Hoërskool Overvaal: Klag gelê oor FB-inskrywing

‘n Skermskoot van die inskrywing wat nou op sosiale media versprei word.

Die DA in Gauteng het Donderdag ʼn klag van aanhitsing tot geweld teen Aubrey Thamasanqa Mabele, ʼn sosialemediagebruiker, by die Vereeniging-polisiestasie aanhangig gemaak.

Dit kom nadat ʼn Facebook-inskrywing onder Mabele se naam gemaak is waarin die gebruiker aandui hy is by Hoërskool Overvaal in Vereeniging met die woorde by: “Please Zuma give us the guns to defend our democracy… ‘one bullet, een Boere kind’ [sic].”

ʼn Skermskoot van dié inskrywing is sedertdien wyd op sosiale media versprei.

Dady Mollo, die DA se Emfuleni-koukusleier, Isabel Lot, voorsitter van die Emfuleni-kiesafdeling en Elize Aucamp, ʼn DA-raadslid, het die klagtes teen Mabele gelê.

In die afgelope twee weke was daar verskeie betogings voor die skool nadat 55 Engelssprekende leerders toelating tot die skool geweier is. Hoërskool Overvaal was vandag vir leerders gesluit nadat honderde betogers ʼn optog by die skool gehou het en ʼn memorandum aan die skool se beheerliggaam oorhandig het.

Mollo het gesê aanhitsing tot geweld gegrond op taal kan nie goedgekeur word nie. “Die regte van alle Suid-Afrikaners soos vervat in ons grondwet moet gerespekteer word.”

Mollo het gesê die saak is tans op pad na die konstitusionele hof en die reg moet toegelaat word om sy gang te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

karel ·

Ek het dit nou net na iemand oorsee gemail om dit aan te stuur na Europa en dit daar te versprei.

Elvira ·

Ek het sopas ook die stuk oorsee gestuur na vriende toe om dit daar te versprei.

Karel ·

En wat dink julle gaan die buiteland doen. As jy met mense in die buiteland praat en nie S-Aners nie, dan sê hulle ja, dis erg, maar dit kom neer daarop dat ons dit moet verwag agv die jare van apartheid, so min of meer dat ons dit verdien. Eintlik het die buiteland geen idee nie en besef hul nie dat wat nou aangaan erger as apartheid is nie, so hulp van daar gaan ons nie kry, ons staan alleen.

Jhnny ·

Ek’s al 8 jaar in Europa, en hoekom moet ek dit versprei? Hoeveel keer het Saffas vir ons al gese ons moet ons opinies ens oor SA vir ons self hou, want ons bly nie daar nie. Dan moet ons dié share, en ook gaan stem…nee wat ek mors nie meer my tyd nie.

zoom zoom ·

Al wat hy gaan sê is, hy is jammer en daar loop hy vry weg.

Casper Labuschagne ·

Behalwe vir wit vrouens soos Penny Sparrow, Mabel Jansen, Sunette Bridges en Vicky Momberg, kan iemand dink aan ‘n enkele ander voorval wat tot vervolging gelui het? Daar is sekerlik al honderde klagtes gelê oor soortgelyke inskrywings, maar waar kom dit ooit voor die menseregtekommissie, die gelykheidshof of in die gewone howe as kriminele aanklagte? Ja, Julius Malema wel, maar sy sake word vir ewig uitgestel in is nou al gereelde rondgaande saamtrekke vir EFF populisme.

Duitser ·

Want julle aanvaar alles draai die ander wang en vat nog n klap of dit bangheid of onoselheid is die weet ek nie

"Julle?" ·

So wat doen jy dan nou wat n verskil maak? As jy na ons verwys as “julle” dan lewer jy seker kommentaar vanuit die buiteland waarnatoe jy gevlug het. Of sit jy en wag dat “ons” iets doen om jou bas ook te red?

Boerliefhebber ·

Niks sal hiervan kom nie . Ek sal geld op dit plaas.

JdV ·

@ Vra net, dit lyk vir my die DA was net op Facebook. Afriforum was DAAR!

Niel ·

gaan loer gerus op VF+ se blad op facebook om te sien wat hulle tans doen. In vandag se inskrywing dui hulle aan dat hulle wil kyk dat die wet so is dat geen protes-optogte by skole mag gehou word nie.

Heinrich ·

Sou ek ook wou weet Vra net, en dit nogal met die DA se beleid dieselfde as die van die ANC, so ek is ook heel deurmekaar hieroor!

"Julle?" ·

So wat doen jy dan nou wat n verskil maak? As jy na ons verwys as “julle” dan lewer jy seker kommentaar vanuit die buiteland waarnatoe jy gevlug het. Of sit jy en wag dat “ons” iets doen om jou bas ook te red?

Callie ·

Hoeveel keer vra ek, witman staan op. Maak soos hulle. Kom ons gaan sit ook voor die hof. ASB ons moet begin opruk in menigtes.

Vermeende ·

Ek gaan nou probeer verduidelik, hierdie is nie aanhitsing nie maar n smeek vir wapens en toesteming van Zuma.
Hoekom word n klag teen die persoon gele, se my dink julle dat n ondersoek die persoon van sy haat gaan genees en sy hart lelie wit maak? Nee net die teen deel gaan gebeur, hy gaan nou meer versigtig wees wat en waar hy sy wense gaan uitspreek en teenoor wie.

