Hoër lone vir plaasarbeiders

Argieffoto Foto: led.co.za

Argieffoto Foto: led.co.za

Die departement van arbeid het Woensdag ʼn styging in die minimumloon vir werkers in die landbou- en bosboubedryf aangekondig.

“Ná breedvoerige samesprekings en voorleggings deur werkgewers en werknemers in die landbou- en bosboubedryf, het die departement besluit om die minimumloon vir werkers te verhoog,” het die departement Woensdag gesê.

Die departement het gesê hy het onder andere die verbruikersprysindeks (VPI) in ag geneem om die berekening te doen.

Die departement van arbeid het gesê vanaf 1 Maart 2016 word die minimumloon soos volg aangepas:
Uurlikse tarief van R14-25 (R13-37 in 2015/16)
Weeklikse tarief van R651-32 (R601-61 in 2015/16)
Maandelikse tarief van R2 778-83 (R2 606-78 in 2015/16)

Die daaglikse loon vir ʼn plaaswerker wat nege ure per dag werk, is nou R128-26, in vergelyking met R120-32 in 2015/16.

Die departement het gesê hy is bewus van die uitdagings in die landboubedryf wat betref sekere gedeeltes wat deur droogte geteister word en hoe boere reeds teen moeilike besluite te staan kom of hulle hul werkers moet behou of nie.

“Loonwysigings is egter moreel die regte ding om te doen om seker te maak dat werknemers se verdienste in lyn bly met verhoogde lewenskoste, en aankoopmag die ekonomie bevoordeel,” het minister Mildred Oliphant in die verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Rudi ·

Hoekom word die plaasarbeiders anders gehanteer as die res van die besighede? Hul bly verniet en het geen vervoer kostes. Ons bediende word baie minder betaal en helfte van haar selaris gaan vir vervoer. Ons kan nie meer betaal maar ons weet die nood is groot. Die grootste droogte in 100 jaar is nie ‘n match vir die ANC en hul wonderlike ondersteuners nie.

Gemsbok ·

Rudi, dalk moet jy begin om vir jou bediende ‘n menswaardige salaris te betaal.

As jy haar nie meer kan betaal nie moet jy haar minder laat werk vir dieselfde geld.

Jy en ander soos jy is besig om van haar kinders ‘n nuwe geslag gegriefdes te maak wat hul wraak op ons almal se kinders gaan besoek. As jy my nie glo nie moet jy in ag neem dat Julius Malema se ma ‘n bediende in iemand soos jy se huis was.

Die heel beste sou wees om om te hou om bediendes te gebruik en om hulle te help om verder te studeer (of gewoon skool klaar te maak).

MCS ·

Praat van”kick a dog when it is down” die boere het soveel voer skuld wat opgehoop het die afgelope drie jaar weens die droogte, hoe moet hulle die loon verhogings bekostig! Meeste boere lewe nie in weelde nie en skuld banke duisende rande!

Sarie ·

En hoe moet die land se seniorburgers, ons ou mense wat hierdie land opgebou het tot spogland wat dit was maar nou totaal deur die ANC-regering afgebreek is, op ‘n skamele staatspensioen van R1 300 per maand lewe?

anne ·

Stem saam met jou Sarie, mense wat hulle lewe opgeoffer en gewerk het om die land te bring waar hy is moet tevrede wees met ‘n minimum staatspensioen, dis net so groot skande!

Nina ·

Jaco; gratis behuising, water en elektrisiteit, kos, melk, eiers, groente, vleis, vervoer. Dis als wat plaaswerkers kry, buiten ‘n salaris. As ek nou al daai voordele by my karige salarissie kon kry, leef ek in weelde. So ja, ek dink heelwat van ons sou met al die byvoordele en die salaris kon oorleef!

Boer op plaas ·

Dept arbeid se ondersoekers het my gelos toe hulle kom kla ek betaal my werkers onder die minimum loon, ek het haar gevra om asseblief die twee mense uitwys wat ek moet afdank sodat daar genoeg fondse is om die res die minimum loon te betaal, Sy het gesê nee sy gaan nie daardie verantwoordelik vat om vir mense te sê hulle het nie meer werk nie, en toe my bedank dat ek andersins na my werkers omsien en my vriendelik gegroet en gery. Nooit weer teruggekom nie en as ons mekaar iewers teen mekaar vasloop groet sy altyd vriendelik saam met haar senior.

Andrea van Vuren ·

‘n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar logika maak die tong stil!

