Hoërskool Stilfontein swig nie voor betogers

Werksaamhede van die Hoërskool Stilfontein het aan die begin van die jaar tot stilstand gekom weens ’n betoging oor leerders wat gedruip het. Foto: Facebook

Die situasie by die Hoërskool Stilfontein in Noordwes is weer kalm nadat ouers en inwoners aan die begin van die nuwe skooljaar buite die skool betoog het omdat sekere leerders gedruip het.

Die druipelinge en hul ondersteuners het daarop aangedring dat hulle oorgeplaas word na matriek en vanjaar hul skoolloopbaan klaarmaak. Hulle wou ook gehad het dat die skoolhoof bedank, die beheerliggaam ontbind en detensie afgeskaf word.

“Ons het nie toegegee aan hul eise nie,” het Vhusani Mphigalale, voorsitter van die skool se beheerliggaam, Maandagoggend aan Maroela Media gesê. “Alles is nog rustig by die skool.”

Noordwes se onderwysdepartement het talle vergaderings met die skool en ander rolspelers gehou en ʼn ondersoek van stapel gestuur, soos deur toepaslike wetgewing bepaal word. Gr. 11-vraestelle is ook op die oproermakers se aandrang hernagesien.

“Die hele proses het vlot verloop,” sê Mphigalale, “maar geen leerders is weens die hernasienery bevorder nie. Diegene wat nie geslaag het nie, moet weer gr. 11 doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

One ·

Hoe op aarde kan mense nog druip… 30%…en jy druip nogsteeds?! pateties.

JohanL ·

One, jy sal verbaas wees hoeveel laerskoolkinders doen NIKS nie. Dan kom die Onderwys Dept en beveel die skool om iets te doen, sodat die kind nie moet druip nie. Weet nie of dieselfde dinge op hoerskoolvlak gebeur nie?

So kortom om jou vraag te antwoord : “Maklik – doen net niks nie – of bitter min”. Ek weet dit is nie binne ons denkraamwerk nie.

Nettie ·

Tydens dekking op eNews, het een meisie haar skoolrapport gewys – 22% vir Engels gekry. TWEE-EN-TWINTIG PERSENT!!!! En sy het verwag om deurgesit te word na matriek toe. En volgende jaar, sal sy verwag om matriek te slaag én universiteitsvrystelling te kry én NSFAS-studiegeld te kry ……

Was dit ek, het ek maar eerder daardie rapport vir toiletpapier gebruik, so skaam was ek!

Anni ·

Vat so katvis! Dis tyd dat daar stelling ingeneem word teen diegene wat altyd net wil kom “demand” en wil he alles moet op ‘n goue skinkbord vir hulle gegee word, en as dinge nie volgens hulle wil verloop nie, dan moet mense nou afgedank word en plekke word geplunder en gebrand. Reg is reg, en verkeerd is verkeerd, en JULLE WAS VERKEERD EN DIE SKOOL WAS REG.

Hou op “demand”, trek vinger en werk vir dit wat jy wil he. Maar ongelukkig is dit ‘n “foreign” term vir meeste van vandag se mense.

wielie ·

Laat hierdie skool n voorbeeld wees vir AL DIE SKOLE in SA!
Well done …………………… sterk staan !!

Peet Schabort ·

Die belangrikste is wat sê die DA? Daar is mos by Schweizer standpunt ingeneem . . .

Tina ·

Skole moet passop dat hulle druipelinge nie die skole begin afbrand nie. Rookalarms en kameras opsit vroegtydig.

Derick ·

Great. Wil tog voorstel dat hulle toegee aan een “demand”. Skaf detensie af en vervang met die rottang. Slaagsyfer sal aansienlik styg.

Maljan ·

Het die skool, asook die laerskool die SAPD by die mrk aangekla omdat hulle die leerlinge se lewe in gevaae gestel en in gevaar gehou het met hulle weiering om die staking op te breek, stakers uit die skool terrein te verwyder en omdat hulle die sekuriteitswagte gedwing het om die stakers daar toe te laat? Indien nie, moet die ouers dit doen.

Niklaas ·

Merkwaardig hoe stil die DA te midde van dit alles is. Hul leier Maimane boesem geen vertroue in en dis die eerste keer in jare dat ek nie sal stem vir DA. Die skool se beheerliggaam het korrek opgetree deur sterk te staan onder druk. As skolier wil slaag moet dit geskied met n bietjie harde werk !

CW ·

Dankie, nog een het ontwaak, wonder net vir wie gaan jy en die ander “ontnugterde” da stemers nou stem. Moenie skaam wees, VF+ hou by sy beleid en doen iets vir minderhede

bgj van der westhuizen ·

ja daar om is daar kinders wat skool klaar maak wat nie behoorlik kan skryf en lees nie want is net altyd deur gesit

alida ·

Dit is baie baie goeie nuus dat die skool nie swig voor hierdie klomp leegleers nie. Hulle wil mos skoolgaan maar skoolgaan beteken LEER en kom deur. Jy betoog nie as jy gedop het nie. Dit is al hoe hulle maniere sal leer en verstaan hoe skole en universiteite werk.

Johann Strydom ·

Wonder waar is mnr.Lesend of lib of wat ook al nou?
O,ekt vegeet hy moes ook seker deurgesit word.
Hy “stirr” net lekker op di komentaar
Seker met di hoop iemand raak iets verkeerd kwyt dat hy can “demand”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.