Hoender-invoerders waarsku oor pluimvee-verhogings

V.l.n.r. Nontwenhle Mchunu, stigter en direkteur van die hoenderinvoermaatskappy Mkabayi Group; Unati Speirs, voorsitter van EBieSA en Clif Johnston, adjunkvoorsitter van Sancu (Foto: Siphelele Dludla/African News Agency/ANA)

Die nasionale verbruikersvakbond Sancu het Woensdag gewaarsku dat tariefheffings op ingevoerde pluimveeprodukte tot ʼn plaaslike verhoging van ongeveer 32% op hoenderprodukte kan lei.

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV), ʼn groep wat die belange van grootskaalse vervaardigers, insluitend RCL Foods, Astral Foods en Rainbow Chickens, behartig, het by die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (Itac) aansoek gedoen dat invoertariewe met tot 82% verhoog moet word.

Sancu en die Emerging Black Importers and Exporters South Africa (EBieSA) het Woensdag tydens ʼn perskonferensie gesê dit kan verbruikers onder verdere finansiële druk plaas en voedselsekuriteit vir behoeftige persone bedreig.

EBieSA se voorsitter, Unatie Speirs, het gesê SAPV meen dat invoere skadelik is vir die plaaslike bedryf, maar bygevoeg EBieSA glo die vervaardigersvereniging wil slegs hul lede se wins beskerm ten koste van verbruikers en opkomende swart invoerders.

Speirs het gesê bewerings deur die SAPV dat invoere plaaslike poste bedreig, is nie die waarheid nie, omdat duisende persone staatmaak op die invoer- en uitvoermark.

“SAPV skep die verkeerde indruk dat invoere, maak nie saak of dit van Brasilië, die VSA of EU vandaan kom nie, ʼn negatiewe impak het op grootskaalse vervaardigers. Dit is nie die waarheid nie. In 2018 het sommige plaaslike vervaardigers wins van meer as R1,4 miljard vir die jaar getoon,” het sy gesê. “Wat wel waar is, is die persepsie wat geskep word om verdere beskerming vir plaaslike vervaardigers te verseker in ʼn mark wat reeds gekonsentreer en ongetransformeer is.”

Speirs het gesê ʼn yslike invoertarief op pluimvee is “eenvoudig ʼn manier om van die kompetisie ontslae te raak, spesifiek klein, swartbeheerde ondernemings en invoerders”.

Clif Johnston, adjunkvoorsitter van Sancu, het gesê Suid-Afrikaanse vervaardigers kan slegs 70% van die hoender vervaardig om te voldoen aan die aanvraag van die land se verbruikers. Die oorblywende 30% word van ander lande ingevoer. Hy het bygevoeg invoere speel ʼn kritieke rol om hoenderpryse mededingend te hou – tot voordeel van verbruikers. “Hoender is die goedkoopste vorm van proteïen. Vir talle verbruikers is dit hul enigste bron van proteïen wat hulle slegs soms kan bekostig. Enige verhogings in die prys van hoenderprodukte sal tot erge teenspoed lei vir verbruikers,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ellisras ·

Ek het nie simpatie met die groot hoender produsente nie. As ek bees vleis koop is dit wat ek kry. Hoender produsente verkoop 20% (die wet laat 15% toe) water aan my. Verkoop suiwer hoender en julle sal simpatie begin terugwen.

Alida ·

Ons het oorgenoeg hoenders in SA en hoef nie in te voer nie. Bring net siektes in.

Pieter ·

Die VSA kan die RSA voorkeur en aansporings invoere status geheel en al sumier, finaal en vir ewig skrap.

SAPV weet die RSA is alreeds op die hoogste vlak deur die VSA in die bek geruk, sumier verbied en gedwonge verbind om wie en watookal te verplig om niks watookal te doen of opstook toelaat om die algehele verbod (teen hoeder invoere kosprys en verkoop prys gelykmaking met die van SA Produsente) hoeookal probeer omseil.

SAPV moet dadelik beveel en verplig word om sy Itac aansoek (vir tarief verhoging op hoender invoere) dadelik te ontrek / terugtrek.

SAPV hoort bewese bestraf te word met onmiddelike de-registrasie en bewese onmiddelik finale ontbinding, om die VSA te paai.

JK ·

Ek stem saam met Alida. En ook, die hoenders op die rakke,en wat ingevoer word, is soveel steriod kos gevoer wat mense nie van weet nie. Groei jou eie hoenders as jy op n plaas woon en dit vreet net mielies en heel graan. Dit is dan gesond vir jou en jy kry n vars organic Chook. As ek lus is vir hoender, slag ek een van my eie hoenders. Dis my opinie.

Callie van der Merwe ·

Alida, jy het geen idee waarvan jy praat nie! Miljoene mense in die land kan nie die oorgenoeg duur hoenders van SA bekostig nie. Kompetisie is gesond!

Jakes ·

Callie, stem saam met jou. Dit is die begin van ons hongersnood. Hou net dop, ons gaan baie geld hê maar niks om te koop nie.

Alida X ·

Dit hou meskien kompetiese gesond maar ontneem mense van werksgeleenthede.
Dienk aan die hele bedryf, vanaf die eier tot die slagpale. Meer mielies sal weer vir voer benodig word. Dit is ‘n kettingreaksie.
As ek so deur die artikel lees skerm hulle net om die swart invoerders te beskerm. More slaap hulle weer apartheid en rassisme hier êrens in.

