Hoërskoolleerder geskors oor ‘k-woord’

Die Pietermaritzburg Girls’ High School. Foto: http://www.ghspmb.co.za/

ʼn Leerder van ʼn bekende meisieskool in KwaZulu-Natal is geskors nadat sy na bewering die k-woord in ʼn selfoonstemboodskap gebruik het.

Kwazi Mthethwa, woordvoerder van die provinsiale LUR vir onderwys, het aan Maroela Media bevestig die leerder van Pietermaritzburg Girls’ High School is Dinsdag geskors. Hy wou egter nie mediaberigte bevestig dat die leerder in gr. 11 is nie. “Ons ondersoek na die saak sal al hierdie besonderhede aan die lig bring,” het hy gesê.

Die leerder het glo op ʼn stemboodskap ʼn groep meisies by die skool die k-woord toegesnou omdat hulle nie haar naam korrek kon uitspreek nie. Die stemboodskap is wyd op sosiale media versprei en het sodoende onder die owerhede se aandag gekom.

Mthethwa het gesê die departement het besluit om die leerder te skors hangende die uitkoms van ʼn ondersoek na die voorval. Afhangend van die bevindinge van die ondersoek sal daar besluit word of die leerder dissiplinêr verhoor sal word. “Ons wil nie die ondersoek benadeel deur dit onnodig aan te jaag nie. Dit word as ʼn dringende saak hanteer, maar dit is nie moontlik om nou te sê wanneer die bevindinge beskikbaar sal wees nie. Die ondersoekverslag sal so gou as moontlik afgehandel word,” het hy gesê.

Mthethwa het gesê die departement sal later ʼn volledige verklaring oor die saak uitreik.

Die Pietermaritzburg Girls’ High School het intussen in ʼn verklaring gesê hy kan nie die identiteit van die leerder bekendmaak nie, aangesien sy minderjarig is. Volgens die skool het ʼn beampte van die departement en die voorsitter van die skool se beheerliggaam die leerders Maandag toegespreek en verduidelik watter stappe gedoen sal word. “Al die korrekte prosedures en dissiplinêre optrede word gevolg,” lui die verklaring.

“Die beheerliggaam van die skool wil dit duidelik stel dat die skool geen rassisme van enige aard duld nie. Ons bevorder uitdruklik menswaardigheid en gelykheid. Ons veroordeel ten sterkste die rassistiese taalgebruik in die stemboodskap wat versprei word. Ons is besig om in samewerking met die provinsiale onderwysdepartement die saak met die dringendheid en belangrikheid te hanteer wat dit verdien.”

Die voorval is intussen wyd op sosiale media veroordeel en daar is selfs ʼn petisie opgestel teen rassisme by die skool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

LL ·

Ja, regtig…whatever!!!!! Dan soek ons skorsing uit ons land vir almal wat nie hier hoort ook nie!!!

Es ·

Die woord is van Arabiese herkoms en beteken ongelowige. Dit het onaangename herinneringe vir mense.

jaco ·

nogal uit n Engelse skool. Die engelse in SA het hulle dan al die jare van apartheid so geroem op hulle nie-rassigheid…

Chameleon ·

Ja o hel hulle het so ingekruip al die jare. Altyd politiek korrek probeer wees en saamwerk en maats maak .. nou sien hulle net soos Helen Zille hoe GOED werk dit nou vir hulle.

jan van riebeeck ·

mmmh nie die engelse in my omgewing nie , seker omdat so baie van hulle uit rhodesie kom
hulle noem n graaf n graaf

dirk ·

Goodness jaco… if we’re the epitome (look it up) of the non-racial populous, then you are proving to be the exact opposite….. dare I generalize as you have and say, all Afrikaners? Luckily I have more tact than that.

Ronel ·

Dis deesdae erger om die k-woord te gebruik as om moord te pleeg! Hou op issues maak van nonsens dan sal dit met almal beter gaan!

Ronell ·

Naamgenoot, ek stem saam. Dis in elk geval almal wat agter die deur staan met dieselfde soort diskriminasie wie die grootste lawaai maak.

