‘Hoër belasting kom’

dawie-roodt-afrisake-2017-04-24

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep. Foto: Reint Dykema.

“Ek vra van lojale Suid-Afrikaners om nou elke wettige moontlike manier te ondersoek om so min as moontlik belasting te betaal.” Só sê Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep.

Roodt was vanoggend saam met prof. Jannie Rossouw, hoof van die Universiteit van die Witwatersrand se skool vir ekonomiese en sakewetenskappe, die spreker by ʼn ontbyt in Centurion, Pretoria, vir sakemanne en -vroue. Die ontbyt is gereël deur die niewinsgewende sakeregtewaghond AfriSake.

Roodt het gesê dat ʼn rand in die sak van sakelui baie beter aangewend kan word as in die hande van die land se minister van finansies. “Solank as wat politici toegang het tot geld sal hulle eenvoudig net bly spandeer, ons moet hierdie toegang afsny. Daarom sê ek weer, mense moet elke wettige manier gebruik om nie meer belasting te betaal (as wat hulle móét) nie.”

Roodt en Rossouw was dit eens dat Suid-Afrika tans oor geen duidelike buitelandse of ekonomiese beleid beskik nie en het aangevoer dat die land ook nie meer sy regering kan bekostig nie.

Volgens Rossouw word 43% van die regering se begroting aan die salarisse van staatsamptenare spandeer terwyl die gemiddeld vir ontluikende markte wêreldwyd maar 20% is. “Pres. Jacob Zuma het dit goed gedink om nou ons kabinet uit te brei tot 37 ministers. Elke ministerie kos ons tans sowat R50 miljoen per jaar en Suid-Afrika sit tans met 1,5 miljoen staatsamptenare.”

Rossouw en Roodt het ook hul kommer uitgespreek oor groeiende staatskuld. Elkeen het ʼn paar maniere gebied waarop dié las ondersoek kan word. “Dit is eintlik eenvoudig. Die regering moet sy besteding aan bande lê en sy inkomste verhoog,” het Rossouw gesê.

Hy meen van die maklikste maniere waarop die staat sy inkomste kan verhoog is om grond en finansiële bates te belas. “Ek verwag dat ons binnekort nog ʼn nuwe belastingkerf sal sien. Dié keer vir persone wat ʼn inkomste van R5 miljoen of meer per jaar het. Dit sal maar sowat R13 miljard vir die regering inbring – ʼn groot bedrag as ʼn mens dit net so noem – maar ʼn druppel in die emmer van die staatskuld.”

Rossouw het herhaaldelik gesê hy is teen enige vorm van welvaartbelasting, maar het gevra dat mense tot ʼn debat moet toetree daaroor omdat hy glo die staat is genoop om dit in te stel. “ʼn Debat kan help om ʼn ordentlike toepassing van so ʼn soort belasting te verseker – dit gaan kom, dit is al wat oorbly vir die staat om ʼn inkomste te genereer. In die debat kan ons nou al begin uitwerk hoe ons skadebeheer rondom dié vorm van belasting kan toepas.”

Roodt meen egter die staat kan eenvoudig sy skuld laat afskryf omdat daar reeds talle voorbeelde hiervan in die geskiedenis is of die skuld kan in terme van inflasie terugbetaal word.

prof-jannie-rossouw-afrisake-2017-04-24

Prof. Jannie Rossouw, hoof van die Universiteit van die Witwatersrand se skool vir ekonomiese en sakewetenskappe. Foto: Reint Dykema.

Rossouw het gesê terwyl staatsbeheerde instellings ook geprivatiseer kan word om hulle las op die staat se skuldrekening te verminder dink hy nie dat sal gebeur nie. “Die regering het geen planne om hierdie soort instellings te laat privatiseer nie en boonop het meeste van hierdie instellings nie werklik enige waarde nie. Selfs al sou die staat hulle weggee gaan niemand hulle waarskynlik wil hê nie.”

Roodt het ook opgemerk dit is eintlik nou irrelevant wie die land se minister van finansies is. “Ons moet onthou dat die land se ekonomie juis begin agteruit gaan het onder die leiding van Pravin Gordhan. Malusi Gigabi, wat tans die minister van finansies is, het gesê hy sal hou by die beleid soos wat dit tans is, en dit is juis wat die land nie meer kan bekostig nie.”

