Hoërskool Overvaal se deure Donderdag gesluit

Skokgranate is op 17 Januarie buite Hoërskool Overvaal in Vereeniging afgevuur nadat betogers en polisiebeamptes slaags geraak het. Foto: ANA

Die Hoërskool Overvaal in Vereeniging se deure is Donderdag vir alle leerders gesluit en verskeie betogings word by die skool verwag.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het glo toestemming gegee dat die skool Donderdag gesluit mag wees. Die skool sal Vrydag sy normale bedrywighede hervat.

Verskeie vakbonde en politieke organisasies het aangedui dat hulle na die skool gaan opruk nadat die hooggeregshof in Pretoria beslis het dat die skool nie 55 Engelssprekende leerders hoef in te neem nie.

Die South Students Congress (Sasco) in Gauteng het aangedui dat hulle na die skool gaan opruk. “Alles is gereed vir die optog na Hoërskool Overvaal in Vereeniging eerskomende Donderdag. Cosas en Sadtu sal ons lei wanneer ons die oorblyfsels van apartheid konfronteer,” het die organisasie gesê.

Die onderwysersvakbond Sadou het aangedui dat die betoging om 09:00 sal plaasvind. “Kom ons sluit die rassistiese Hoërskool Overvaal!” lui ʼn plakkaat wat die vakbond versprei het.

Motshekga het Maandag alle protesoptogte verbied, maar die vakbonde het aangedui dat hulle nie daarop gaan ag slaan nie.

Lees alle vorige berigte oor Hoërskool Overvaal op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Blommetjie ·

Haai weet jy…. Wanneer gaan hulle ophou. Weet hulle dan nie dat daar wel swart kinders in daai skool is nie? Geen rassisme of apartheid nie

Andre ·

So as ‘n hofuitspraak nie na hul sin is nie, betoog hulle en maak amok. Lekker probleme wat die blankes in die gesig staar veral as mens kyk na die howe se houding in o.a. die KFC geval en die manne van die doodskis. Sal “fiasko” die regte woord wees om te gebruik? Amper vergeet ek 67% van die blankes het hiervoor gestem.

Ray ·

Shame Andre jy is seker in die ander 33 % miskien moet jy immigreer en ophou Maroela lees. Of dalk sal jy eendag besluit dat dit wat aan die gang is kom neer op uitbuiting vir goedkoop Politiek enigste manier om die populere stem te kry is om teen als te staan. As die regering vd dag actually net opstaan en orde kry sal dit help. Maar ek glo hulle is besig om wel dit agter te kom. Probleem is hulle kan nie net wild gaan nie so hulle moet versigtig probeer werk om die probleme. Intussen is jy welkom om enigiemand te blameer. Selfs die ref wat blaas by die rugby.

Kobus Viljoen ·

Ja Andre, jy klink soos een van die 67%. Moenie omgee nie, hulle sal dit regstel. lewer jy maar net kommentaar.

Sê wie ·

Andre, die wat in 1994 gestem het het nie vir betogings en moord ens gestem nie. Daar is gestem om alle mense in SA ‘n kans te gun om in ‘n Nuwe SA te woon. Die wat so betoog en moor en afbreek is in die meerderheid die wat na 1994 gebore is en nie weet waaroor die “struggle” eintlik gegaan het nie

Hendrik ·

Ray die regering van die dag gaan ‘actually ‘ niks verander nie. Ek stem saam met jou dat dit gaan niks help om oor die 63% te praat nie maar dit van onsself gaan afhang hoe suksesvol ons skole gaan wees in die toekoms.

Vraagteken ·

Chris, wat dink jy sou gebeur het indien FW-hulle nie ‘n einde tot dit gesit het nie? ‘n Burgeroorlog? Iets om oor te dink – dis baie moeilik om ‘n oorlog te wen as daar ‘n 1 tot 10 getalgrootte verhouding tussen 2 opponente is.