Vic ·

Wonder of dit wettig is om n kind verantwoordelik te hou vir oortreding soos die?

not in wonderland ·

As sy in Graad 11 is ja, dan is sy toerekeningsvatbaar.

Lize ·

Panyaza Lesufi is seker spyt dit het nie in die Gauteng gebeur nie, anders het hy nou al sy engins ge-ref oppad na die skool toe.

m ·

Ag hoe pateties. Hierdie land het groter probleme. Hou tog op om so minderwaardig te voel…

Ander Annie ·

Dit is in elk geval ‘n goor woord en onnodig. Dit is jammer dat die dogter dit doen. Name en vanne is soms moeilik om uit te spreek. My getroude van is moeilik om uit te spreek en ek lag maar net elke keer. Ek sukkel self soms met van die name en vanne, maar dan vra ek beleef hoe om dit uit te spreek. Meeste van die tyd word ek mooi gehelp. Respek kweek respek.

Nico ·

Ai die sensitiwiteit tog. Minderwaardigheidskompleks se moses. Get ‘n life! Wat van kill se farmer kill the boer op t- hemde? Waarom kry dit nie voorbladnuus nie? Gaan nou weer heeltemal die h.. uit die hoender ruk. Patete man patete.

Boontjie ·

En dan spreek hulle dit nog verkeerd uit ook.
Ek dink dis tyd dat die b-woord ook in SA verban word.
Maar dan weer, ek is nie skaam vir wat ek is nie. Die moord gedagtes agter uitsprake moet eerder aangespreek word as die woorde gebrui.

Maryn van wyk ·

Die land bloei en mense is so petty. Noem my wat jy wil…ons word ook snaakse name agter ons rug genoem. Boere word daagliks vermoor asof dit net nog n vlieg is. Word nie veel in media gese……..hoe siek die vreeeeeslike menseregte.

fanie ·

Daar is meer Belanger dinge wat misgekyk word rasisme kom nie nou van ons blankes af nie daar word nou teen die blanke gediskrimineer (dit is n belaglike argument) Dit gaan net oor sy blank is

Andile ·

Hi Ander Annie, Jy het vergeet om te noem dat ons darem nog rugby en krieket het, so wie kan dan nou kla.

Jaco ·

Hoe lank gaan dit nog neem voordat alle mense in ons land beskaaf en opgevoed gaan wees. ‘n Skoolkind behoort nie eers daardie woord te ken nie. Waar hoor sy dit? By haar ouers? Geen mens doen sy kind ‘n guns om hom/haar so groot te maak nie. Dit dra ook nie by tot vrede, voorspoed en geluk in ons land nie. Dis hoog tyd dat ons almal respek vir mekaar het en soos beskaafde mense leef.

Dissie ·

Jong Jaco, ek stem nie hiermee saam nie… Ek vloek glad nie in my huis nie – ook nie die mense waarmee ons meng nie, maar tog het ek verlede week agter gekom dat my 9 jarige weet dat ‘n sekere vreeslike vloekwoord ‘n vloekwoord is…

williewetie ·

ai Ander Annie ek hoop jy gaan ook so tekere wanneer ons boervrouens verkrag en gemoor word sonder dat ñ haan daarna kraai nie! Sal eerder niks meer sê nie!

Ander Annie ·

Ja williewetie, ek doen. Moord, verkragting en marteling van ons boere, is totaal onaanvaarbaar. Ek kom uit ‘n boere familie.

Ander Annie ·

So terloops williewetie, dit is alles behalwe “tekere gaan”. Dit is bloot ‘n ervaring wat ek deel.

Erik ·

As ek reg onthou, was daar gevalle (nie spesifiek by die genoemde skool nie) waar kinders ander kinders – en onderwysers – geboelie en aangerand het maar nie geskors is nie. Die onderwys departemente het dan baie redes hoekom dit nie gedoen mag word nie. Die “wie het dit gedoen, en teenoor wie” is belangriker vir hulle as “wat is gedoen”.