AttieNo ·

Nonsens, oorweeg net logies, as ysland hul piesang produsente met belasting verdedig teen Zimbabwe en Zim op hul beurt hul Visbedryf beskerm deur hul toerisme bedryf te belas.

Invoer en uitvoer belastings beskerm geen werksgeleenthede nie nog minder n industrie. Dit jaag die pryse van goedere en dienste op, en die enigste wenners is die regering met hul maaitjies.

Manie ·

Die groot hoender produsente kan nie kers vashou met oorsee se hoenders en die verbruiker moet meer betaal vir n patetiese boerdery. Dit is soos Afrika maak. As jy nie kan kompeteer gaan vra jy dat kompetisie uitgeskakel word met die duurder invoer tarief. En almal moet meer betaal sodat die geldgierige hoender monopolie hulle sakke kan vul. Begin om julle duur arbeid wat ondoeltreffend is uit te skakel en beskerm word deur julle patetiese optrede

Jack Sadie ·

My vorige kommentaar is nie hier geplaas nie. Ek sal dus maar volstaan deur te noem dat die regering al telkemale gewys het dat hy kleinsake met regulasies smoor en groot besighede omhels. Of is dit nog politiek korrek genoeg nie?

IK ·

Indien MM nie my kommentaar wil plaas, verander net par.3 se ‘bedrieg’ na ‘bedreig’.

Mariné Lourens ·

Dagsê IK

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Elna ·

Ons almal gaan swaar kry op die ou end van die dag. Alles gaan op en word net duurder en die regering voel niks want hulle kry mos alles verniet. Ons sal maar ons plaaslike boere in ons eie land moet ondersteun of elkeen van ons ons eie boerdery begin om te oorleef in ons agter plase. Daars mos nie meer wet en orde van toepassing in hierdie land nie elkeen is mos net vir hulle self en voel niks vir niemand anders nie. Sekerre besighede bevoordeel mos net sekerre mense in hierdie land. Ek praat van ondervinding wat ek met my eie oe gesien het waar ons ten duurste moet betaal vir die selfde produk. Hulle het geen skaamte daaroor nie. Dis waarom die meerderheid nie betoog oor die hoë prysse vir kos en brandstof nie want hulle kry dit baie goedkoper as ons gewone verbruikers.

Johan ·

Dit is baie duidelik dat die aanval geloots word op plaaslike maatskappye wat se ‘wins’ te hoog is en ‘ongetransformeer’ is. Besighede moet wins toon om n suksesvolle voortbestaan te verseker. Die moontlikheid dat dit dalk ongetransformeer (wat ek nie glo nie) is verseker tenminste n riem onder die hart vir regdenkindes, en dit sal sukses verseker. Korrupsie en eie gewin word so tot die minimum beperk. Invoere verminder plaaslike werkskepping geweldig, so dra nie by tot n langtermyn oplossing vir werkskepping nie. Invoere belemmer nuwe opkomende hoenderboere om van die grond af op te staan. Invoere sorg vir goedkoper vleis, maar die vraag bly of dit waarde vir geld is? Invoere maak ons land en ons mense afhanklik van ander lande wat nie ons voorspoed of sukses op die hart dra nie. Invoere (veral uit China) belemmer kwaliteit op ons rakke en verarm ons as nasie op die langtermyn tot dit onomkeerbaar raak en ons soos dwase afhanklik is van ander lande. Om bogenoemde redes dink ek invoere van produkte wat ons self kan maak is n euwel.

anton ·

Wag maar, die land gaan nog alle voedsel moet invoer die dag as daar nie meer wit boere oor is in die land nie!!!
Is dit nie al reeds a.g.v baie minder boere dat ons so baie moet invoer nie?
Hoender vleis gaan binnekort net so duur wees as rooi vleis want alles moet mos duurder word om sekere mense te verryk.

Alida ·

Die bakleiery oor hoenders is ‘n grap. Maak AL ons hoenderplase toe, dank die werkers af en voer hoenders in. Kyk wat weeg die swaarste. Duisende werksverliese en dit is alles apartheid se skuld.

marous ·

Kan swart invoerders nie met hoenders boer nie ? Dan kan hulle mos swart uitvoerders raak , en duisende mense werk gee .

Blackie ·

Hulle gee nie die hoenders kos nie, die hoenders VREET MEKAAR later op en die res sit die SPCA uit .. … geen kos .. geen water vir maande …

khat ·

Tyd dat die unies hulle uithou uit enige ding in land dis hulle wat als saam met anc in die land opgeneuk het ek se unies moet skoert na ander lande en hel toe hulle dink hulle doen goed hulle brand net als af vir goed wat hulle moet werk voor en ophou om als verniet te kry so dehel met unies

Dan ·

HOU OP INVOER – daar is meer as genoeg plaaslike produsente in ons land om in al ons behoeftes te voorsien. Julle sny julle eie land se mense se kele af en dan kom stel julle dié belaglike ‘termes en voorwaardes’ ook nog voor omdat julle invoer. Skaam jull!

Sup ·

dan hou ons net op om dit te koop . maklik .. hoe lank kan julle ons nou nog dreig? Kry ‘n vars plaashoendertjie van ‘n boere vriend af en hou op koop by handelaars.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.