Lukas de Winnaar ·

Waar is afriform nou hoekom gaan hulle nie hof toe om alles te stop nie

Johannes ·

AfriForum? Toemaar ek’s seker hulle gaan binnekort nog ‘n petisie opstel….

Nakkie ·

Afriforum is daar…gaan kyk bietjie op hul blad, hulle het mense wat die ouers en kinders beskerm en gehelp het met die skoonmaakaksie. Nog iets wat julle wil hê hulle moet doen?

Sarel se boetie ·

Waar is jy Lucas? Waarom vat jy nie Afriforum se hand (wat bestaan uit gewone mense soos ek en jy) en gaan help nie?

Dankie tog daar is ‘n Afriforum. Anders was daar niemand om na Lucas et al se gekerm te luister nie

Erick ·

Waar is ons weerstandsbewegings? As ons geen veg oor het nie kan ons mos nie kla as jong mense die land verlaat nie.

WieJan ·

Ek motiveer my kinders daagliks om hul agterente af te leer sodat hulle na skool die land moet verlaat om buite te swot. Ek het nie geld om hulle te kan vat voor hulle uit die skool is nie en ek glo God sal hulle bewaar voor dan.

johan II ·

Eks met jou WieJan…hulle moet maar gaan, ek sal alleen hier doodgaan.

Johannes ·

Eric, dit is PRESIES wat ek ook vra – wanneer gaan ons Boere rug styf maak en WEERSTAND bied?

Nee wat, ons sluit eerder die skool en bly by die huis… daar IS nie hoop nie!

Jacques venter ·

SADOU beter bekend as SADTU, het groot skade aan tradisionele swart skole aangerig. Nou is hulle visier op Overvaal

Elise ·

Hoop nie hul vang more marakas aan by die skool en steek hom aan die brand nie. Enige iets is moontlik met die betogers.

Asseblieftog ·

Die dag wanneer jy jou eie ondergang bewerk of afbrand dàń is jý Verlore vir jou eíe toekoms defnitief nié myne, want my voortbestaan hang DANK DIE HEMELVADER NIE AF VAN betogertjies nie.

Freud ·

Van wanneer af is dit rassisties om ñ Afrikaanse skool te hê of by te woon. Is dit ook rassisties om Afrikaans te praat? Ek wil net seker maak of ek omwetend ñ rassis is want ek het my skool loopbaan in n Afrikaanse skool begin en geëindig en alhoewel ek vier tale magtig is verkies ek om Afrikaans te praat.

Attie ·

wonder wat sal gebeur as hulle die skool afbrand, Gaan die leerlinge plek kry by ander skole in afrikaans

Adri ·

Stem saam soveel tale ben jy magtig soveel male ben jy man!!!!

Pieter ·

Dit is n skande en niemand rep n woord oor die feit dat swart volwassenes n klomp skoolkinders terroriseer nie dit is Rassisme.

Johann Marx ·

Brand hom af. Dan kan daardie 1000+ Afrikaanse leerders by die naburige Engelse skole ingeneem word, en Lesufi sal klaskamers, onderwysers, boeke en als wat nodig is, voorsien om daardie Engelse skole ook “dubbel medium” te maak……….en dan is die 55 mos tussen die wit Afrikaanses??

Louis ·

Ons spandeer soveel tyd om ander sienings te beveg, dit maak mens innerlik ongelukkig dat jy altyd moet veg vir dit wat jy of andere daar gestel het. Ouers en toekomstige ouers as julle voel jul wil aanbeweeg , daar is CVO skole waar daar n behoorlikke sisteem in plek is en waar daar n kultuur nagestreef word van selfrespek.

Johannes ·

Louis, ek stem nogal saam met jou hoor. Miskien is dit glad nie so sleg dat elke Afrikaanse staatskool verwoes word nie… miskien dan sal ons ogies oopgaan en ons bou aan die CVO skole?

Karen van Zyl ·

Mooi, die skool het skaars begin, eksamens is om die draai?

