Hoërskoolseuns verkrag glo meisie (14) op video

Argieffoto

Drie minderjarige seuns van ʼn hoërskool in Bloemfontein sal Maandag in die kinderhof in die stad verskyn nadat twee van hulle na bewering ʼn 14-jarige meisie verkrag terwyl die derde seun glo ʼn video daarvan gemaak het.

Lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het na bewering op 7 Junie gebeur, maar is eers op 13 Junie by die polisie aangemeld.

Volgens Mbambo het die meisie en haar vriendinne ekstra klasse by die Hoër Tegniese Skool (HTS) Louis Botha bygewoon. Die meisies het glo alkohol gekoop en dit op die skoolterrein gedrink. Die slagoffer het weens die alkohol haar bewussyn verloor en haar vriendinne het haar daar op die skoolterrein agtergelaat.

Volgens Mbambo het die seuns vermoedelik op haar afgekom waarna twee van hulle haar na bewering met hul vingers verkrag het. ʼn Derde seun het na bewering ʼn video van die voorval gemaak en dit op sosiale media versprei. “Die meisie was nie bewus van wat gebeur het nie, omdat sy bewusteloos was. Sy het egter later die video op sosiale media gesien en dit by die polisie aangemeld,” het Mbambo gesê.

Mbambo kon nie die presiese ouderdomme van die seuns bevestig nie, maar het gesê hulle is al drie minderjarig. Sy het gesê die seuns is nie Donderdag in hegtenis geneem nie aangesien hulle volgens die Kinderwet nie langer as 48 uur in polisieaanhouding mag wees nie, maar waarskuwingsverklarings is by hulle afgeneem. Twee van hulle sal op ʼn aanklag van verkragting tereg staan, terwyl die derde seun vir die vervaardiging en verspreiding van pornografie aangekla sal word.

Tate Makgoe, die Vrystaatse LUR vir onderwys, het in ʼn verklaring gesê hy is “geskok, teleurgesteld en woedend” oor die seuns se gedrag. Makgoe het die hoof van die departement opdrag gegee om die seuns onmiddellik te skors.

“Die departement sal saam met die polisie werk om seker te maak dat regstappe teen die skuldiges, wat baie duidelik op die video sigbaar is, gedoen word. Die departement sal ook in samewerking met die departement van maatskaplike ontwikkeling berading aan die geaffekteerde leerders beskikbaar stel,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

petro ·

Waar koop die kinders drank op daardie ouderdom hulle soek mos vir moeilikheid

Andre ·

Ek het net een vraag. Hoekom word hul aangekla vir die vervaardiging en verspreiding van pornografie en nie kinderpornografie nie. Sy is dan nog minderjarig.

MissDemeanor ·

So tipies….blameer die slagoffer. Seuns wat goed grootgemaak is sou haar optel, en na haar huis toe vat/ na ‘n onderwyser vat. Dan kan die grootmense met haar praat en uitvind waarom sy voel sy moet drink. En die volwassene wat vir / aan haar alkohol verkoop het moet gestraf word. Maar nou leef sy in ‘n wereld waar slagoffers geblameer word en waar mans/seuns voel hul het vrye reg om vrouens/meisies te misbruik.

Kowa ·

En die dogtertjies wat die drank gekoop en gedrink het asook die een wat dit aan hulle verkoop het kom skotvry daarvan af. Die meisies wat haar daar gelos het behoort ook gestraf te word vir hulle aandeel.

Maryke ·

Meeste kinders vang een of ander tyd twak aan. So moet die een wat verkrag is volgens jou ook gestraf word? Dink jy nie sy het ‘n baie harde les geleer wat haar ewig gaan bybly nie? Wat probeer jy sê? As ‘n meisie dronk word soek sy daarvoor?

Tania ·

Ek voel ook nie die arme kind het verdien om verkrag te word oor sy gedrink het nie. Ja dit was verkeerd maar kinders word nie geleer daarvan nie of word gedruk deur vriende om dit te doen. Sy is absoluut n slagoffer maak nou nie saak of sy gedrink het nie. Dis die internet wat hierdie vieslike goed aanhits. Dit maak my hart so seer om te sien hoe hierdie dinge die wereld oorneem.