Hy meen dit is dalk juis nou tyd om anders na die land se ekonomiese probleme te kyk. “Ons probleem is nie armoede nie, die probleem is daar is te min ryk mense in Suid-Afrika. Ons probleem is nie te veel ongelykhede nie – ek voel ʼn veer oor gelykheid solank daar nog arm mense is, maar hulle is beter af daaraan toe as wat hulle in die verlede was. Werkskepping is dalk nie die antwoord nie want die gevaar bestaan dat ons mense net besig wil hou – ek wens die minister van finansies wil dit besef.”

Roodt het gesê daar is tans wêreldwyd ʼn nywerheidsrewolusie waarin tegnologie ʼn groter wordende rol gaan speel. Albei sprekers het aangevoer dat meganisering verskeie vorms van werk gaan oorneem en hulle het aangevoer die regering moet in pas bly met hierdie tendense.

“Ek reken dat ons oor tien jaar van nou af nie meer busbestuurders sal hê nie en vliegtuie sal moontlik ook baie beter kan vlieg sonder vlieëniers,” het Rossouw gesê.

Roodt het ook gesê dat ʼn bedryf soos landbou ook al hoe meer geoutomatiseerd raak. Roodt meen daarom dat terwyl Suid-Afrikaners hul portefeuljes diversifiseer en verseker dat hulle soveel moontlike buitelandse blootstelling in hul beleggings het, dit ook belangrik is dat sakemense in hulleself belê. “Jou vaardighede en kennis moet opgeskerp word en tred hou met die jongste tendense,” het Roodt gesê.

Op ʼn vraag uit die gehoor oor wat sakelui dan te doen staan om hul plaaslike sakebelange te beskerm, het Rossouw die volgende te sê gehad: “Ek is beslis self nie ʼn entrepreneur nie, maar sakemanne en -vroue moet net aanhou doen wat hulle reeds goed doen. Entrepreneurs is die onbesonge helde van ons ekonomie, want hulle is die mense wat ondernemings bymekaar hou, mense in diens neem en hulle kapitaal belê en dit is wat ons land juis nou die nodigste het.”

  • Kyk na die video om te hoor wat Dawie Roodt tydens die ontbyt oor belasting gesê het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

André ·

Kom en Staan STIL mnr Zuma, en ONDERSOEK die Rebellie wat tans gebeur in ONS LAND, Dan kan daar seker Gekyk word na Begroting! ‘?’

Ella ·

Alles goed en wel; maar die van ons wat die nodigste het om te hoor wat hierdie wettige maniere is om belasting te vermy, is ook die wat nie ten duurste kan betaal vir belastingkonsultante nie. Wat van ‘n praktiese, eenvoudige gids vir hoe ons hierdie oproep kan uitvoer?

Arak ·

Ek stem 100% saam met Ella. Help nie julle kom met sulke vae teoretiese oproepe nie, vertel ons hoe en ons doen dit. Ek is een van die menigte sotte wat PAYE betaal dat ek bars. Vertel vir my, dom salaris trekker, wat ek moet/kan doen om die kanker van my nek af te kry; ek soek ook daardie gids.

Stefan ·

Hi Ella & Arak. Maak gebruik van julle Uitree annuiteite (UAF). Dit gaan ni maandelikse verligting bring nie maar jy sal groot tax refund van SARS ontvang wanr jy jou belasting elke jaar indien. Deur 15% van jou bruto salaris per jaar by te dra kan jy amper 30% van jou PAYE per jaar terugkry. Sien ń makelaar. Dit sal nie arm en been kos nie

Stefan ·

Hi Ella & Arak. Maak gebruik van julle Uitree annuiteite (UAF). Dit gaan ni maandelikse verligting bring nie maar jy sal groot tax refund van SARS ontvang wanr jy jou belasting elke jaar indien. Deur 15% van jou bruto salaris per jaar by te dra kan jy tussen 20 %- 25% van jou PAYE per jaar terugkry. Die UAF is ook bate en vorm nie deel van boedel nie. So jy spaar 20% boedelbelasting. Sien ń makelaar. Hulle vra nie konsultasiefooie nie. Vat bekostigbare % van die bydrae per maan.

werner ·

Goeie advies Stefan, dankie!
Ek en my vrou doen het ook ‘n klein besigheidjie op die been gebring. Omdat ons dit van die huis af bedryf, en ons grondstowwe aftrekbaar is, is ons reele belasting minder as 10%. Water, elektrisiteit, riool en vullis verwydering word nou deur SARS gedra asook die salarissse…. Opgebreek in 4 segmente (myne, vroutjie s’n en 2 kleinkinders, is dit op die laagste belasting skaal…..