Del ·

Ek hoop maar van harte dat daar beskermers van die skool ook teenwoordig sal wees. Mense wat sal verhoed dat hulle die skool afbreek. Want nou dat die kinders nie daar is nie, is dit presies wat hulle be-oog. Dan moet daar maar geweld wees. Ons bid vir leiding.

Elvira ·

En so sal dit aangaan hofbevel of te nie. Maak en breek soos hulle wil.

Disselboom ·

Daar word toenemend in die kommentare na CVO-skole verwys, met goeie rede. Tog kom daar nie veel reaksie daarop nie. Ook is daar nie verwysing na ICO-skole nie. Mens moet seker naby aan onderwyssake staan om meer hiervan te verstaan, maar die afleiding is dat daar nie regtig ernstig gepraat, gedink en geredeneer word oor alternatiewe nie – daar is maar ‘n staatsverslaafde soort afwagting dat Solidariteit as ‘n soort alternatiewe “staatsinstelling” ‘n haas uit die hoed moet pluk. As die gemeenskap regtig ernstig was, as daar nog ‘n Afrikanervolk is wat pit het, sou daar mos baie meer gesprek – indien nie aksie ook nie – oor CVO-skole en soortgelyke instellings gewees het terwyl die opbouende aksie teen die Afrikaanse openbare skole opbou?

anti cvo ·

as staatskole onbekostigbaar duur is, hoe dink jy gaan Afrikaners cvo sko!e bekostig? noem met jou gratis advertensie vir cvo skole ook dat hulle gemiddels 80%+ duurder as staatskole is. hulle vertel jou ook reguit dat hulle nie beurse gee nie.

Disselboom ·

@anti cvo – die punt is nie om vir of teen CVO-skole te wees nie. Disselboom het sy eie menings daaroor wat jou dalk sal verbaas. Die punt is dat daar nie gesprek oor CVO-skole en ander opsies is om die opsies en alternatiewe deur debat (en nie net wilde stellings nie) te bespreek, oorweeg en uit te pluis. Disselboom ploeg dalk hier met iets wat hy by iemand anders gelees het, maar die gebrek aan debat oor Afrikaanse onderwys is ‘n probleem wat oorkom moet word om by oplossings uit te kom.

Irene ·

Ons wil kommentaar lewer hoop julle gaan almal saamstaan as dit moet en nie weghol nie ons gaan beslis moeilikheid verwag waarvoor is daar howe nou doen niemand iets nie

AmY ·

Een van die dae gaan dit rassisties wees on Afrikaans te praat. Wag en sien. Ek was jare geledel by die werk ‘n rassis genoem omdat ek Afrikaans gepraat het…

Johan ·

Amal is gelyk volgens die (nuwe suid afrika) nou waarom is die engelse skole nie ook nou al amal n dubble meduim skool nie

anton ·

Net weer n bewys dat ons nie kan saamstaan nie want kyk hoe haal party mense vir Andre uit omrede hy net die waarheid praat!!!

Lolla ·

…en ons staan en kyk. Ek hoop bid en wens dat die polissie ons en ons bietjie wat oor is besittings kan beskerm. Ek hoop die polisie arresteer die eerste een wat n klip optel, of n boksie “lion matches” uit haal…. Sodra die eerste rubber band gegooi word om te brand, hoop ek die polisie spring daadwerklik in. Dit moet angswekkend wees vir die residensiele mense en troeteldiere wat reg oorkant die skool woonagtig is?!

Marius ·

Hulle sal seker Vrydag weer daar wees dit gaan oor die wit kinders en die Afrikaans nie die skool hoekom daar rondspring as niemand daar is hulle wil die kinders intimmideer en die onderwysers.

