Hoërskool DF Malan besluit op nuwe naam

Hoërskool DF Malan (Foto: Facebook)

Sodra die Wes-Kaapse departement van onderwys die groen lig gee, sal die Hoërskool DF Malan in Bellville, Kaapstad, voortaan as DF Akademie bekendstaan.

Die term DF sal dan ook nie meer verwys na Daniël François [Malan] nie, maar na ʼn Latynse term, Discimus Faciendo (Ons leer deur te doen).

Leerders en hul ouers, onder wie gr. 7-leerders se ouers wat reeds vir 2022 ingeskryf het, personeel en alumni het verlede week geleentheid gehad om vir dié naam te stem.

Volgens die skool se beheerliggaam het 3 466 mense uit 9 496 stemgeregtigdes aan die stemmery deelgeneem.

“Ons wil ons opregte dank uitspreek aan elkeen wat gestem het en sodoende bygedra het tot ’n trotse mylpaal in die geskiedenis van ons geliefde skool.

“Die algehele stempersentasie is ’n ongelooflike 36,5%. Hierdie stempersentasie is dubbel so hoog soos die 18%-opkoms tydens vanjaar se beheerliggaamverkiesing, wat slegs ’n 10%-kworum vereis om ’n geldige uitslag te lewer.”

Die beheerliggaam sê hy sal nou die uitslae volledig ontleed en bekragtig, en dit aan die departement vir goedkeuring voorlê.

Bronagh Hammond, woordvoerder vir die departement, het aan Maroela Media gesê hulle het teen Donderdag nog nie ’n aansoek vir ’n nuwe naam van die skool ontvang nie.

Die departement inisieer nie naamsveranderings nie, maar moet wel hul goedkeuring gee.

Die drukgroep Trots DF Malan het die afgelope paar maande verskeie besware teen die verandering van die skool se naam aangeteken, en verlede week ’n betoging gehou.

Die groep meen ’n naamsverandering sal uiteindelik aanleiding gee tot ’n verval van die skool se Christelike etos en diskriminasie teen Afrikaanse, Christelike leerders teweeg bring.

Bern Rautenbach, woordvoerder van die groep, het vroeër aan Maroela Media gesê die besluit om die naam te verander, asook die voorgestelde nuwe name is deur middel van ʼn ondemokratiese proses bekom.

Amptelike skrywes deur dié groep, asook ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) om inligting oor die proses te bekom, het glo op dowe ore geval.

Die skool meen egter die “oorweldigende ondersteuning” van die skoolgemeenskap is ’n aanduiding dat hulle gereed is om die skool se identiteit finaal van DF Malan te ontkoppel.

“Ons vertrou dat hierdie ‘ongemaklike’ proses van verandering nou sal kan oorgaan in een waar samehorigheid en trots op ons skool se tradisies en prestasies met ’n nuwe naam uitgebou kan word – een wat ons inspireer om selfs nóg nuwe hoogtes te bereik.”

Trots DF Malan het nog nie aangedui of hulle die nuwe naam gaan teenstaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Stephen ·

Daarsy. Maak julle politieke meesters trots. Beur voort en vaal met lof in die toekoms. Breek af en seëvier…

casper ·

Jip – En sodra die naam verander stort alles in duie !!! Klomp idiote op ‘n hoop !!!

Dries ·

Trotse mylpaal in die geskiedenis, reken julle ???? Deur die geskiedenis van ons volk te vernietig. Ja dit sal geskiedenis wees van n volk wat sy trots verloor het en die naamsverandering beleid van die ANC na te jaag. Iets om van te huil

piet ·

Ek is nie trots op waarvoor DF Malan gestaan het nie. ‘n Volk se geskiedenis en trots behels baie meer as een of ander perd se se eie verkrampte sienings wat nie eers die meerderheid steun van die volk het nie.

Tjaart ·

Trots in ons geskiedenis bestaan nie meer nie. Kom mense, buig die kniee diep voor julle nuwe meesters.