Johann ·

So lees ek.die stuk en raai wat: dit maak alles sin! Jip…van die basiese.tot die meer ingewikkelde konsepte. Die irronie is…onse ANC kronies, ingesluit ons sotlike president en sy handpoppe…VERSTAAN NIKS van die basiese wysheid wat hierbo gedeel word nie! En al sou hulle enige insig toon…word alle en enige hulp afgemaak as rassisties en kolon van aard en wit kapitalisme en en en en. So gaan ons land gat oor kop en Zuma en sy Zumaikiea SKEP die kaste en kiste leeg! Ongeskoolde…oninteligente…massa histerie aanjaagende bolla bobase wat nie kan asem haal so diep is hulle in al.die handpoppe se sakke ingekruip nie. Ek slat my oë oo na die berge…wa sa my help vadaan kom? Beslis NIE van ons ZUMATIAMIA af nie! Kyk gerus gisteraand se CARTE BLANCE insetsel oor die ZUPTA beeldpoets fiasko! Dat EEN mens se sotlike magsvergrype SO deur n PR maatskappy gebruik kan word om n ekonomie te sink?????? Skokkend!

Oupa ·

Hoe klink dit my dat die “rykes” in ons land ook bekommerd begin raak: dis immers net húlle wat deur ‘n nuwe belastingskaal geraak gaan word!

Rynhardt ·

Mense gaan doodgewurg word met belastings op elke gebied.Afrikaners moet n slag begin ruggraat toon, jul kan nie meer op kantlyn sit nie.Dinge neem drasties toe teen ons, terwyl die net al nouer trek om ons!Ons word gewurg!Hier is geen toekoms vir blankes in SA nie ,plus politiek is lankal dood.Roodt en kie.droom as hul dink SA gaan uit sy ekonomiese moeras ontsnap.

Ramkat ·

Die twee here Rossouw en Roodt weet waarvan hulle praat.
Ek persoonlik het nie n probleem om billike belasting te betaal nie. Waar ek wel teen skop is as daardie geld deur korrupsie en dergelyke praktyke “GESTEEL” word en in die sakke van mense beland wat nie daarvoor gewerk het nie.
Om dit stop te sit sal ek min of meer enigiets doen om my belasting wettiglik te verminderd. In daardie opsig kan ek met die twee menere baie goed saamstem.

marous ·

Daar word meer belasting verorber deur die staat as wat daar betaal word. Die minister van belasting bewaring se adviseur verkondig openlik nasionalisasie van finansiele instellings en derhalwe verwerping van kapitalistiese beginsels . Geld gaan binnekort nie die papier werd wees waarop dit gedruk is nie. Dieselfde paadjie as die res van donker Afrika. Gaan mekaar vertrap vir kos wat uit vliegtuie gegooi word nou en dan . Hier is geen olie of ander rykdomme wat vir die wereld se boelies van belang is nie. Dis die suiker bedekte weergawe.

Francois Du Plessis ·

Word wakker julle! Soos dit nou gaan gaan julle binne kort nie eers die koffie kan bekostig nie. Dawie dit is n uitstekkende voorstel om deur BTW die politieke wil te probeer beheer maar die volgende
Politisie sal dit met hand en tand beveg.
Dit sal die einde van enige root kapitaal projekte beteken, spadeer die geld op toelae (popilistiese besluit) eerder as infrastruktier ontwikkeling.
Wat sal die mikpunt wees vir belasting?

Ek waarsku julle, die buiteland maak dit al moeiliker vir immigrate uit Afrika, neem die volgende in ag as u daaroor wonder:
Die Rand is nou al so verswak dat jy feitlik in enige eerste wereld land van voor af sal moet begin, deel jou huidige bate waarde deur rof gereken met 10. Jy bate waarde is n tiende van wat u in SA het. Agt jaar terug was dit n vyfde.
Agv al die terroristies aktiwiteit in Afrika het keuring vir verblyf visas geweldig moeiliker geraak. Die wereld onderskei nie Suid Afrika van Afrika nie, die risiko bly vir hulle dieselfde.
Huidiglik sal dit u ongeveer al n half miljoen Rand per grain kos om te immigreer, baie sal hiermee verskil maar vind maar self uit as jy dit doen en dit is te laat om terug te draai.
Ek stem 100% saam met gebede, maar onthou tog net om te bid: ” Laat U wil geskied en dat Ek nie teleurgesteld sal wees as dit nie my wil is nie”

John ·

Nog ‘n armblanke-vraagstuk soos meer as sewe dekades gelede is weer aan’t ontwikkel. Kyk om julle rond. Dit verdien ook ‘n gesprek deur bogenoemde here. Miskien kan die gebeure destyds en tydens die depressie deur kundige sosioloe toegelig word. Druk op plaasgemeenskappe, miskien nou vanuit ‘n ander oord, neem toe en die tragiese uitkomste van destyds moet voorkom word. Dis ‘n groot toets vir ons Afrikaners se naasteliefde want die staat gaan weereens niks doen nie…

Chantal ·

Enige bekostigbare belasting konsultante wat hulle sout werd is se kontak besonderhede dalk?

