit mos nou lekker gemaklik in ń ministerspos én ń ministerssalaris!
Sy was baie parmantig oor die wapenskandaal én nou?

Friedrich ·

Hoekom het Ramaphosa nie opgetree teen die EFF nie. Hulle het duidelik nie die die wet nagekom in terme van PPE terwyl hulle Clicks winkels beskadig het nie. Hy moet Malema toesluit, dan sal jy reaksie sien.

Hoekom ·

Niks gaan gebeur nie want ons word regeer deur ‘n kriminele organisasie. Die ANC cartel….

JohanR ·

Hoor in ‘n week of soe(nie langer as twee weke) is daar ‘n minister skommeling. Dink dan is de Lille geskiedenis. Cyril sal nie direk afle….want ja hy IS te lig in die broek….maar raak liewer van iemand ontslae deur ‘n kabinet skommeling. Totsiens Auntie Patti….sal jou nie miss….don’t call us we will call you!

Jaco ·

Ja nee ons begin meer en meer soos n piesang republiek telyk.

Vrijburger ·

Ek dink Trump se beskrywing is nader aan die waarheid.

MakersMark ·

Die hele anc se leierskap weet van die hele anc leierskap se geraamtes. Toe die vorige wiskundige in beheer was vanaf 2006 en die land leeg geplunder het was cr die visie president. Het hy niks geweet wat aangaan nie ? Of saam meëgedoen aan al die uitspattighede ? Vandag moet hy hom nou ordentlik hou maar hy kan nie optree teen die kaders wat weet van al sy doen en late voor hy hoogheilige verklaar is nie. Daarom is kopdoek en ace en auntie pat nog sterk aan die gang.

Anoniem ·

Is daar enige persoon wie gedink het hy sal optree? Want daai persoon is of naief of blind!

Hendrik ·

You can delegate authority, but you cannot delegate accountability. Sy BLY AANSPREEKLIK maak nie saak wat nie! Tyd vir optrede!

My Mening ·

Dis ‘n bose sirkel wat nooit te nimmer sal eindig nie, veral nie met ons huidige regering in beheer nie. Al die ou hoog geplaastetjies weet niks sal met hulle gebeur nie.
Al is ons land hoe bankrot hulle sal steeds hulle baie baie groot salarisse kry. In my opinie is geen politikus daar vir die mense nie, hulle is daar vir hulle eie gewin. Die paar politieke outjies wat wel ‘n verskil probeer maak is die uitsondering !!
Ou tannie Pat is al hoeveel keer voorheen beskuldig vir “favourtism”, ens, maar niks word gedoen nie. Hoekom sal dit nou verander?

Johann ·

Hello my Manee di presadent. Its Aunti Pat hiso. Ek conferm ma net da djy wiet wat ek wiet van wat djy wiet nê? Onsse skollies cova mos maka se bakcs…?

Riaan ·

Almal hou altyd vol hulle het niks verkeerd gedoen nie. Dit is fantasties wees om net eek keer ‘n berig te lees waar die ANC (Regering) erken dat daar foute gemaak is

Jakes ·

Asb, CR sal nie teen enige dame optree nie want dit sal op ongelykheid neerkom.

4ntj13 ·

Ek begin dink CR voel te skuldig om teen boewegedrag op te tree…

Johanncb ·

Sy staan bont om vrae te antwoord, maar kom tog steeds weg met glibberige antwoorde!
Volg hier nóg ‘n duur kommissie van ondersoek, of gaan Mnr CR sélf hierdie een aanpak?

Keelvol ·

Nou is al die de Lille ondersteuners in die liberale kaap tjoep stil.

Magda ·

want HY ou rampie is net eenvoudig 100% deel van alle korrupsie, want as hy die teen hulle optree nie, wat se dit – of deel of hulle weet van ander geraamptes in sy kas, en word daarmee afgepers. Hy is net so n korrupte en slegte presie as ou zumpie – geen verskil tussen die 2 nie. EWE KORRUPTE EN GROOTSTE KOMMUNUSTE IN DIE WERELD.

LANA is ELANè ·

Glibberig is nie die woord nie, tannie PAT werk haar deur die een na die ander party, hang net af van die voordele wat gepaardgaan met die nuwe oorgang – natuurlik vir haar en ‘n paar van haar tydgenote. Die president wou haar maar alte graag ontvang in sy party, aangesien sy aan al die voorvereistes voldoen om as lid van die ANC geag te kan word. Ons almal weet wat die belangrikste is, maak soos jy wil moet net nie uitgevang word nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.