Een dag gaan n persoon soos hierdie daad by woord voeg en al die klaers gaan vra, nou hoekom het ons dit nie gesien kom nie. Die rede, ons het hom, hulle ondergronds gedwing waar ons geen ore het nie.

Los hulle sodat hulle vir ons kan vertel wat hulle op die hart het, hierdie is amunisie wat vir ons goud kan werd wees maar ons wil dit nie he nie.

Dink mooi.

Karen van Zyl ·

As hulle nie hul eie skole afgebrand het in protes aksies nie sou daar plek gewees vir hul kinders, maar nou vir hulle ‘n boere kind skiet – dood? Askies? Dit is ‘n dreigement en versoek om ‘n boerekind dood te maak, sy behoort in die tronk!

Pierre ·

Die is ook defnitief nie ‘n vals FB inskrywing nie, aangesien dit ek was wat die screenshot van sy inskrywing gedoen het, en begin versprei het. Maar ek glo NIKS sal met hom gebeur nie. Daar is mos 2 stelle reels….

Pop ·

Die haat in hierdie land drup elke dag van elke medium af. Lees die kommentaar van mense. Almal haat ewe veel. Niemand in die regering begin n platform om al die haat te stop nie. Dit word eerder aangeblaas, erger en erger tot ons monde al voel of dit gal drup. Oral in die wereld is daar rassehaat. Maar nerens mag mense dit so uitleef soos hier nie. Die wreedheid en walglike dinge teenoor n ander nasie is waarmee ons kinders deesdae grootword. En ja, as jy kinders het en dis moontlik, dan moet jy ander land toe vlug. Ter wille van jou kind. Want ander lande het wette wat werk.

Sterretjie ·

Hyt bietjie te ver gegaan…….moet vasgevat word!!!!

Theresa ·

Seker wel. Skat daar word elke sypad ook gebruik om houtitems te maak en uit te stal al oor die koppie, tot genoeg is om agter te bly. Betaal niks, lekker lêplek vir deur die dag en saans – wie weet? Heerlik in hierdie sonnige S A. Mense wat hul sterte afwerk om al die wetgewing na te kom en als te betaal om binne wet te bly, word blootgestel aan die vieslikheid van elke sypad langs paaie met snert wat te koop aangebied word. Geen opbouende positiewe manier van doen nie. Rotte nou in omgewings waar daar nie peste was nie. vullis oral gestrooi, want shame, daar is blykbaar nou nog in 2018 nie mense wat weet mens strooi nie rommel nie.

Vermeende ·

Jakoba mieskien moet jy jou emosies een kant skuif want hierdie is nie n tit for tat game nie, mense bloei en word omkant gevang.
Maar dink jy eerder mooi, is daar enige bewyse om die teendeel te bewys mmmmmmm??

Blits ·

@Vervreemde. Ek stem saam, vat bietjie tyd af en gaan dink jy n bietjie mooi, jou redinasie is ongegrond, hulle haat is klaar so diep dit kan nie dieper gaan nie, hy het in n mate klaar daad by die woord gevoeg deur openlik ons te dreig.

As dit jou idee is dan is jy “VERVREEMDE” van die realiteit en moet bietjie begin dink.

Ons mense word al lankal uitgemoor deur ander wat n indruk wil maak as ge volg van mense soos die knaap wat die aanhits werk doen, die kans dat hy fisies self die daad gaan doen is baie skraal omdat hulle net optree in groepe, so hoe meer mense hy met sy nalatige uitlaatings kan beinvloed hoe beter.

Jy se Jacoba moet haar emosies op skuif omdat dit nie n tit for tat game is nie omdat mense her bloei??? dankie tog dis die enigste ding wat jy gesê het wat die waarheid is.
Maar moet sê ons mense bloei al van 1994 af waar die aanvalle en openlike haat teenoor ons al geuiter is

Haan ·

Die skrif is aan die muur. Ons moet sorg dat ons saak met die Here reg is

LMF ·

Het jul mooi na die location gekyk na die plek name daarop gekyk maar hul kan seke nie in Afr lees nie hul moes daar gaan bohaai opskop het en nie by die skool nie Kom ons kyk of MM die kommetaar van my gaan plaas

Elize Colton ·

Die skrif is beslis aan die muur.
Ons kan net bid vir ons land en sy mense vir vrede en reën.
Dit is hoekom die Here ons so straf om terug te keer na Hom toe.

Marthinus Willemse ·

Die probleem met ons wittes, veral mense soos “Vermeemde”, is dat ons alles logies wil benader. Dit moet logies en streng wetlik korrek wees. Die aanslag teen ons is grootliks sielkundig. Sielkundige oorlogvoering het niks met logika, of die waarheid, of wat reg of verkeerd is, te doen nie, maar eerder met persepsies en emosies. Die ANC het ons met sielkundige oorlogvoering verslaan in 1994, want ons wittes het ons te slim, te logies, te korrek, beskou. Is ons sielkundig reg vir die volgende aanslag?

Pop ·

Elize eks jammer maar die Here wat ek aanbid straf nie mense deur hulle te laat vermoor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.