Hoërskoolleerder lank tronk toe vir moord

Argieffoto

Die Thembalethu-streekshof in die Wes-Kaap het ʼn 16-jarige seun tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir moord.

Sinethemba Nzima is tien jaar tronkstraf opgelê, waarvan twee jaar vir vyf jaar opgeskort is, op voorwaarde dat hy nie in dié tyd skuldig bevind word aan moord, poging tot moord of strafbare manslag nie.

Kapt. Dumile Gwavu, polisiewoordvoerder, het gesê die graad 10-leerder is op 9 Oktober 2017 in hegtenis geneem.

ʼn Groep seuns het Sinoxolo Mlunguza die vorige dag in die vroeë oggendure aangeval. “Met die polisie se aankoms op die toneel het die verdagtes weggehardloop en die slagoffer was reeds dood.

“Hy het verskeie steekwonde aan sy bolyf en ʼn oop wond aan sy onderlyf gehad,” het Gwavu gesê.

Gwavu het gesê Nzima is vroeër vandeesmaand gevonnis.

Die tiener staan tereg op nóg ʼn aanklag van moord ná ʼn voorval in Maart vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

A ·

Lank? Dis kort – hy moes lewenslank gaan sit het. Hy het dan moord gepleeg?

Seemonster ·

Klink asof dit 2 moorde kan wees. Waarvan die owerhede weet . . .

Joe ·

10 jaar lank vir moord??? Belaglik, vonnis hom lewenslank in n “grootmens” tronk, stuur hom polsmoor toe

Nonnie ·

DIE REGSTELSEL IN HIERDIE LAND IS ‘N ‘JOKE’!!!!!! HY GAAN SEKER OOR 5 JAAR AS HY UITKOM , PARLEMENT TOE……

Helena ·

Dis nie n “baie” lang straf nie maar hy gaan nou sy skool opleiding klaar maak, gratis, en dan instap in n pos met n goeie salaris ens. Hy hoef nie lang ente te stap skool toe nie.. baie gerieflik. Of hy leer uit sy foute of hy gaan net dood luiters voort met sy foute..lekker land om in te woon.

Tanzsemaarnet ·

Agt jaar en onder aan die berig se dit hy staan terreg op nog n’ moord saak. Nee ek weet nie meer nie… jy word langer tronk toe gestuur as jy n’ perlemoen smokkelaar is as wat jy moord pleeg…

J ·

MM plaas asb n opvolg berug van die minderjarige seun wat soos n koning behandel is na hy Eugene Therblance vermoor het. Teen hierdie tyd moet hy al mondig wees en kan nou tronk toe gaan vur sy dade. … Die Waterkloof kinders was almal in die tronk na hulle ook n man vermoor het en was iik minferjarige seuns tydens voorval.

Dries Moolman ·

Hoe loop party hofsake so blitsvinnig terwyl ander so uitgereeeeeeeek word vir jare en jare?

Lindtjies ·

Die laaste reël sê hy staan tereg op nog ‘n moord Maart vanjaar. Verwyder hom lewenslank uit die samelewing uit. As hy so maklik moord kan pleeg sal hy dit weer doen dan is daar dalk ‘n nuwe reeks moordenaar. Na drie moorde staan jy bekend as ‘n reeks moordenaar.

Tinus ·

Hy is nie skuldig aan rassisme nie, net moord. Anders het hy 23 jaar gekry.

ne ·

Siestog die arme kind! Wat van lewenslank vir 2 moorde? Oor ‘n paar jaar is hy weer op straat om nog moorde te pleeg. Dit kan net in SA gebeur.

Niccy ·

Gewonte misdadiger. Daar is nie ‘n ander beskrywing vir die skuim van die aarde nie.

Anoniem ·

Wat is die verskil tussen ‘n tiener wat moor en ‘n volwassene wat moor, veral as die tiener alreeds meer as 1 keer gemoor het? Beide is boos, dus behoort die straf dieselfde te wees?

Fanie ·

Die enigste manier hoe daar swaarder strawwe uitgedeel sal word, is as die regters se vriende en familie onder geweldsmisdaad begin ly. Mag dit spoedig gebeur my geliefde regters.

LD ·

16…..en hyt al 2 keer gemoor??? Eks verstom!! En hy kry net 8jaar??? Nee liewe land, die plek is ñ sirkus!!!

Carel ·

Moet net nie iemand in n doodskis druk nie dan kry jy 17 jaar

ASKIESMy ·

Klink vir my soos n ou ligte pakslae vir dit was gedoen was
Ek persoonlik dink koue bloedige moordenaars hoort nie tussen normale mense nie

WIEBO ·

Daar is n paar mense wat ek sal wil vermoor vir 10 jaar tronkstraf!! Dit sal n bargain wees, en eks binne 4 jaar jaar weer vry. Belaglik!!!

Johan ·

Ek wonder of dit die mannetjie is wat gespog het hy is “untouchable”?

PJC ·

Hierdie “jeugdige” gaan weer moor wanneer hy oor enkele jare vry gelaat word. Hy gaan niks leer uit hierdie niksseggende straf wat hy opgelê is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.