Hoër griepvoorkoms ‘normaal’ in winter

(Foto: pixabay)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê die verhoogde voorkoms van griep is ʼn normale verskynsel dié tyd van die jaar.

Maroela Media het vroeër berig bewerings van ʼn sogenaamde varkgriepuitbreking in Gauteng is onwaar.

Dr. Bandile Masuku, LUR vir gesondheid in Gauteng, sê die departement het die Nios gevra om onbevestigde bewerings dat talle mense in die provinsie varkgriep opgedoen het, te ondersoek.

“Ek wil die publiek gerusstel dat daar geen uitbreking of verspreiding van die siekte is nie,” sê Masuku.

Die Nios sê daar is jaarliks in die winter ʼn toename in die voorkoms van griep en dit is ook normaal dat die siekte vinnig in plekke soos huise en werkomgewings versprei.

“Nog ʼn algemene plek waar sulke bondels griepinfeksies voorkom is by skole, omdat kinders groot griepdraers is en in die skoolomgewing dikwels in noue kontak met mekaar is. Dit is te wagte en nie rede tot kommer nie,” sê die Nios in ʼn verklaring.

Die Nios monitor die griepseisoen elke jaar deur verskillende programme en hoewel hoë vlakke in sy Viral Watch-program aangedui word, is die sogenaamde griep-impak (wat bepaal hoeveel kwaai griep in die seisoen aangemeld is) in dié stadium matig.

Die instituut sê ook die onlangse berigte oor die beweerde uitbreking van “varkgriep” by skole is onakkuraat. Varkgriep is nie ʼn siekte wat mense kan opdoen nie, maar kom onder varke voor.

Die Nios sê dit is ʼn verkeerde verwysing na ʼn soort griep (H1N1) wat in 2009 uitgebreek het.

“Die subtipe-griep is ʼn normale, seisoenale griepstam en tree op nes enige ander soort griep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Netso ·

Ek gaan my geld terug vra by my dr. in Roodepoort. My siekbrief lieg dan as hy sê ek is afgeboek agv Varkgriep?

J ·

So as varkgriep dan nie ‘n siekte is wat mense kan opdoen nie, beteken dit dan dat almal wat wel met varkgriep gediagnoseer is, varke is? Of was die dokter betrokke ‘n kwak?

Jo-anli ·

Ek het 10 jaar terug by mediese praktyk gewerk, en is positief getoets vir Varkgriep asook my kinders.
Dit is ń erge siekte, my 1 kind was in hosp.
Daar word n swab in binnekant van mond geneem asook bloedtoetse, wanneer dit eers bevestig kan word.

Sê maar net een ·

Ek slaan my hande saam in ongeloof…. nogals dr né

Mel ·

Beide ek en my kind… Nou 10 het die H1N1 virus in 2009 opgedoen en was inge-ent. Otjie Potjie is ons seker steeds! ???? ???? ????

Lynette van niekerk ·

Kan jy dit glo?! Hoe weet hulle nie van varkgriep nie? Hemel…hulle moet hulself vergewis van wat varkgriep.is..hulle ontken so n siekte…wil hulle nou stry met die dokters?

Koos ·

Varkgriep kan net bevestig word met ‘n bloedtoets. H1N1 is een varkgriep virus. Dit is baie raar vir ‘n mens om sommer net varkgriep te kry. Toegegee 2009 was ‘n uitbraak daarvan onder mense. Drs kan nie net sommer sê jy het varkgriep sonder om met ‘n bloedtoets te bevestig nie.

Pitty ·

En wat van die skool in krugersdorp wat weens varkgriep gesluit is. Ontkenning is alles. Daar sterf moes ook nie mense an vigs nie.

Susan vl ·

En daar verander ons mensdom na ń spul varke. Agge sies !

Nicolene ·

Varkgriep is ini lug weet ni hkm hul als so toe smeer ni… Hvl mense is nou al net ni op geneem ni agv dit. En hkm gan bloed uitslae lieg daar oor!!!!!!!!

marous ·

Die hele wereld se medici is dan ‘n spul oningeligtes want hulle verwys na H1N1 as “Swine Flu” Hulle het ook bevind dat dit wel oordraagbaar is vanaf varke na mense . Ebola en Vigs is seker ook ‘n mite .

Skybird ·

My kleinseun is 4 dae terug opgeneem in hospitaal, Noord Wes, weens koors. Na toetse en meer is diagnose bevind dat hy 3 virruse het, 1 daarvan vark griep ! Ma word ook vandag aan verskeie toetse onderwerp, ter inligting dat die virus wel onder mense ook voorkom en versprei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.