Hoërskoolleerder sterf in Wonderboom-vliegongeluk

Anika de Beer (Foto: Facebook)

Dinsdag se vliegtuigongeluk naby die Wonderboom-lughawe, noord van Pretoria, het die lewe van ’n gr. 11-leerling aan Hoërskool Montana geëis.

Die skool het Woensdagoggend op Facebook sy medelye met Anika de Beer se familie en vriende betuig. “Anika het ʼn paar dae tevore haar solovlug voltooi wat een van haar drome was,” lui die skool se inskrywing.

Maroela Media het vroeër berig ’n vroueleerlingvlieënier het Dinsdagmiddag gesterf toe ʼn ligte vliegtuig in die omgewing van die Wonderboom-lughawe neergestort het.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die burgerlugvaartowerheid (BLO), het intussen aan Maroela Media gesê die vliegtuig, ’n Piper Cherokee 28A-180, het ʼn opleidingsvlug onderneem toe dit neergestort het.

Volgens Ledwaba het die vliegtuig by die Wonderboom-lughawe opgestyg en was veronderstel om later by dieselfde lughawe te land.

Ledwaba het bevestig dat die BLO reeds begin het om bewyse in te samel vir ’n ondersoek. ’n Voorlopige verslag sal na verwagting binne 30 dae bekend gemaak word hoewel dit moontlik langer mag neem, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

AmY ·

Innige simpatie aan haar vriende en familie.
Vraag (ek is ‘n leek): mag mens alleen vlieg as jy net ‘n leerlinglisensie het?

Karel Kobus Kruger ·

Ja, jy mag. Eintlik is dit verpligtend, want jy moet n sekere getal solo ure vlieg voordat jy jou lisensie kan kry. Jy moet onder andere ook n solo “cross country” navigasievlug doen.

Skyspy007 ·

Dankie Gysbert, minimum 25 ure saam met ‘n instrukteer(dual) en minimum 15 Ure solo wat die totaal 40 ure maak vir ‘n privaat lisensie. Minimum ouderdom om ten volle te kwalifiseer is 18 maar mag wel solo vlieg tot en met 18 jarige ouderdom. Simpatie en meegevoel aan die ouers en naasbestaandes, sy het haar droom loopbaan nagejaag. Terloops, ekself vlieg al die afgelope 36 jaar sonder insidente.

JohanR ·

Jammer Skyspy007 oor my onsensetiefheid Dinsdag oor die ongeluk. Daar is ‘n tyd om te grap, en ‘n tyd om nie te grap. Die meisie seker nou op 17, het al baie bereik want dit is defnitief nie maklik om ‘n vliegtuig lisense te kry nie, Sy kon eendag die groot stralers gevlieg het. My innige medelye aan die familie.

Skyspy007 ·

Dankie Johan, net so passievol ek oor vlieg is was dit sekerlik haar droom ook. Net verlede week is my ou kollega en vriend oorlede met die Helikopter by Grand Central, ‘n maat, vriend en mede kollega vanaf 1984. So uiters jammer en dat die wyer publiek altyd oë rek wanneer ‘n vliegtuig ongeluk gebeur. Dit is baie jammer dat die vlieg bedryf so maklik ge-kritiseer word wanneer iets soos dit gebeur. RIV Anika, jy vlieg saam met die Engele….

Leon ·

Ja, sy het haar solo vlug voltooi, so sy moes nou solo vlugte doen vir haar lisensie.

Hennie ·

Tragies. Wat vir my ook tragies is is dat jongmense wat nou aan die begin van hulle vlieg loopbane is, byna geen kans het om werk te kry in die volgende paar jaar nie. Duisende hoog gekwalifiseerde vlieëniers is nou werkloos oor Covid 19.

madels ·

Dit is absoluut verskriklik :-(. .. mag die familie grootliks vertroos word in hierdie moeilike tyd. So baie vrae kom in my hart op.. wat as daar gepeuter was met die vliegtuig? Mag Vader hierdie gesin vashou , o, die pyn, die verskriklike pyn wat hulle nou moet deurgaan. Dis so erg :-(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.