Hoërskool Hendrik Verwoerd amptelik herdoop

Panyaza Lesufi tydens die inhuldiging van die Rietondale Secondary School. (Foto: Twitter)

Hoërskool Hendrik Verwoerd is Vrydagoggend amptelik na die Rietondale Secondary School herdoop onder leiding van Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng.

Die bal om Hoërskool Hendrik Verwoerd se naam te verander is reeds in 2016 aan die rol gesit nadat dié naam as onderdrukkend bestempel is. Ouers het verlede jaar ten gunste van die nuwe naam gestem.

Lesufi het gedurende vanoggend se inhuldiging van die skool se nuwe naam gesê dit was nooit sy bedoeling om ander kulture of ander se tale uit te wis nie.

“Ek word altyd daarvan beskuldig dat ek teen Afrikaans is, maar ek is nie, ek is teen diskriminasie.”

Die LUR het verder verduidelik dat hy deeglik daarvan bewus is dat nie almal die naamsverandering gaan aanvaar nie en dat sommige ouers en personeellede beledig voel, maar dat hulle egter steeds deel is van die skep van ʼn nie-rassige samelewing.

Hoërskool Hendrik Verwoerd is Vrydagoggend amptelik na die Rietondale Secondary School hernoem. (Foto: Twitter)

Olga Veldsman, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het vroeër aan Maroela Media gesê die skool en gemeenskap is gelukkig met die naamsverandering, aangesien Rietondale die naam was wat ouers tydens ʼn algemene jaarvergadering voorgestel het.

Die naam is daarna deur die departement goedgekeur.

Lesufi het gesê die departement doen nie ’n beroep op ander skole met name vanaf die apartheidsera om ook ’n naamsverandering te ondergaan nie. “As hulle hul name wil behou, is dit hul keuse, maar die geskiedenis sal u beoordeel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

SjN ·

Lesufi, bou n slag n eie skool self en gee dit n naam wat daarby pas, jullle ry op ander se sukses.

leser ·

lesufi, jy lieg so baie dat jy jouself glo, skole met name uit die apartheids era hoef nie name te verander nie, maar more oormore is die volgende skool wat sy naam “moet” verander
???? ???? ???? ???? LOL, LMGA

Karlahari ·

Waar is die veiligheids standaarde en departement van beroeps veiligheid / NOSA?
Die steierwerk en werker voldoen nie aan die vereistes nie.
Maar nou ja, Lesoufi is betrokke so mens kan geen standaarde verwag nie….

John ·

Hoe gouer ons by die Jode leer (en hulle soms by ons) dat mens soos in die Bybel aangedui nie beelde moet maak nie, want na beide kante toe het die hater se dolk snykante. Die beeld van pres Steyn word geminag en iewers staan gemaak, uit die oog. Verwyder alle beelde van Afrikanerhelde want almal gaan skade ly. Verwoerd sou nogal nie verbaas gewees het oor die kleinlikheid van die intellektuele reus nie.

Johan ·

Merk hierdie WOORDE,daar SAL n dag in die Nie verre toekoms Kom wat ons Alle name terug Sal verander pre ’94!!!!En jys reg…. die geskiedenis sal jou beoordeel…baie sterkte …

Oom Koos ·

Ja met daai naam uit die pad gaan die skool net van krag tot krag gaan. Onderskeidings by die dosyne. Dis mos deesdae baie maklik om onderskeidings aan ‘n staatskool te verwerf nie waar nie?

Hans ·

Het verneem dat nie almal so opgewonde ,soos die Voorsitter van die beheerliggaam , oor die naamsverandering nie.

Julie Jansen van Rensburg ·

Dankie tog dat ek – en my kinders – reeds BAIE jaregelede ons skool loopbane in ‘n tydperk voltooi het toe “politieke-korrektheid” nog nie bestaan het, of vloekwoorde geword nie. My skooljare dateer vanaf 1939 – 1951 en my kinders s’n tussen die sestiger- en sewentigerjare…

Johann Venter ·

Dis seker die enigste skool met die Engelse “Secondary School” in sy naam in ‘n sogenaamde oorwegend blanke woonbuurt (haai, ekskuus vir dié uitdrukking!). Gewoonlik is dit eerder “High School”. Dis in die townships waar die benaming “Secondary Schools ” voorkom. Of praat ek nou twak?

kolla ·

Hierdie is ‘n vreemde SA verskynsel. Oorsee is die term Secondary School baie meer in gebruik. Dalk kom die gebruik in SA uit Apartheid se dae toe daar verskillende onderwysstelsels vir verskillende rasgroepe was.