Leeutjie ·

Waar faal die ouers met sulke kinders? In beide gevalle …. die dronkes en die verkragters??? Ek sou graag wou weet wat in hierdie kinders se huise gebeur dat daar so iets gebeur. My seuns sou die lewende rook uit hulle uitgevoeter het as hulle op skool so iets sou sien!!! Ouers waar is julle as dit julle kinders is…. wie maak die diere in hulle wakker?? Julle opvoeding? Ek sal graag van ‘n ouer van een of almal van hierdie kinders hulle kant van die storie wou hoor!!! Ek oordeel nie! Ek vra net…. Help my… ek sit met ‘n reuse vraagteken op my gesig!!!

E.K. ·

Die hele storie is siek verby! Van minderjarige kinders wat KON alkohol koop, “maats” wat hul vriendin wat dronk is agterlaat, seuns wat haar misbruik terwyl sy nie by is nie, tot by dit op sosiale media sit! SIEK!

Vriendin se gat!! ·

Daardie vriendinne kan nie vriendin genoem word nie!!!!! Shame on you!!! My vriendin sou als in haar vermoe gedoen het om my veilig by huis te kry,ONGEAG DIE MOEILIKHEID WAARIN HULLE WAS. Hoop daardie vriendinne leer iets hieruit en dat die meisie wat verkrag is, n ander vriendin,wat meer betroubaar is,sal vind. Sterkte

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Ek dink as kinders so tyd het om vir kwaadgeld rond te dwaal moet daar plan gemaak word. Wat van lekker HARDE hande arbeid vir ‘n jaar lank? Maar soos in hout kap, ‘n hele nuwe landery oopskoffel…dan DOEN hul iets nuttigs. Die meisies kan vloere skrop op hul knieë en al sulke naarhede – dit sal hul wraggies twee keer laat dink as hul rue saans af is, hul hande seer is en so aan. Hierdie nonsens van gaan vir tipe terapie of iets waar hul mooitjies vertel word sies dis lelik en mens doen dit nie, werk obviously nie! Hoekom anders is daar gereeld sulke nare stories!

Piet Pompies ·

14 Jarige meisie gebruik drank – Wie verkoop drank aan ‘n minderjarige.
14 Jarige meisie gebruik drank – Watse soort kind van die ouderdom gebruik drank.
14 Jarige meisie gebruik drank – Waar is die ouers (toesig ens)
Seuns verkragter/s – Wat gaan in so ‘n kind se kop aan om so ‘n daad te pleeg
Seuns verkragter/s – Hoekom dit afneem, wat wil jy daarmee bereik.
Die plattelandse Bloemfontein is ontroon van sy rustigheid…….

Stef ·

1) Dis baie maklik om drank te kry as jy minderjarig is. In vandag se tyd nog makliker as toe ek 14 was.
2) Soos meerderheid hoërskool kinders van 14-17 van drank probeer.
3) Ouers kan ook nie 24/7 by wees nie, kinders is ook baie meer vol planne as wat mense dink.
Vir die seuns, hoop ek die swaarste straf,eintlik plaas hulle in volwasse tronke. Daar is geen verskoning aan wat die “kinders” gedoen het nie. Vir die “vriendinne” wat haar daar gelos het, julle sien hoe julle met mekaar is, so vir jul hoop ek nie julle doen dit weer nie.

liewwe heksie ·

Piet Pompies…….laat ek jou nou een ding vertel….Bloemfontein is al lankal onttroon as die stille plattelandse “dorpie/stad”….die duiwel is hier net so besig soos op enige ander plek. Indien dalk nie meer nie, net jammer mens lees nie van alles wat in Bloemfontein aangaan nie. Dit sal julle hare laat rys. Groete Liewe Heksie

Yvonne ·

Die feit dat die meisies op die ouderdom drink tot hulle “uitpass ” is kommerwekkend en dit moet behoorlik aangespreek word. Persone wat alkohol aan minderjariges verkoop moet regtig ook nou gestraf word. Hierdie kinders is nog dogtertjies ! Wat die wind in totaliteit uit my seile neem is dat seuns op haar afkom en in plaas daarvan om ‘n volwassene te laat weet of haar net so te los , voer hulle onwelvoeglike dade op haar uit en neem dit af! Wat word van ons kinders. Het hulle regtig geen meer respek vir mekaar of hul self nie? Erens is daar ‘n groot fout in die opvoeding van ons jeug en dit het heeltemal handuit geruk.

