Hoër belasting waarskynlik SA’ners se voorland

finansies-platsak-beursie-flickr-com

Argieffoto: Flickr.com.

Suid-Afrikaners sal na verwagting meer belasting in 2018 moet betaal terwyl die nasionale tesourie spartel om vure dood te slaan na nóg ʼn afgradering deur Standard & Poor’s Global Ratings (S&P) Vrydag.

S&P het Vrydag Suid-Afrika se staatseffekte in rand en buitelandse geldeenhede met een vlak afgradeer na onderskeidelik BB+ en BB. Die graderingsagentskap het die afgradering toegeskryf aan swak ekonomiese groei wat gelei het tot ʼn verdere verswakking van Suid-Afrika se openbare finansies bó die agentskap se vorige verwagting.

S&P het die vooruitsig van negatief na stabiel verander en gesê die stabiele vooruitsig reflekteer sy siening dat Suid-Afrika se kredietstatistieke  volgende jaar grootliks onveranderd gaan bly. Volgens S&P kan die regering ná die ANC se verkiesingskonferensie in Desember fokus op die ontwikkeling en implementering van maatreëls om ekonomiese groei te bevorder en openbare finansies te stabiliseer.

Intussen het Moody’s Investors Service ook Vrydag gesê hy gradeer Suid-Afrika nie nou af nie, maar plaas die land se gradering op ʼn 90-dae hersieningstydperk. Moody’s se vooruitsig is negatief en dit beteken ʼn afgradering binne die volgende paar maande is moontlik tensy dinge drasties verbeter.

Moody’s het aangedui die hersieningstydperk sal die agentskap die geleentheid gee om die Suid-Afrikaanse owerheid se gewilligheid en vermoë te assesseer om te reageer op die stygende ekonomiese druk deur groei-ondersteunde fiskale aanpassings te maak wat besteding inperk en inkomste aanvul.

Die nasionale tesourie het Saterdag in ʼn verklaring op die graderings gereageer deur te sê die regering is daartoe verbind om die strukturele beperkings in die ekonomie te takel om openbare finansies te verbeter en sake- en verbruikersvertroue te herstel. Volgens die tesourie is die regering deeglik bewus van die implikasie van die afgraderings op die ekonomie en beleggingvooruitsigte vir die toekoms.

Die tesourie het gesê uitgebreide samesprekings is voor en ná die mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBPS) op 25 Oktober tussen die graderingsagentskappe en die regering gehou. “Daar kan dus geen twyfel wees aan die regering se sterk toewyding om aandag te gee aan die strukturele beperkings om die ekonomie te laat groei nie,” lui die verklaring.

“In die MTBPS-hoofstuk oor fiskale beleid het ons aangedui dat ʼn addisionele sny van uitgawes of belastingverhogings van R40 miljard (0,8% van BBP) vanaf 2018/19 sal nodig wees om openbare skuld te stabiliseer op 60% onder BBP oor die volgende dekade. Binne die volgende twee weke sal die presidensiële fiskale komitee en die kabinet ʼn pakket van maatreëls in dié verband oorweeg wat van 2018 geïmplementeer sal word. Spesifieke besonderhede oor hierdie maatreëls sal in die 2018-begroting aangekondig word,” het die tesourie gesê.

Volgens die tesourie sal die 2018-begroting “beslissende en spesifieke” beleidsmaatreëls uiteensit om die fiskale raamwerk te versterk as ʼn belangrike bydraer om die vertroue van belanghebbendes te versterk en inklusiewe groei te verseker. “Die regering sal aandag gee aan die hoofoorsake van die inkomstegaping van R50 miljard weens die onderpresterende ekonomie en ʼn moontlike erosie van invorderingskapasiteit. In hierdie verband is daar ʼn geregtelike kommissie van ondersoek op die been gebring.”

Die tesourie het gesê hy sal voortgaan om met alle belanghebbendes en die algemene publiek te beraadslaag oor die sleutelverwikkelinge soos die proses voortgaan in die finalisering van die 2018-begroting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

jan_alleman ·

presies hoe dink hulle gaan hulle die belasting uit my uit kry ?

jwm ·

janalleman, ons is aan die verloorkant. Sou die btw-koers met 1% verhoog moet almal betaal en niemand kan weerhou nie. Ons betaal in elk geval almal al lankal te veel. Dis sekerlik tyd vir n intensiewe regrukaksie van die regeringstrukture.

