Hoër kragtariewe van vandag af gehef

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Kragverbruikers sal van vandag af 9,4% meer vir elektrisiteit betaal nadat die hooggeregshof in Pretoria ʼn aansoek deur die Organisation Undoing Tax Abuse (Outa) van die hand gewys het.

Outa het hom tot die hof gewend om ʼn dringende hofinterdik te bekom om die implementering van Eskom se elektrisiteitstariefverhoging te voorkom. Die hof het egter die aansoek met koste van die hand gewys.

Anoj Singh, Eskom se finansiële hoof, het die hof se besluit verwelkom. “Eskom is bly oor die hof se besluit omdat dit ons toelaat om die R11,2 miljard inkomste soos deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) goedgekeur is, te begin invorder,” het hy gesê.

“Ons het ons samewerking gegee in die regsproses en sal dit bly doen,” het Singh gesê. “Terselfdertyd gaan ons voort om die koste te verhaal wat ons aangegaan het in ons poging om elektrisiteit te verskaf.”

Die tariefverhoging, wat van 1 April van krag is, is van toepassing op Eskom se direkte kliënte. Die nuwe tariewe vir munisipale kliënte sal van 1 Julie toegepas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Singh sing al die pad bank toe. Eskom is een van die staatsinstansies wat onbeholpe is om ‘n besigheid doeltreffend te bestuur. Sou dit een van ons groot markte wees dan het hy al lankal toegemaak. Dis net wetgewing wat die bas red van swak bestuur wat politiek gedrewe is en nie die bekwame mense aanstel. Wat ‘n uiters korrupte toedrag van sake is dit.

Johann Marx ·

Die Johannesburgse Munisipaliteit het op TV erken dat onwettige aansluitings hulle ongeveer R3 biljoen per jaar kos. Vir ‘n derde van daardie bedrag kan alle transformators so beskerm word dat GEEN onwettige aansluitings gemaak kan word nie…..maar dan verloor die ANC AL die stemme wat tans in “informele nedersettings” gratis krag en water kry……waarvoor ek en jy betaal….plus 9,4%

Kaspaas ·

Yip my prepaid aantal eenhede drasties verminder vir selfde bedrag. Moet ook soos in die townships maar asn die lig pale konnekteer want niks gebeur met hulle

Leon ·

Die problem Kaspaas, jy en ek sal nie daarmee wegkom nie. Ons het adresse wat opspoorbaar is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.