Nessie ·

Ek lees nou die kommentaar en is eintlik so geskok. Hierdie is wat fout is met ons land! Dit is nie die meisie se skuld nie, ook nie die drank nie en óók nie haar vriendinne se skuld nie?! Dis die seuns se skuld dat hierdie verskriklike goed aan haar gedoen is!!

Nettie ·

Whoa!!! Daar verskil ek van jou Nessie – elke mens moet vanaf ‘n sekere ouderdom verantwoording doen vir sy/haar aksies. Met redelike veiligheid, kan ‘n mens aanneem dat hierdie meisie(s) so 14 – 16 jaar oud is. Kinders is LANKAL nie meer kinders tot hulle skool verlaat nie (kom ons sê: 18 jarige ouderdom). In party gemeenskappe is daar 20-jarige “kinders” in Graad 7; in hulle gemeenskappe raak hulle baie vroeg volwasse en dus ryp. “Kinders” van vandag doen goed wat ék op daardie ouderdom nie eens aan gedink het nie. Ja, dit was onverantwoordelik van die persoon wat die drank aan die minderjariges bedien het en hy/sy moet vervolg word en ja, daardie ander ‘vriendinne’ is nie die naam van ‘vriendin’ werd nie en ek sou dink hulle moet self vir rehabilitasie gaan. Het die meisie dit verdien om verkrag te word omdat sy dronk ‘uitgepass’ gelê het? VIR SEKER NIE!!! Maar …….. was dit verkragting of onsedelike aanranding???

Annamarie ·

So…die jong seuns behep met hulle hormone loop verby ‘n meisie wat uitgepass lê en moet op slag hulle verwronge sin van manlikheid ten toon stel?
Foon word ingespan as video en siedaar…die wêreld kan sien hoe hulle die dronk onbeholpe meisie onsedelik aanrand.
Die fout lê by die hele samelewing. Die seuns kon mos die meisie opgehelp en huis toe vat of dalk iemand laat kom het om die situasie te red. Maar die wêreld is boos…en daarom kies ons die immorele kant.

Tania ·

Ek stem saam jou Nessie, ek was ook geskok dat dit almal se eerste reaksie is.

Ou Antie ·

Nessie, natuurlik het die meisie net so baie skuld hieraan. As sy nie gesuip het totdat sy uitpass nie, sou die seuns nie so iets aan haar gedoen het nie. Ek stem 100% dat die seuns verkeerd opgetree het en gestraf moet word, maar net so moet sy ook gestraf word oor haar drank misbruik en dit nogal op die skool terrein. Nee genade, deesdae se kinders het geen respek vir enige iets of iemand nie, nie eens vir hulself nie.

Hendrik ·

Nettie dit is presies wat Nessie sê. Sy se dit met sarkasme. Lees weer mooi.

pjk ·

Ek moet my inhou van enige kommetaar hierop. TOTAAL AFSTOOTLIK van watter kant jy dit ookal beskou.

vd Merwe ·

Nee regtig!!!
Die meisie is sexueel aangerand en julle worry oor:
Sy het ge drink
Haar maaitjies het haar gelos
Haar ouers was by die werk?

Ek het op 14 gedrink
Ek het op 14 in die state geloop terwyl my oers by die werk was
My tjommies sou my gelos het as ek gesuip geraak het.

HIER is die probleem. Almal kyk eers na die slagoffer on fout te vind.
Ons Suid Afrikaaners is ……. toe. My simpatie met die meisie en haar famielie. Daai seuns hoort in die tronk – klaar.

Ingelse vd Merwe so my spelling is maar erg, Hoop wel ek maak sin.