Stebastiaan ·

Hulle vrees daardie naam want in sy bewind tydperk het hierdie land op alle gebiede gefloreer, ekonomies ens.

Connie ·

Hulle gaan seker Verwoerd se standbeeld van sy kop ook by die skool verwyder

Anoniem ·

Nog ‘n Afrikaner skool wat sy alie gesien het. Wonder hoe lank gaan die gebou staande bly.

Gert ·

Sy veldtog teen Afrikaners vorder mooi. Oor 4 maande is dit mos finaal die einde van Afrikaans as die departement duisende “engelse” leerlinge by elke skool aflaai.

Adam ·

Die naam is verander, kostes is aangegaan en die publiek sal vir ten minste nog twee geslagte na die skool as Hendrik Verwoerd verwys. Politici kan nou maar eenmaal nie verstaan dat die publiek nie veel belangstelling in hulle politieke wedywering het nie.

Ben ·

Dit is nie eers in Rietondale nie, die area is Villieria of Deerness.

kolla ·

Dan het hulle wragtig ‘n kans vergy laat gaan om die skool na Dearness te vernoem.

M ·

Dis interesant. Dit laat my dink aan ‘n vriend van my wat in die buiteland is en by die universteit van Port Elizabeth gestudeer het. Op sy CV hou hy dit so want hy se die buitelanders dink ‘n plek met ‘n naam soos die Nelson Mandela instituut vir technologie moet ‘n joke wees en die kursusse maar ‘n bietjie van ‘n Mickey Mouse qualifikasie gee.

M ·

Ja Bianca, daars mos daai (ek dink dis Romynse) gesegte wat se “the concurer will rewrite history” en is letterlik wat die ANC besig is om te doen. Dit is altyd so nice om in Europa rond te travel en al die layers van beskavings te sien wat nie deur die nuwe leiers van daai te vernietig is nie!

Barry ·

Waaarom nie n paar van die plekke wat na Mandela vernoem is herdoop nie
Hy was n krimineel en was vir die regte rede in die tronk en nie as n politieke gevangene nie
Hendrik Verwoerd het baie vir SA gedoen en kyk hie het die eknomie gegroei in sy tyd
Ek was in Dr E G Jansen Hoer en ek hoor hulle wil die naam ook verander
Gelukkig woon ek ver van die ellende nou in rus en vrede in Thailand

Bianca ·

Al ons geskiedenis en wat ek geleer het… sal my kind nie ken nie. Dis belaglik ons geskiedenis word verwoes .

kolla ·

Jy kan al daai geskiedenis vir hom self leer of hy kan dit by ‘n biblioteek of museum gaan leer.

Skoolgeld ·

Dis nou oulik, Afrikaanse skool is ook nou sommer oornag 100% engels en dit sê ook vir my dat wie nou aangery word daarheen! RIP SA

Basjan Jacobsz ·

Nou waarom nie Jacob Zuma Scondary School nie?? Onder sy heerskappy het julle tog groot hoogtes bereik.Dan was dit tog polities heeltemal korrek?

Adam ·

Basjan, ou Zuma het in die Primary School vasgehaak, so Secondary School is dalk bietjie bo sy ervaringsveld.

nabetragting ·

Kry die disfunksionele skole reg dit gaan ‘n baie groooter prestasie wees.!!

Saint ·

Daar’s hy !
Nou het hy geslaag om nie teen Afrikaans te diskrimineer nie.
NOU WAT WAS DIT DAN WEL ?

Die gebruik van “Secondary” in die skool se naam verklap mos nou iets.
Dis mos iets wat aandui dat n skool eintlik disfunksioneel is.

Mnr Panayazi Lesufi moet hom eerder besig hou met die BOU van skole waar dit BENODIG word en nie op die erepodium te staan waar die GROOTSTE prestasie is om SLEGS die skool se naam te verander en n nuwe naambord teen die muur vas te maak.
Ag, ja. Die skool se beheerraad HET inderdaad toegestem tot die naamsverandering, maar dan onder hoeveel druk en intimidasie.

Mag ek my gelukwensinge aan Mnr Lesufi oordra ?
Nog n “SECONDARY” skool wat disfunksioneel gaan word.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.