Hoër fases beurtkrag op pad

(Argieffoto: Unsplash)

Eskom het Sondag aangekondig dat fase 2-beurtkrag vandag van 17:00 tot 22:00 ingestel word en Maandag- en Dinsdagaand gedurende dieselfde tyd tot fase 3 verhoog sal word.

Dié besluit word aan ʼn verdere verlies in opwekkingskapasiteit toegeskryf nadat eenhede by verskeie Eskom-kragstasies Saterdagaand onklaar geraak het. Altesame 2 094 MW word tans aan instandhouding afgestaan terwyl 17 640 MW se kapasiteit weens ander probleme onbeskikbaar is.

Luidens Eskom se verklaring sal beurtkrag Woensdag weer tot fase 2 verlaag word. Dit word egter vir die hele week beplan.

Drie opwekkingseenhede, onderskeidelik by die Tutuka-, Camden- en Majuba-kragstasie, het Saterdag die gees gegee. Twee opwekkingseenhede, onderskeidelik by die Hendrina- en Majuba-kragstasie, is sedert Sondag weer operasioneel.

Die energieverskaffer sê hy hou die stelsel deurlopend dop om aanpassings te maak waar nodig. Eskom doen weer ʼn beroep op Suid-Afrikaners om onnodige elektriese toestelle af te skakel en krag spaarsamig te gebruik om druk op die netwerk te verlig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Janee ·

Is daar iets anders wat nuus is? Die ou storie sal aangaan till doomsday comes!….Die woord “instandhouding” bedslis nie in hul woordeskat!

Lillian ·

Maar die app sê dan vanoggend dat beurtkrag nou weer opgehef is?

Sarie ·

Hoeveel keer moet dieselfde stasies “instand gehou word”? val mense nog daarvoor?

Sarie ·

Partymaal is die gras groener aan die ander kant. Want daar is meer “mis”.

Sarie ·

Wag tot mense die werklike rede van beurtkrag uitvind. Dit gaan skokkend wees

Kokerboom ·

Die tragiese van die beurtkrag is die absolute negatiewe effek wat dit het op ‘n reeds sukkelende restaurantbedryf!!!

Ria ·

Ek kry n gevoel dat sabotasie verantwoordelik mag wees vir stasies wat gedurig onklaar raak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.