Vermeende ·

Ray, jy kan maar jou tassies pak, dit is julle wat hiervoor gestem het, julle 66% het julle sin gekry en nou wil julle huil want dit is tog nie wat julle voor gestem het nie, kry dit tog net in jou kop, jy bly in Afrika waar demokrasie net n woord is om die weste te paai. Jy kan moontlik die beloftes onthou van eie skoole en buurtes en ongekende vrede, wys dit tog uit waar die wel gebeur het en ek sal bes gee maar tot dan, aanvaar tog net dat jy jou geld op n donkie verwet het. Kyk net om jou rond, dit is Afrika demokrasie, gevul met moord, korrupsie en verval net waar jy kyk. Dit is wat 33% teen gewaarsku het en nie wou gehad het nie, 66% was die wen stem maar nie noodwendig die wil van daai 66% stemmers nie want geen mens by sy volle verstand wil SA sien soos hy nou lyk en daarvoor stem nie.

Ray ·

Vermeende, ek neem kennis van jou antwoord, baie dankie. Net paar punte.

Ek na nie verstaan hoekom jy vir my se ek moet my tassies pak as ek nie die een is wat kla oor die land nie. Om die waarheid te se ek is bereid om hier te wees en e veg vir die regte van Afrikaners in die land, die geween op Maroela maak my moeg want al wat hier aangaan is die 33% wat alal op die kantlyn staan en bla bla bla. O wee ons arme land. Kom ons huil saam en blameer die mense wat opstaan en iets wil doen want dan kan ons kritiseer. Of sit jy ook en wag vir die huis wat die regering belowe het. Klim bietjie van die referendum perdjie af, staan op en doen iets. Wees maar versigtig ook om vir mense te se hulle is nie by hulle volle verstand nie. Miskien het jy net een deel vd prentjie te siene gekry.

Maar, soos ek se om op die kantlyn te sit en beskluldigings uit te deel is ook deel van ‘n kultuur. Onthou net jou werklike krag is nie in hoeveel keer jy platgeslaan is nie, maar wel in hoeveel keer jy opstaan. Klink my die 33% is lus om te bly le soos dit hier gaan.

Ek deel nie met ander problem as jy nie, my problem is dieselfde as joune. Ek huil net nie aanhoudend daaroor nie.

CE ·

Afriforum is daar vandat die moeilikheid by skool begin het. Hulle staan elke dag die personeel en kinders by. Kry jou inligting reg Mnr.
O ja en wil net graag vra wat doen julle twee menere om ‘n verskil te maak? Ten minste doen AfriForum iets.

Afr Spanjaard ·

Die arme Afrikaanse nasie van ons sal ook nooit kan saamstaan nie. As ek die poste hier bo lees besef ek weereens waarom die “meerderheid” vandag in beheer is van SA en ons ‘n minderheid is wat nie kan saamwerk nie. Dit verswak ons posisie nog verder, ai tog, so hartseer ! Dit is een van die redes waarom so baie Suid Afrikaners oorsee “gevlug” het. Ek is baie lief vir my mense en land maar wat nou in SA gebeur is total en al onaanvaarbaar. Ek woon nou in Europa, waar ek ten minste deel van ‘n meerderheid is. Lekker rustig hier met minimal misdaad en ‘n beter toekoms. Hoop en bid maar vir SA se toekoms.

@ SPANJAARD ·

Ai hoekom het jy self nie gebly en probeer SAAMWERK nie. Vreemd hoe mense in ander lande wat uit SA gevlug het altyd die MEESTE kritiek op die AFrikaner het, maar self het hulle nie kans gesien om te bly en SAAM Te staan nie? Soos jy nie kon SAAMSTAAN nie, so staan die ander Afrikaners ook nie saam nie, jy kan GLAD NIE judge nie.

Grootoog ·

Deur van SA na Spanje te verhuis, het jy die gemiddelde IK van beide lane verhoog.
Dankie daarvoor.

Penellope Jones ·

IHierdie skool is die heerlikste politieke stok wat hulle in die hande gekry het en nou oor en oor sal gebruik om te teister.

jackie ·

Daar was genoeg plek vir Almal in die skole maar nee toe moes die skole mos afgebrand word

Andre ·

Julle “veg” so onder mekaar ek dink julle het al vergeet teen wie julle eintlik wil “veg”.

