Hoëprofiel-regeringsamptenaar in ongeluk

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

ʼn Adjunkminister en sy motorbestuurder is Vrydagaand beseer in ʼn ongeluk op die N12 by Fochville.

Mediaberigte het die slagoffer oorspronklik geïdentifiseer as Andries Nel, adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele sake. Dit het egter intussen aan due lig gekom dat dit Obed Bapela, die departement se ander adjunkminister, is wat in die ongeluk betrokke was.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê daar was talle polisiebeamptes op die toneel met paramedici se aankoms. “Volgens inligting het die blouligbrigade op die N12 gery toe ʼn vragmotor glo in hul baan beland het. Die bestuurder van die sportnutsvoertuig [waarin die minister was] het uitgeswaai om die vragmotor te probeer vermy. Die vragmotor het die voertuig steeds getref waarna die voertuig in die veld langs die pad beland het.”

Volgens Vermaak is een van die voertuig se agterdeure weens die trefkrag van die botsing afgeruk. Bapela én sy bestuurder het glo veiligheidsgordels aangehad. “Volgens paramedici op die toneel het dit moontlik daartoe gelei dat niemand uit die voertuig geslinger is nie.”

Bapela en sy bestuurder is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling. Volgens Vermaak is die bestuurder van die vragmotor op die toneel ondervra. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

PJ ·

Die Mnr Nel nie bietjie meer kennis as sy bestuurder om te weet dat hoè spoed gevaarlik is nie ? Of is hy nou heeltemal bedwelmd met anc kultuur ?

François ·

Die hoeveelste ongeluk nou al waarin ‘n voertuig van die blou lig brigade betrokke is?! Die drywers kwalifiseer seker met ‘n minibus taxi. Dan word hulle be vorder na die blou lig brigade. Mnr Nel, jy moet wakker word, boeta!

Bach ·

Moes betyds by KFC kom voor hulle toe maak. Toe help blouligte nie. Skaf in elk geval die bloulig nonsens af. Julle is nie so belangrik nie en maak gekke van julself. En hoekom is julle altyd laat en ‘n gevaar op die pad.

Jan maak n plan ·

Hierdie sogenaamde bloulig brigades is ‘n groter gevaar vir hulle self as wat die gevaar mag wees dat die BBP in die voertuig staan om gekaap of beroof te word. Ey soos ons normale mense en dit sal met julle beter gaan.

Nico Strydom ·

Dagsê
Let asb daarop dat die berig gewysig is nadat dit aan die lig gekom het dat dit nie adjunkminister Andries Nel is wat in die botsing betrokke was nie maar die departement se ander adjunkminister Obed Bapela.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Nic Grobler ·

Volgens ANN7 TV-nuus is dit adj minister Obed Bapela wat in die ongeluk betrokke was. Wie praat die waarheid? (of is Bapela nou Nel se ANC naam?)

Nico Strydom ·

Dagsê Nic
Die oorspronklike berigte was dat dit mnr Nel was wat in die ongeluk betrokke was. Die nuwe inligting het later aan die lig gekom en die berig is gevolglik gewysig.
Baie dankie
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Justa ·

Goeie genade, ek het nie geweet departemente het nou twee adjunk ministers nie. Wat n mors van geld. Het nog nooit van enige een van hulle gehoor of gesien nie.

Andre ·

Mnr Obed kon nie sy werk doen en daarom is Mnr Nel aangestel om dit vir hom te doen.
Alle poste het twee of meer nodig omdat hulle kollektief dan een mens se werk kan verrig.

Sus ·

En die arme Pravin Gordhan moet ‘n werkbare begroting opstel met hierdie sirkus in plek…….

Liewe lulu ·

Dit is seker nie die regte plek om te se wat ek nou se nie, maar dit is met berigte soos die wat ek Boerebabybiker en Peet Schabord se kommentare mis. Wonder hoekom is hule so stil

Oom Boer ·

Wat is altyd so belangrik vir hierdie “Kyalami Brigade” om met so hoë spoed te jaag en ander pad verbruikers se lewens in gevaar te stel. Vertrek vroeër na jul bestemming as jul dan moet betyds wees en handhaaf korrekte padreëls en regulasies soos elke landsburger moet toepas. Jul hoef nie te jaag nie, vra net vir ‘n verlenging van “Happy Hour”.

Flippie ·

Die kalvakades ry nooit in hulle bane nie. Hulle ry wydsbeen oor die middelste streep. Dit maak nie saak of die bane een rigting of twee rigting verkeer dra nie.

As daar drie bane is okupeer hulle die middelste baan. Ongeag of hulle daar mag ry of nie.

Verder ry hulle selde onder 160 km/uur.

Dit is eintlike lagwekkend dat die vragmotor bestuurder ondervra word en nie die jaers nie.

Jaco ·

Ministers en hulle adjunkte moet seker motors hê om in rond te ry en dis seker maar ‘n ongemaklike gegewe om mee saam te leef dat hulle altyd duur motors sal kry. Maar is ‘n sportnutsvoertuig vir ‘n adjunk-minister nou regtig nodig? Is ‘n gewone BMW of Mercedes nie goed of nie duur genoeg nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.