Hoërskool gesluit weens etlike virusgevalle

Krugersdorp High School is gesluit nadat 11 leerders van die meisieskoshuis by dié skool positief vir Covid-19 getoets het. (Foto: Facebook)

Krugersdorp High School is gesluit nadat 11 leerders van die meisieskoshuis by dié skool positief vir Covid-19 getoets het. Dié skool se seunskoshuis is verlede maand om dieselfde rede gesluit.

Die skool het dié besluit in samewerking met die departemente van onderwys en gesondheid geneem as ’n voorsorgmaatreël om verdere verspreiding onder leerders by die skool te voorkom. Die skool sal weer op Maandag 17 Mei oopmaak.

“Die meisies wat positief getoets het moes hulself uiteraard onmiddellik isoleer. Ons sal voortgaan om alle gevalle te bestuur deur die nodige protokolle en prosedures te volg,” sê Ivan Bailey, die skoolhoof.

“Ons wil nie wéér die skool hoef te sluit as gevolg van toenemende positiewe gevalle nie en daarom doen ons alles in ons vermoë om te verseker dat die virus nie skool toe kom nie.”

Die skool moes reeds verlede week ’n gedeelte van sy wintersportprogram uitstel as gevolg van positiewe virusgevalle.

Maroela Media het verlede maand berig dat die seunskoshuis van die skool gesluit moes word nadat ’n matriekleerder positief getoets het.

Bailey sê voorts dat leerlinge nie net voor die begin van elke skooldag ontsmet sal word nie, maar ook tussen periodes.

“Ons sal leerders ook gereeld herinner om hulle maskers te dra en ’n gesonde sosiale afstand te handhaaf, veral tydens pouse.”

“Ek glo dat ons skool steeds ’n veilige omgewing vir leerders en personeel is.”

Bailey het verder ’n ernstige beroep op ouers gedoen om te verseker dat hul kinders die nodige maatreëls volg wanneer hulle nie by die skool is nie.

“Dit is kommerwekkend om te hoor van leerlinge se onverantwoordelike gedrag tydens sosiale geleenthede oor naweke.”

“Ongekontroleerde byeenkomste sal ongetwyfeld verspreiding van die virus aanhelp,” sê Bailey.

Bailey sê dat hulle die ondersteuning van die hele skoolgemeenskap nodig het om te verseker dat skoolaktiwiteite, waaronder die wintersport- sowel as die akademiese program, kan voortgaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Karen ·

Neeeeee, oe nee hier begin home schooling alweer sy kop uitsteek. Wag en sien.

Debby ·

Dis van die alewige ontsmet dat die ligaam geen weerstand kan opbou teen enige kiem nie

Johan ·

Los dit nou ASB. Positief toets is nog vêr van siek af. Ten minste bou hul, hul immuunstelsel.

Rayman ·

Dit is al lankal aan die kom, want hoe anders gaan die regerings van die wêreld die mense kan beheer en hul bang maak met statstieke wat ook gemanupuleer is deur om meer vrees in die mens te sit, want as jy ñ loop neus het dan het jy mos covid dan moet die skool toe gemaak word, regtig

Anoniem ·

Korrek, selfs as jy hooikoors het en nies kyk almal jou met groot oë aan en skarrel rond om tog net weg te kom.

VaalDonkie ·

Mens sou sweer dis Ebola soos die mense aangaan. Laat die blerrie kinders die ding kry en klaarkry sodat hulle immuun is. Maar ons weet mos dit gaan alles eintlik maar net oor beheer oor die samelewing en die “nuwe normaal” waar jy maar net weer ‘n Dompas moet wys as jy wil rondbeweeg.

Terloops, ek is vet. BAIE vet. En ek is insulien-weerstandig. En ek sit hier en tik terwyl ek COVID onder lede het. En weet jy wat? Ek het een nag ‘n lelike migraine gehad en my keel was baie seer, maar nou hoes ek nog net ‘n bietjie, maar ek is alweer aan die gang. Dis nie ‘n doodsvonnis nie. selfs nie as jy in die hogere risiko’s is nie. Ja, daar sterf mense, maar dis nie 100% vasgestel jy gaan emmerskop nie. Hier sit ek nog en die ergste is verby. Seker maar oor ek op ‘n plaas grootgeword het en nie bang was vir vuil word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.