Del ·

Ek hoor nou daar is ook skool kinders oppad om aan die optog deel te neem. Natuurlik is dit belangriker as om in ‘n klas te sit en iets vir die samelewing te beteken. Klipgooi is mos ook ‘n vak. Sterkte aan almal wat daadwerklik iets omtrent die situasie doen, eerder as om te sit en kla.

JC ·

Staan sterk Valies, die ganse Afrikanerdom staan by julle!

Saam staan? #OnthouSwartVrydag! #OnthouMajuba!

Johan Neuteman ·

@JC – dis dalk maar nie ‘n goeie ding dat skole politieke speelballe word nie. Ek voel maar net so dat ons nie oorlogskrete en so aan moet skree as dit by skole kom nie. Wat dink ander mense?

Nita ·

Andre..stem saam!!ons veg teenmekaar en nie saam mekaar..as bure kla oor n hond wat blaf..dan groet hy jou nooit weer..ek dien mos bly in meenthuis kompleks..swart mense kan jy gaan sê aan mamma moet nie dat kinders tussen karre speel.. môre groet hul jou..ons is ons eie ondergang!!!vra ek ook hoekom moes kinders by skool bly vandag se nou hul kom môre terug of volgende week..moennie wys ons is bang!!

Kwaad ·

Die arme leerlinge het hulle niks gedoen nie….hulle wil leer en skoolgaan. Dit hou ook nie op nie. Nee nee neeee !!!!!

Werner ·

Vraagteken daar sou baie minder van ons in n burger oorlog gesterf het in 1994 want ons het vd beste veiligheidsmagte in die wêreld gehaad as wat wel gesterf het in jou 24 jaar van vrede dit sluit wit en swart in

Nel ·

Waar’s die nuwe kroon prins van die ANC? – Hier’s nou vir Ramaphosa ‘n gulde geleentheid om te wys wat in hom steek.

Miekie ·

My broer se kinders het hulle self goed gekwalifiseer en hulle alles ingesit om beurse te kry. Toe hulle klaar geswot het , doen die eerste een met sy aktuaris graad cum geslaag aansoek vir ‘n pos net om te hoor hy is “too male en too pale”
Drie maande vir al sy dokumente gewag en was toe intussen toerleier en ‘n kelder.
Hy sit nou in Engeland met ‘n internasionale graad en het ‘n goeie posisie met goeie salaris.
So gaan al ons geleerde mense oorsee en hulle families bly agter

Vermeende ·

Die nuutste nuus daar is dat die ouer garde vreedsaam uiteen gaan maar dat hulle vervang word met die jonger generasie wat met buste aangery word en openlik staan en drink, hulle breek glo op in kleiner groepies en raak nou weg tussen die huise.

Hierdie is alles tweedehandse inligting.

Ray as jy voel soos ek en glo soos ek dan bied ek jou my verskoning aan.

Sarel se boetie ·

Die probleem waarmee die EFF sit, is hulle is heel van die tafel afgevee met Cyril se verkiesing. Die EFF soek iets om relevant te bly. Witmense, oftewel Afrikaans, is ‘n lekker teiken.

Intussen maak die EFF en ander “belanghebbendes” dit duidelik dat hulle geen plan, visie, of enigsins iets kan bied om te bou nie. Hoe bou jy ‘n nasie? Jy gaan soek vir andere wat wil help bou.

Henry ·

Ons mense sal maar nou nooit iets leer uit die verlede. Met die referendum was dit ook al bewys ons glo alles wat politici vir ons se. Nou met die da weer dieselfde. Ons sal moet oorgaan in n tipe aksie dit is al. Nie te se geweld nie maar ons kan begin om ons belasting geld te weerhou maar dan moet almal. Ons het te gewoond geraak aan ons ou aardsbesittings. Ons sal tot ons geloof ook prys gee daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.