Teensy ·

Ouers voed hul kinders oor die algemeen op om versigtig, veilig en verantwoordelik deur die lewe te gaan. Weg van ouertoesig is dit die kind se verantwoordelikheid om aan ouerlike voorskrifte gehoorsaam te wees om hulself te beveilig. Ek’s redelik oortuig hierdie meisie ouers het nie vir haar drank skool saam skooltoe gestuur met die opdrag om dronk te word en verkrag te word nie- dit was die kind se eie, ongehoorsame drankgebruik keuse wat daartoe gelei het. Hoe tragies en hoe jammer moet hierdie meisie ook maar verantwoordelikheid vir haar eie stupid keuse uitoefen. En ja, die seuns moet uiteraard ook verantwoording doen vir hulle dade, wat waarskynlik nie sou plaasgevind het indien die meisie haarself nie dronk gedrink het en so die situasie geskep het nie. Daar kan geredeneer word dat die seuns ook slagoffers van haar swak keuse is.

Jy gaan sit nie op die middelstreep van ‘n pad en kla as ‘n motor jou omry nie. Of slaap onder ‘n hoenderstellasie en kla as op jou kop gepoef word nie.

En ja, ek het self tieners wat soms hul eie koppe volg en hulle alies aan my waarskuwings afvee. Hulle weet dat as hulle nie wil hoor nie moet hulle voel.

LMF ·

Vd Merwe ek stem volkome saam jou want meeste van die mense wat so glo hul maak engeltjies groot moet passop hul het sekerlik nog groen gras op hul velde

Covus ·

Die probleem is toe jy dit gedoen het het die samelewing bietjie anders gelyk. Ek stem saam die verkragters hoort agter tralies, maar meisiekinders moet baie versigtig wees in vandag se siek samelewing…

Magda ·

Dis omdat hulle NIKS oorkom nie – jou skok en woede gaan NIKS baat nie – DOEN IETS??

George ·

So logies…..die redding vir vandag se kinders is (soos dit voorheen was) ‘n ordentlike pakslae op sy tyd. Dit moet in die ouerhuis begin en voortgaan op skool. Waarborg dat alle “nonsens” onmiddellik sal stop!

Millie ·

George jy is die enigste ou hier wat sin praat!! Ons moet hulle mos blink lek om model landsburgers te wees want geen oortreder mag gestraf word nie, meestal word hulle nie eens gevang nie!!

Anoniem ·

Tieners vs vrye toegang tot sosiale media, internet (pornografie) = drank, dwelms, seksuele misdade, sosiale disfunksie

sug ·

Anoniem, die problem lê by opvoeding, nie by sosiale media, internet. Ek het ook kinders groot gemaak wat daaraan bloodgestel is. Hulle versuip nie hulleself nie. Hulle gbruik nie dwelms nie. Hulle pleeg nie seksuele misdade nie. Hulle is nie sosiaal disfunksioneel nie, inteendeel.
Die is ‘n erge tekort aan verantwoordelike ouers en ouer leiding, en in my opinie aan ‘n goeie pakslae.

Heksie ·

Maak dit saak?
Is volgens my nog “kind”, nie veel ouer as my eie nie.

Anoniem ·

Maak dit saak watter ras hul was? Indien dit blanke kinders was, wat dan? En indien nie, wat dan? Wat gebeur het het niks met kleur uit te waai nie…. Kyk na daai huis in Springs waar die kinders verkrag en mishandel is, hulle was blank. En dan kyk jy na die townships waar nie-blanke mans gruweldade aanvang…. Ek vra weer maak die kleur steeds saak? As dit jou dogter was of n nie blanke vriendin van jou se dogter wat dan??? Wat gebeur het met daai meisie het haar hele lewe verander en dalk verwoes.

elrine ·

Drank het NIKS met verkragting uit te waai nie!Die feit dat sy bewusteloos was van drank en dat haar (slegte) vriendinne haar daar gelos het,justify VERSEKER NIE die verkragting nie.Normale mense (nie verkragters nie) sou haar optel en na ‘n hospitaal of polisie stasie toe vat.Dit is NIE die meisie of haar vriendinne of die drank se skuld nie!!

m ·

Hoe gebruik hulle drank op die skoolterrein. Daardie skool sal moet baie strenger raak en dalk sommer ook kameras installeer.

sug ·

Moet nie die verantwoordelikheid op die skool afskuif nie. Slapgat ouers kannie verwag die skool moet stenger optree nie, die ouers moet begin deur voorbeeld en leiding

SWE ·

2 Tim 3: 13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, terwyl hulle mislei en mislei word.
Dis alles tekens van die einde hierdie. Dis vir ons op geskryf.
3 Johan 11 Geliefde, wees ñ navolger, nie van wat sleg is nie, maar van wat goed is . Hy wat die goeie doen, het sy oorsprong by God. Hy wat die slegte doen ,het God nie gesien nie .