Oplossings? ·

Jip help nie mense praat maar gee nie oplossings nie – vergelyk laaste paragraaf waar mnr Roodt die vraag uit die gehoor totaal ontduik. Maw ek lei daaruit af hy weet ook maar nie hoe om jou sakebelange te beskerm nie. Kan Maroele se kundiges nie dalk in diepte ondersoek doen en vir mens raadgee (selfs ‘n spesiale seminaar/konferensie of iets dan reël) waar mens kan raad en hulp kry. Ons het gevind dat makelaars soms ook nie heeltemal die regte raad gee maar eerder waar hulle die meeste kommissie uit maak!So wat ons, die gewone ouens en klein besigheidseienaars soek is daadwerklike oplossings.

SNoes ·

Dis Dawie se styl – baie om te se, maar geen oplossings nie. Ook met uittrede annuiteit fondse, betaal jy belasting die dag wat dit uitbetaal. Dus verlig ‘n mens die belasting impak vir die kort termyn, maar uiteindelik gaan jy tog maar hoes.
Die beste raad is om nie vir ‘n salaris te werk nie, maar eerder jou eie besigheid te begin. Ek het ‘n informele restaurant en ‘n craft brouery en my belasting bydrae is minder as 20%. Alles wettig…. Ek kry tot subsidies vir reise oorsee en BTW vergunnings op voertuie en konsultasie dienste.

SNoes ·

Registreer ‘n BK of EDMS BPK deur ‘n konsultasie firma – dit kos tussen R250 en R500. Google dit. En kry ‘n BTW nommer….

Wouter ·

My advies aan Zuma en sy chronies: Vrees die man wat niks het om te verloor nie.

SNoes ·

Anton
Het jy ‘n besigheids plan?
Begin met iets soos bv Ysblokkies of gesuiwerde water. Glo my, daar is ‘n ‘yslike’ mark vir goeie kwaliteit ys! Bekostigbaar om te begin, bemark jou produk in jou onmiddelike omgewing. Waardevermindering en BTW vergunnings betaal vir die toerusting (ysmasjiene, water. filtreerders, ens. ) Jy hoef nie duisende rande per maand wins te maak nie – maar as jou omset stabiliseer dan kyk jy na iets anders, soos bv Biltong of wat ook al.. Die idee is nie om ‘n miljoener te word nie, maar om jou lewens standaard te verhoog en minder belasting te betaal.

Scalla ·

Verhoog btw na 15% en verlaag persoonlike belasting, tot die Guptas sal moet opdok. Groot bron van inkomste.

anton ·

SNoes, dankie vir die inligting.
Ek het n plan ingedagte, probleem is net dat daar reeds so baie mense is wat selfde doen en sekere ander goed kos n klomp geld wat mens nie altyd het nie.
Maar die stig van n BK is n besliste plan waarmee ek gaan begin.
Dankie weereens.

SNoes ·

As baie mense dit reeds doen dan is dit beslis ‘n briljante idee!!

Liza ·

As enkelouer weet ek nie meer watter kant toe nie… Ek het pas ‘n verhoging op my salaris gekry, maar nee ek kry minder uit as voor die verhoging want ek val nou in hoer belasting skaal! My verhoging is indirek aan die regering betaal! Ek wil huil! Ek draai my sente om en om en word woedend as ek sien EK betaal vir daai vet minister se Mercedes, maar ek ry my 1998 toyota’tjie! WOEDEND!

SARIE VAN HEERDEN ·

Ons lees al die vrae en antwoorde van lesers en is bewus daarvan dat jou premies vir Annuiteite aftrekbaar is van belasting, maar pensionarisse kan nie meer die annuiteit paadjie volg nie. Hoe kan ONS pensionarisse minder belasting betaal?

Christo Louw ·

As jy werk het en 2miljoen per jaar betaal word kan jy 1 miljoen belasting bekostig. Enig iemand kan met die 1 miljoen per jaar soos n koning lewe. Bewys my verkeerd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.