Corne123 ·

Baie baie gelik stem sommer ook vir die anc hoop dat hulle wat julle help naam verander ook sal help om skool se rekeninge te betaal so mors julle self als op

Barney ·

Eerder daai naam as een of ander swart pokitieke maroon wat net standard 2 houtwerk op skool het. Veronderstel Winnie Mandela se naam op elke bord. Blêrie vrou se eie man wou niks met haar te doen hê nie so sleg was sy gewees. Nie eers te praat van haar rasistiese dogter met die rotte in haar huis nie.

VaalDonkie ·

Ja dis seker maar beter as niks. Soos toe hulle BC en AD verander het na BCE en CE. die CE staan mos vir “Common Era” maar ek roep hom sommer “Christian Era” en “Before Christian Era”.

Nettie ·

Hoekom krap waar dit nie jeuk nie hoekom skole en dorpe se name verander moet word gaan my verstanf te bowe. ANC druk ons land net verder in due afgrond.

casper ·

Enige ouers wat hulle kinders nou na die skool stuur is verseker skaam omdat hulle blank is en wil nie die geskiedenis van afrikaans eer nie !!!!!!!!!

Kobus ·

Dit lyk vir my of die 30% koers nou die norm in SA is. 30% om te slaag, 30% stemme ens ens. Ek gaan my werkgewer vra of ek 30% van die jaar kan werk en ook vir ‘n 30% verhoging! (LOL)

Frank John ·

Ek glo die oorspronklike naam was gegee van die persoon wat die skool gestig het of die geld gegee het daarvoor of die oorspronklike visie daarvoor gehad het.
Solank dit nie ‘n naam gegee word wat eer aan iemand gee wat niks met die skool se bestaan te doen het nie.

piet ·

Ek sou die DF ook uit die naam verwyder het, siende dat dit vir sommige verkramptes steeds aan een van die argitekte van apartheid sal herinner. Hierdie ou het definitief nie verdien om ge-eer te word nie. Hoekom is die mensdom so lief om dinge aan die naam van enige mens te koppel, ek verstaan dit nie? Dis verafgoding.

Papsak ·

Ag nee wat ons geskiedenis is lankal weg ons regte maar ja mors geld verander name maar kyk hoe vergaan alles om hulle maar hulle worrie om name te verander

Misky ·

Dom, dom, en blerrie dom!!!! Jare later sal almal steeds van DF Malan praat of verwys. Of sommer net DF en die Akademie sal wegval. Net klomp geld in die water gegooi wat beter aangewend kon word

Misky ·

Skool uniforms, wapens, briefhoofde, alle dokumente rakende die skool, net om paar te noem wat moet verander. Derduisende rande ter sprake

piet ·

Foeitog. Ek is seker die ou skooltjie se wapentjies kan maklik en bekostigbaar vervang word op die uniforms en op die gebou (sommige ouens wat sterk oor die naamverandering voel sal waarskynlik die kenteken op die gebou se onkostes self dek in elk geval en mag selfs die ander kostes ook dek). Die dokumente se kostes is peanuts. Noem nog…..

Mercia ·

Ai Piet……verander miskien jou naam. Dit herrinner baie aan Piet Retief. Dit mag dalk onaangename herrineringe terugbring oor die geskiedenis. Soos jy sê…..mens moenie hierdie mense onnodig irriteer nie.
Beter modereerder?!

Kokerboom ·

So tragies. Groot deel van ons Afrikaanssprekendes bly maar hanskakies en ruggraatloos. Ons moet ophou weghardloop van die feit. Die “have nots” sal NOOIT tevrede wees tot alles vernietig is en voel ‘n veer vir ons emosies en instellings.

piet ·

Dalk dink ons net dat vernoemings na mense se name (enige mens ongeag wat hy/sy gedoen het) onsinnig is.

SjN ·

Daar in meer belangriker aspekte wat aangespreek moet word tov onderwys en opvoeding as n naamsverandering.