Gerrie ·

AS dit in engels was hoekom noem hulle die k woord as dit in engels met n C begin verstaan glad nie,Ek is so moeg vir die woord K wat hulle gebruik

Theresa ·

Ja. Kaas? Kanker? Kolf? Kastreer? Konkel! Kafoefel? Karnuffel so gaan dit aan…
Ek sou ek dink mens moenie so ‘n groot CHIP op die skouer hê oor ‘n woord nie.
Daar moet baie meer gefokus word op die werklike misdade wat gemaklik daagliks gepleeg word.

buks ·

Ek is seker daar is in baie duisende skole oor die land wat se leerkragte en leerders net kaas is en daar is geen rassehaat nie geen haatspraak nie geen beledigings nie, nou wonder ek hoekom. En nou raak die wee kinders wat n bedreigde spesie raak in tradisionele wee skole verstreerd. Ons kinders het geen plek om stoom af te blaas nie en niemand vat meer hulle kand nie. Ek is seker dat meenigte van die wee kinders in daardie skool se kagtes oor ander rasse se gedrag teenoor hulle op dowe ore val.

wiegeeom nieeknie ·

Ek dring daarop aan dat die Minister van Onderwys asook die sg. Staatspresident onmiddelik hierdie skool besoek in sy swart BMW of Range Rover ! (hoe anders gaan hulle die dag omkry) – hierdie is seer sekerlik die ergste geval van burgerlike ongehoorsaamheid wat die land nog beleef het – sluit haar toe en gooi die sleutels weg. As dit maar net was ?

Ai ·

Vir die persoon wat so verbaas was oor die feit dat dit n Engelse skool was… Ek is glad nie. Gaan kyk waar kom die woord vandaan. Engelse slawe handelaars het dit by die Arabiere opgetel, min wetend dat dit eintlik op enige nie-moslem tot betrekking is (niks met velkleur te doen nie). Nou ja, wat het ons paar arm Hugenoot voorouers van dit geweet… Niks totdat die Engelse hier opgedaag het nie. Daar is mense wat kwansuis die Portuguese blameer. Ek twyfel oor dit want die Engelse soldate het daai woord gebruik gedurende die Anglo Boere oorlog.

Maak in elk geval nie saak nie, als is Jan Van Riebeeck se skuld.

Mossie ·

K k k k an n man dan nie meer groter visse vang kkkk an n man dan nie

SN ·

Het dit in skool tyd gebeur? Die skool kan mos nie inmeng met gebeure na skool nie, kan hulle?

Koos ·

Moet alle woordeboeke nou verbrand word, want die woord se betekenis word duidelik daarin
geillistreer. Selfde met die woord Boer.

al ·

Wanneer word Zuma geskors? Het hy nie ñ erger oortreding begaan nie?
Nietemin as ek ñ whitey of ñ Boer genoem word, is dit nie ook rassisties nie?

Gideon ·

En daardie woord is eintlik ‘n woord wat op soveel plante van toepassing is en ook diere!! Kom nie eens van Afrikaners af nie!! Ek wens die ANC wil kyk of hulle die Arabiere kan oortuig om daardie woord te verban!!

Bullseye ·

Ag rerig..net nie dit nie!! Het ons nie groter probleme nie? Nou word al die land se probleme aan een woord toegeskryf

Andile ·

Nou net bietjie krieket gekyk en skoon van ons volk se probleme vergeet. Die verruil van ons bestaansreg vir krieket en rugby was n wyse besluit. More kyk ek rugby.

Jacques Venter ·

n Persoon wat swart mense monkeys noem moet beslis vervolg word

Danie ·

Wat van die woord rassis wat blanke kinders in die skole toegesnou word en dan is hulle nie rassiste nie? Dit is duidelik dat die wie daardie woord rassis rond gooi deur en deur openlik die rasis is. Dis ‘n alledaagse ding in die dubbelmedium skole.