Boervrou ·

Neem in ag dat die plaasarbeiders gratis behuising asook elektrisiteit het. Behalwe hulle salarisse kry hulle nog meel, eiers en melk asook groente gratis. Een maal per week, gewoonlik op n saterdag gaan hulle dorp toe. Op die boer se onkoste. So ek dink die die plaas arbeiders kan kla nie

M A ·

Ek gun die arbeiders dit maar ek kan dit ongelukkig nie bekostig nie. Ek arbei nou maar op my eie. En ek stem saam dat plaaswerkers baie meer voordele kry as net hulle salaris.

Mike de Beer ·

Wat van die “supply and demand” beginsel. Baie werkloses sal vir veel minder werk as die minimum loon net om darem ‘n vorm van verdienste te he – want gewoon:- “‘n Halwe eier is tog beter as ‘n lee dop”.

ig ·

Hier is n boer in ons omgewing wat loop en spog dat hy sy werkers,Malawiers,R1200 per maand betaal en hulle werk 7 dae n week,terwyl hy welgesteld is.Dit is n skreiende skande en n resep vir n plaasaanval.

fiki ·

Nes die baas bid die plaaswerker ook vir reen en groot oeste. Nes die baas het hulle ook skuld om te betaal. Als wat die baas het kon hy nie besit het sonder die werkers se hande nie…hoekom kan hulle nie ook verhoging kry nie. En wat van bonus ook. Want die baas gaan 3weke op vakansie en die werker word op verlof gesit met sy 3weke se pay dan word dit bonus genoem. Hy is altemits geregtig op betaalde verlof.

Michiel ·

Ek stem met Ig, Fiki en FJ. Behandel jou mense menswaardig of doen die werk self. Lewenskoste is vrekhoog, vir ALMAL.

Fj ·

Ek boer ook en is tevrede met die salaris verhoging. Dit kon veel erger gewees het. Ig daai boer behoort hom te skaam,dit is n skande. Dit is dalk hoekom hy ryk is.

viky ·

Ek koop R3000 se kos per maand. Hou nie die hele maand nie. Dis sonder vleis. 5 mense in die huis. Dan kom brood en melk nog by. Ons gaan nog baie swaar kry. Ons is te gewoond aan lekker lewe

amelia ·

Viky, jy is ‘n baie bevoorregde mens. Nie in my huis, my kinders se huise word soveel kruideniers gekoop nie. Onthou mens leef na jou inkomste en weet jy na my huis en krag betaal is het ek nie eens R2000 en daarmee doen ek alles. Dalk is ek bevoorregd want ek gaan nie sukkel nie, ek weet hoe om te leef met baie min.

DEE ·

Kan mens nie dalk vir hulle ook laat deel in die oes nie? As dit n goeie jaar was deel hulle daarin, maar as dit n slegte jaar was geld dieselfde? Dan kan die maandelikse salaris dalk klein bietjie minder wees om die boer ook te help. Klink vir my regverdig?

amelia ·

Ek werk by ‘n landbou gedrewe besigheid. Dit is hoe dit by ons werk. Hul noem dit produksiebonus. Hang af van die oes en verliesse en ook of jy as personeellid dit verdien, dan kry jy eenkeer ‘n jaar ‘n deel wat goedgekeur word deur die bestuur. En ja, na die droogte verwag niemand rerig iets nie. Dit is ‘n voorreg en nie ‘n voordeel nie.

Joa ·

Plaas werkers het ook ander dinge om te koop en betaal. Ek ken baie ryk mense en ‘n boer of 2 wat baie baie ryk is. Hulle is so ryk omdat hulle nie hulle mense genoeg betaal nie. Of dit ‘n boer is of ‘n ryk werkgewer.

amelia ·

Wonder net, wat van verblyf, water, krag, kos, vervoer na dorp vir uitstappies, dokter, soms plaasskole wat deur boere gedra word ens. Word dit ingereken in die betaling? Ook hoekom word Blanke mans/vrouens dan deur boere so min aangebied vir werk op ‘n plaas. Orals sien jy advertensies, Blanke mans, R2000 ‘n maand, met verblyf en kos ingesluit? Of is dit nou net weer goedkoop arbeid en uitbuiting van die wat nie werk kry nie agv politiek?

viky ·

Amelia. Jy is bevoorreg vir een of twee persone. En ek ook . Kos is die belangrikste in my huis. Die res kom laaste

Helien ·

Ek is 57 jaar oud. Ek doen alles in my huis en het nog nooit n bediende gehad nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.