Lisa ·

Dis hoekom ek aan ‘n plan werk om van die huis af te werk, sodat ek ‘n oog oor my kinders kan hou wanneer hulle ouer is. Hou nie van die idee van tieners wat rondhang tot hulle ouers van die werk af kom nie. Dit maak dit moeilik om behoorlik na jou kinders te kyk as albei ouers heeldag nie daar is nie. Ongelukkig maak finansiële omstandighede dit deesdae baie moeilik om meer tyd saam met jou kinders deur te bring.

Nettie ·

Weet jy, Lisa, ek moes op hoërskool, vanaf st. 6 (nou gr. 8) elke middag stoksielalleen van die busstop af na ons huis stap en die hele middag alleen tuis deurbring. En ek het niks oorgekom nie, want ek het gedoen soos my ma gesê het: bly by die huis – geen maatjies/vriende oor of gaan speel by die maatjies/vriende nie. Ek het elke middag huistake gehad om te doen, plus my skoolwerk en boeta! bewaar my siel as my Ma tuiskom en vind my huistake is nie klaar nie en my skoolwerk is nie gedoen nie! En weet jy, vandag is ek nog steeds dieselfde. Die groot probleem lê by kinders wat nie meer kinders is vandag nie. En ook dissipline wat by die agterdeur uitgewaai het, toe mens- en kinderregte by die voordeur ingeloop gekom het.

Wow ·

Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê. Die vriendinne moes ñ volwasse ingelig het wat ook al die gevolge vir hul wandade. Die seuns Ek kry skaam. Hul moet een dag mans en Pa’s wees hul almal kort ñ goeie pak slae. Kinders Sal kinders wees en eksperimenteer het self 26 jaar terug deur groep druk gegaan. Kom ons doen dit en dat…. Ek het nie geval daarvoor nie was te bang wat my ouers met my Gaan doen as Ek dit sou gedoen het. Ons hele samelewing moet terug na God toe terug draai. En ouers moet weer ouers begin wees en kinders straf vir swak gedrag van kinders. So so hartseer oor wat gebeur het.

Steff ·

Die kommentaar wys net weer dat Saffas nie eens kan saam stem oor iets so af soos verkragting nie. Dit maak nie saak dat sy gedrink het nie, die seuns se gedagte was 1) kom ons verkrag haar.PUNT.

Chris ·

Ek lees almal se uiteenlopende kommentare. Elke mens het sy/haar opinie. Ek glo nie vandag se kinders is “sleg” nie. Ek het net soveel droog gemaak toe ek kind/jonger was. Ons het ook “groepsdruk ” gehad, waaragter almal deesdae as verskoning gebruik. Die probleem met vandag sê kinders, is die ouers. Meneer/mevrou waar is jou kind op die oomblik. Wat doen en waarmee is hy/sy besig. Is jy as ouer teenwoordig, “daar” vir jou kind. Geld en aardse besittings is nie ‘n goeie alternatief of paaimiddel vir jou afwesigheid nie. Enige kind, die slim sielkundiges, gaan verskil, het struktuur, riglyne, dissipline en gesag binne familie verband nodig. Ek is gereeld gelooi, toe pak slae nog mode was, oor moenie laat ek my vir jou skaam nie. Kyk na vandag se ouers, hoe die pa hom by bv ‘n rugby wedstryd of enige ander openbare plek gedra. Kyk na die ma, hoe trek sy aan, hoe tree sy in die openbaar op. As daar nie ‘n ding was soos sosiale media nie, sou ons nie eers van die voorval gehoor het nie. Dit is skokkend. Al die partye moet teen opgetree word, maar helaas niks sal gebeur nie, want dit druis reen die kind se regte en vryhede in.

SS ·

Chris, sovêr die beste kommentaar. Soek die probleem by die ouers. Charity begins at home.

BOLANDER ·

Ek het nie kinders nie. En daarom gaan ek seker nou gestenig word oor wat ek gaan sê: EK IS SO BAIE BEKOMMERD DAT DIT DIE TOEKOMS VAN ONS LAND IS. En ek is nie blind nie want ek kan sien hoe party ouers op tree teenoor hulle kinders. Geen wonder hulle doen bo genoemde nie!!!!!!!!!!