'n Leser ·

My ma was is DF en ek was in DF Malan en ek was altyd so trots om dit te se, maar nie meer nie. Geen kind of kleinkind van my sal soontoe gaan nie.

Sarel ·

So…verstaan ek reg..die minderheid se keuse word alweer
aanvaar ..en so word ons Geskiedenis as ‘n skandaal
Bestempel

Jaada ·

36% wat stem = “oorweldige ondersteuning”?? Ken defnitief nie wiskunde nie.

piet ·

Mens moet ook versigtig wees om net te dink alles gaan nou verval. My ou skool het nou bittermin blanke leerders maar die skool en terrein lyk baie netjies. Daar is byvoorbeeld ‘n groot pawiljoen wat baie netjies in stand gehou word, dis byvoorbeeld netjies oorgeverf, ruite en ander dinge is alles netjies reggemaak en daar was selfs nuwe aanbouings (ontspanningslokaal) onder die pawiljoen aangebring. Die skoolgebou self is ook oorgeverf en die skoolterrein en sportgronde lyk netjies onderhou. So terloops – die skool dra steeds die naam van ‘n wit Afrikaner wat ek dink hoof van die onderwysdepartement was toe dit opgerig is (as ek reg onthou).

piet ·

Dis bloot ‘n observasie ek is nie meer betrokke by die skool nie. Lyk netjies vir my as ek daar verbyry.

VaalDonkie ·

Hierdie hele ding het begin toe ‘n groep skoliere ‘n pro-LGBT protes op skoolgronde gehou het, en ‘n ander groep toe lelik was met hulle.

Andre ·

En daar buig julle die knie weereens voor die anc regering,skrik wakker!!!!

Marcello ·

Ek kan nie glo dat blanke ouers hiervoor stem nie, wil julle nou alles volgens die ANC se riglyne doen. Dit is om van naar te word.

piet ·

Daai skool het waarskynlik nou in elk geval meer leerders van kleur as wit leerders wat hulself nie kan identifiseer met die naam en waarvoor die man gestaan het nie. Nie net dit nie, ‘n groot gedeelte van die wit gemeenskap self stem ook nie saam vir waarvoor DF Malan gestaan het nie. So eintlik is dit glad nie logies om nog met die ou naam voort te gaan en die meerderheid (swart en wit) verder te irriteer nie.

Erika ·

Dit is nie goed om jou Identiteit & waardes prys te gee ter wille van politieke korrektheid -Ons is almal uniek. en moet mekaar juis repekteer ( it is not right when its only one sided.-entitlement ..at the cost of other race minority groups

Boon ·

Dis n feit dat die proses wat Hoërskool DF Malan gevolg het bewysbaar gebrekking, oneerlik en ondemokraties was. Vanaf 1990 tot 2000 ws ons gesin direk betrokke by DFMalan HS. My vrou as wislunde onderwysers, my oudste dogter was hoofmeisie, my seun junior dux en die jongste matriek 1998. Aldrie is na matriek na Universiteit Stellenbosch, en ons woon in die Kaapse metr.
Niemand van ons is ooit in kennis gestel of vir kommentaar genader nie, en was onbewus van so ‘n verkiesing.
Die bestuursraad beweer die proses was korrek, en is duidelik ontoeganklik en afwysend van besware. Maar is DF dan werklik so n wonderlike skool as hulle nie eens n rekord hou van oud-skoliere nie en ook nie so n alumni- bond het nie? Ek doen n beroep op alle alumni, oud-leerling en ouers om by die Dept van Onderwys beswaar aan te teken. en die proses nietig te verklaar.

piet ·

Weet jy wat die huidige demografie van die skool is? Persoonlik dink ek dat die opinie van die mense wat tans direk betrokke by die skool is (onderwysers, leerders, ouers, beheerliggaam, alumni wat bydraes lewer) die swaarste moet weeg. Alumni wat nie betrokke is by die skool of enigsins anders ‘n bydrae maak nie, kan maar net sowel buite rekening gelaat word in soverre dit stemprosesse aangaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.