Hoërskool Jan Viljoen: Lesufi en ouers môre byeen

Leerders betoog Maandag buite die Hoërskool Jan Vijoen op Randfontein teen beweerde rassisme. (Foto: Pan Africano/Twitter)

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, sal Donderdag met die ouers van leerders aan die Hoërskool Jan Viljoen in Randfontein vergader oor verlede week se beweerde rassevoorval by dié Wes-Randse skool.

Die LUR sê hy beoog om gedurende die vergadering terugvoer aan ouers te gee en na hul bekommernisse te luister.

Die vergadering sal omstreeks 17:30 by die skool plaasvind.

Tientalle mense het Maandagoggend na die skool opgeruk nadat ʼn bakleiery tussen leerders, een wit en een swart, Vrydag daar uitgebreek het. Die voorval was na bewering rasgedrewe.

Maroela Media het berig gemoedere by die skool het hoog geloop en in ʼn stadium moes die polisie ʼn  waterkanon en skokgranate inspan om die situasie in bedwang te hou.

Lesufi het die skool besoek, met die bestuurslede vergader en daarna die skare vanuit ʼn Nyala-pantservoertuig van die polisie toegespreek. Sy toespraak is egter tydelik onderbreek nadat ʼn oënskynlike onderonsie onder sommige mense uitgebreek het.

Klasse by die Hoërskool Jan Viljoen vind intussen voorlopig aanlyn plaas terwyl ʼn ondersoek na beweerde rassisme by die skool gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Ek is dom. Waarom die skool besoek? Siener lêsoufie het dan klaar die skuldiges aan die kaak gestel?

Hennie Biebouw ·

Met watter ouers het hy vergader? Al die ouers, of slegs die “slagoffers” se ouers?

Hendrik ·

In my skooldae het ons dit uitsorteer agter die fietsloods of in die parkie. Niks van al hierdie nuwe menseregte nonsens nie.

casper ·

” in ʼn stadium moes die polisie ʼn waterkanon en skokgranate inspan om die situasie in bedwang te hou. ”
En nie eers een wit ouer of leerder het nat geword nie !!!
Hoekom nie !!!!
Miskien is hulle beskaaf ???

Johanna ·

Hoekom word Hoerskool fights nou politiek. Verseker omdat dit nou buite beheer opgeblaas word.
Lefusi moet Kinder Sielkunde studeer en beslis KONFLIK HANTERING ook.

Johan D ·

In my tyd was dit twee seuns wat baklei het oor en uit, nou baklei twee seuns en dis rasgedrewe of boelie gedrag!

Catherina ·

Ag asseblief. Mag kinders nie meer onder mekaar baklei nie? I don’t mean with brutal violence, weapons etc. Net baklei. Get a life

Winnie ·

Ai tog Lesufi waar jy betrokke is gaan dit altyd oor rassisme word groot

Pierre ·

Ag elke jaar dieselfde dientjie net n ander skool die hele ding word gereel om aandag af te lui van leerder plasings wat nog nie voltooi is nie, skole wat oorvol is, handboeke wat nie afgelwewer is nie, te min skole, te min onderwysers en sy eie 5min media aandag ag ek kan die hele dag aangaan.

Christine ·

Dis word als beplan om skole onbeheerbaar te maak. Hulle wil die Afrikaanse leerders omvergooi en negatief benadeel. Kinders moet op video net sê: bully leave me alone’ en sê dit aanmekaar. Hoekom word die hele video nie gewys nie? Want dan sal die skuldige mos ooglopend wees!

Louise ·

En die HELE skool moet nou tot stilstand GERUK word oor twee seuns wat hulle nie kan inhou nie. Dis mos tussen die twee seuns, vat hulle vas en los die res van die leerders dat hulle, hulle skoolwerk doen.
O ja natuurlik, dis mos n gemaklike verskoning om nie skool toe te gaan nie.. Gaan eerder staan en dans en dan wonder ons hoekom word die slaagsyfer elke keer aangepas! Tiepies SA…

Nette ·

Maandag het een van die verslaggewers gesê dat daar groepe na Gauteng skole toe gaan en die leerders opsweep, ek dink as die groepe nie gekeer word nie, gaan elke liewe skool dieselfde pad loop as Jan Viljoen. Daar is ook gesê die naam moet verander na Winnie Mandela, JY het besluit om jou kind by Jan Viljoen in te skryf, hoekom nou huil en skreeu oor die naam???

Sêmaarnet ·

Ek stem sooo saam met jou! Wat het Winnie gedoen vir die skool?

Raadsman ·

Ek hoop net van die ouers het die guts om hierdie rassis aanvat in die vergadering. Sy enigste doelwit is om afrikaans uit te qwerk en afrikaanse skole toe te maak. Hy is die vyand van ons skole, nie die anderkleurige kinders in afrikaanse skole nie.

Christine ·

As ek ouers is, boikot ek hierdie belaglike vergadering en wys hom hy is ‘n idioot!

Sêmaarnet ·

Ek kan dit nie verstaan nie. Was dit nie ‘n skool wat klaar daar was nie? Waarom sal mense wat geen bydrae gelewer het tot die skool se totstandkoming so baie eiers te lê het? Een van die dae lê die hele pap op die grond. Die Vader moet ons behoed vir wat nog aan die kom is.

Antoinette ·

Ek praat niks goeds nie, maar die dorp het baie goeie Engelse Hoerskole sover ek weet. Hoekom MOET die swart kinders na ‘n tradisioneel wit Afrikaanse hoerskool foeter? Die probleem in hierdie land (en die wereld) is dat situasies in almal se kele afgedruk word wat vir baie onaanvaarbaar is. Kyk maar na TV advertensies en sepies ens. Mens kan nie situasies DWING nie. Jy kan nie eers ‘n baba dwing om te eet as hy/sy nie wil nie. Net so kan mens nie situasies in mense se kele afdwing nie. Dis moeilikheid soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.