Jacques Venter ·

Aan menige deelnemers aan die debat, Boer is n ere term wat Afrikaners hulleself noem. Die K-woord word as erg beledigend beskou deur swart mense. Die kwoord beteken ongelowige wat dan in elk geval nie op swart mense van toepassing is nie

Hester ·

Dis nou regtig snert! Kyk net eers van wie af kom rassisme nou om iemand anders te beskuldig. Daar is baie groter probleme in ons land. Skande dat mense daagliks vermoor word en daar word nie n woord daaroor gerep of gedoen nie.

Amanda ·

Kan ek ook n saak gaan maak as ek name genome word. Hoor altyd “You whites” Is dit nou ook rassisme. Regtig hulle het tyd vir baie nonsens.

Klip in die bos ·

Die meisie klink hoogmoedig, snobisties, “self absorbed” en vreeslik aanmatigend. Baie mense spreek my naam verkeerd uit en ek het nog nooit nodig gehad om ‘n vloermoer daaroor te gooi nie. In teendeel, dit het my geleer dat ek die geleentheid het om aan mense wat my naam verkeerd uit spreek, te vertel wat my naam beteken en waar dit vandaan kom. Dit maak deure oop vir haar om uit te vind wat die ander meisies oor hul name te vertel het. SO sy het die lat vir haar self gepluk. Mens is nie so ‘self righteous’ nie. En sy is maar net op skool. Jammer dat sy nie ordentlike ouers het wat haar die regte hartlike manier van gesels kan leer nie.

Johann Marx ·

Ek het een van my werkers gister die K-woord genoem. Ek’t gesê sy moet ophou om haar soos ‘n Kardashian te gedra!!

Mielie ·

N petisie optrek omdat een kind die woord gebruik. Nou is daar rassisme by die skool? Kry n lewe mense. Baie mense doen en se verkeerde goed soos moor en verkrag maar daar word min petisies opgetrek daarvoor. By hierdie skool waar dit blyk die meerderheid leerders is nie blankes, word n geleentheid geskep om n issue te maak. Sou graag wou weet wat hierdie mense gaan doen of gedoen het omtrent al die misdaad en geweld juis in Pietermaritzburg. Wees konsekwent girls want dit wil voorkom asof julle selektief optree teen blankes. Ek noem dit boelie en intimidasie, ook op sosiale media.

Annette Stander ·

Ek is ‘n Wit Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner en stam uit die FranseHugenote. Ek is baie trots op my herkoms en my wit vel. Die ANC en sy aanhangsels kan my noem net wat hulle wil. Ek voel ‘n veer!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Ons weet dat die velkleur van sommiges ‘n teer en sensitiewe saak is. Wat daarvan as hulle aanstoot neem oor net ‘n woord wat begin met k maar hul sit nog met die velkleur? Is dit omdat dit met ‘n kleinletter k begin want Kanker begin met die hoofletter. Beteken dit dat daar gediskrimineer word?

SARIE VAN HEERDEN ·

Mense wat dink hul kinders weet nie eens wat die k-woord beteken nie moet wakker word. Die k-woord word veral onder universiteitsstudente met ‘n baie meer beskrywende woord vervang. Rassisme en benaminge onder jongetjies is meer algemeen as wat mense dink. Hul gebruik nie meer openlik die k-woord nie want hulle het dit vervang met ander benamings.

marous ·

Waarom word daar nie opgetree teen diegene wat na wittes verwys as Lekgoa , Makgoa , Masungu nie? Dit word elke dag openlik gebruik ! Die betekenis is verwysend na die laagste vorm van bestaan op aarde. Waarom is daar nie ‘n taalkundige wat dit aan die groot klok kan hang nie? Rassisme sny na alle kante toe.

Waarom ·

Wat my elke keer dwars in die krop steek wanneer dit oor die “k” woord gaan, is daar groot bohaai daaroor. Daar word letterlik elke minuut die Here se naam ydelik gebruik, ongelowiges so wel as gelowiges, maar ons aanvaar dit as vanselfsprekend. Dis tog soveel erger. Ek kan my net indink watter kommentaar gaan nou deurkom?

Lerato lerato ·

Waarom
I agree totally. You have a very valid point. The English are very guilty they say for almost snything OMG

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.