Hoërskoolleerling in hof oor moord

Antoinette Mubiala, die ma van die vermoorde Daniel Bakwela (Foto: ANA)

ʼn 20-jarige leerling van Forest High School in die suide van Johannesburg het Woensdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag dat hy die 16-jarige Daniel Bakwala met ʼn mes doodgesteek en twee ander skoliere beseer het.

Die saak is tot Donderdag uitgestel vir ʼn formele aansoek om borgtog.

Die 20-jarige leerling het na bewering Bakwela en die twee ander leerlinge Maandag buite die skool aangeval. Bakwela is op die toneel dood. Die ander twee leerlinge, albei ook 16 jaar oud, is na ʼn plaaslike hospitaal geneem.

Die staat het gesê hy sal nie die aansoek om borgtog teenstaan nie. As die jong man skuldig bevind word, sal hy tot minstens 15 jaar tronkstraf gevonnis word. Hy staan tereg op ʼn aanklag van moord en twee aanklagte van poging tot moord.

Bakwela se ma, Antoinette Mubiala, was ook in die hof. Familielede van die beskuldigde was ook in die hof.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys in Gauteng, het gesê die plan was om Donderdag met die eksamen te begin. “Ons respekteer die regstelsel en sal beradingsdienste by die skool aanbied, alhoewel meeste leerders nie by die skool is nie. Ons sal ouers en skoliere laat weet of die skool môre hervat.”

Mabona het gesê die departement duld nie swak dissipline nie en leerders moet onthou hoekom hulle by die skool is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Colleen ·

LOL seker nog in gr. 8 en die belastingbetaler moet sy skoolfonds betaal.

Hanna Hoekom ·

Wat soek n volwassene nog op die skoolbanke??? Hoe stuur mens jou 13 jarige dogter graad 8 toe wanneer daar volwasse mans saam met haar op skool is? Dis mos presies wat Lesufi vir Afrikaans skole beplan.

skurweberg ·

‘n Siviele -eis teen die skool en departement sal slaag, maar die belastingbetaler gaan opdok. 20 jaar en sit nog op die skoolbanke. In watter graad is die man?

Michelle ·

Ek is jammer vir die ouers wat hul kind verloor het en die een wat beseer is. Vir die een wat 20 is en nog op skool banke sit laat die ouers sommer vir hom sorg terwyl hy nou tronk toe gaan en nie die belasting betalers nie. Hy was ‘n probleem hoe gaan jy met ‘n mes skool toe hy was beslis nie van plan om te gaan leer nie. Sluit hom toe permanent verwyder hom van die samelewing hy hoort nie hier nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.