Johanna Botha ·

Wel net 1/3 van mense werk …1/3 werk nie en die ander 1/3 is op die social grant …..so 2/3 onderhou alles ….dit gaan nie lank hou nie …..IMF lening om die draai …dankie zuma en anc …julle ” good story ” maar almal is slegter af …..petrol OP , kos OP …ALLES OP ! Presies wat jy kry as jy dom stem !

Dinkniesonie ·

SA sal nie IMF se hulp inroep nie alhoewel dit die beste opsie sal wees. Hy sal eerder Sjina toegaan en die Venezuela pad volg en dit lyk nie goed nie. Hoekom nie IMF, wat ons maak nie n’ geheim daarvan dan ons NIE hulp sal vra van n westerlike instansie nie, en buitendien sal ons regering nie aan die termes van die lening kan voldoen nie.

Johannes van Staden ·

En wat kry ons vir belasting …geen medies , geen veiligheid , geen wet en orde , tolhekke , n SAA wat net geld sluk , en mootlik vrot skole en en en …..Die land is verpulp agv die ANC

Leeg Gemelk ·

Hulle soek die geld by die verkeerde mense. As hul werklik ernstig is oor die saak begin hul daadwerklik optree teen korrupsie, vermorsing van staatsgeld en effektiwiteit in staatsbeheerde instansies. Vertroue moet ingeboesem word, sodat mense wel in ons land wil bele. Die normale belastingbetaler is leeg gemelk. Dit wys die huidige belastingjaar reeds. Die melk koeie is besig om op te droog.

Pop ·

Dalk moet die regering begin dink aan hoeveel belasting is nou ander lande sn. Baie kinders en jonger mense is vort. Elke mens met wie mens deesdae praat vertel storie van iemand wat vort is. Hierdie regering maak dit baie duidelik dat witmense hier geen toekoms het nie. Ons het 6 kinders. 4 klaar weg. Ander een nou net haar laaste eksamens afgele en sy en haar man immigreer Februarie. Ander een maak volgende jaar laaste mediese jaar klaar en hy is dan ook vort. Ons gaan alleen hier sit. Niemand sien vir hulself n toekoms hier nie. Nou ker. Die regering oor n tekort. Ek is nie verbaas oor die tekort nie.

CB ·

As ons uitwerk dan werk ons 17 dae uit die maand vir die regering en die ander dae vir onsself. Dis dalk tyd vir ons as tax betalers om so ‘n optog te hou en te sê genoeg is genoeg en aan te dring daarop dat persoonlike tax drasties verminder word!!

Piet Pompies ·

Dit het tyd geword dat ons inkomste belasting betalers ons geld terug hou omdat dit tans aangewend word om bedrog en diefstal te pleeg. Ek kan dit nie oor my hart kry om 30% van my inkomste wat ek met harde werk en lang ure verdien het aan iemand oor te betaal wat dit gebruik om homself ryk te maak. Dan maak jy gebruik van staats instansies waar werkers se salaris deur jou belasting geld betaal word net om soos ‘n hond behandel te word.

Plantasie Gorilla ·

Johan Venter, hoeveel grys selletjies is tussen jou ore ?????

Vuurvreter ·

Johan venter, draadsitter dis om hulle in hulle kwaad te sterk. Maak oop jou oe. Kry die groter visie. Haal jou oogklappe af

Saxonwold Tea Party ·

Hoër belasting lei tot groter belastingvermyding en belastingontduiking. Is daar nog iemand by die Tessourie oor wat iets tussen die ore het? O, Gupta het dit ook mos al klaar gekaap.

Johann ·

Raak ontslae van die korrupte regering dat buitelanders weer geld die land kan inbring. Werk maar uit hoeveel van jou swaar verdiende geld aan belastings betaal word: 45% werknemerbelasting plus 14% BTW, eiendomsbelasting, dan word jy belas op rente inkomste en kapitaalwins bokant ‘n sekere bedrag, eendag as jy op pensioen gaan vat hulle weer ‘n bedrag en as jy doodgaan boedelbelasting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.