SS ·

Absoluut BOLANDER! Die gedrag van sommige ouers laat mens wonder hoekom sulke insidente plaasvind. Maak seker die kinders is bevriend met die regte vriende. Solank die kind nog in jou huis is, en minderjarig is, is jy as ouer verantwoordelik vir daai kind. As daar nie orde en dissipline van die ouers se kant af is nie, gaan die kind beslis eiewysig word.

marous ·

Gevolge van mense se slimgeid om ouers en skole en howe die reg om ordentelike pakslae toe te dien, te ontneem.

Rina Pretorius ·

in ons dae wat vrugte steel en tok tokkie speel die in ding. vandag is dit verkragting moord en roof sommer van jongs af, daar is ‘n groot gebrek aan opvoeding

Jan ·

Hoe kan enige regdenkende mens hierdie daad nl verkragting of onsedelike aanranding goedkeur omdat die meisie dronk was. Goeie genugtig, dit is boosheid verby. Sommige mense is erger as diere. Ek noem julle sommer entiteite, want jul sinne het julle verlaat. Gemors man.

zahn ·

Al wat ek hier lees is van kinders wat aan die diep kant ingegooi is in die lewe, en nie ‘n koeken clue het hoe om daarmee te cope nie. Groot gemis van die ouers se kant af. Dis kinders, demmit, kinders! Is dit nie ons plig om hulle te beskerm en by te staan nie?

sug ·

Dit is van al die bystaan en beskerm dat hulle sulke goed aanvang. Pa/Ma sal my beskerm en bystaan. Dit is tyd dat almal moet besef, elkeen het ‘n keuse, en dit is jou eie. Jy moet besef, wat jy kies het gevolge, en jy moet daardie gevolge dra, jy het gekies.
Selfs die ouers wat hulle kinders aan eie genade oorlaat, jy het so gekies, dra dan die gevolge as jou kind sy lewe in ‘n tronksel slyt. Jy was die enigste een wat hom met voobeeld en die leiding (en dit sluit ‘n pak slae in) kon help, maar jy het nie.

Theresa ·

Hemel tog, die dogter (want dis presies wat sy nog is) het ernstige hulp nodig. Wat ‘n vreeslike ding om oor te kom! Die persoon wat drank aan die meisies verskaf het, moet beslis gevang en gestraf word. Dis die eerste plek waar als begin skeefloop het. Die maats van hierdie meisie is die naam vriendin nie werd nie en hoop ek sy besef dit. Die seuns het gretig meegemaak en doelbewus ‘n video opname gemaak. Wel deurdag en beslis nie toevallig nie. Sal graag wil sien wat se straf hul kry vir hul kriminele gedagtes wat oorgegaan het na kriminele dade.

PSW ·

Dis baie baie erg. Maar weet julle wat… op 11/12 jarige ouderdom, dis nou graad 5 en graad 6 leer die kinders al vandie geslagsdaad, seks organe, die sperms, ens. in PSW. Regtig? Kan mens regtig die kinders kwalik neem vir die skandalige vervalde standaard? Hoekom kinders se verbeelding prikkel op daardie ouderdom? Vir my, ouers se betrokkenheid by wat kinders kyk, die skool se kirrikulum en drank….. portuurgroepsdruk …. hormone …. alles dra by tot die afskuwelike gebeurtenis. Nie lank lank gelede was daar beheer …. en sou ons ‘n helse pakslae gekry het.

Johanna Botha ·

VROT ! Hoe kan ouers trots wees op sulke skandalige gedrag ! Geen wonder ons mense se waardes is by die venster uit en die land is so n gemors …uiters swak !

Wou se! ·

Ons tel maklik klippe op en gooi. Die realiteit is uit watter huis kom die kinders. Een kamer huisie met ouers wat moet spook om siel en ligaam aan mekaar te hou. In die huisie beleef hul ongevraagd baie intieme situasies en dit raak maar allerdaags vir hulle. Die mense sit nie in Pretoria se rykmansbuurt nie. Mansions en baie baie luukshede nie. Daar waar hul moontlik vandaan kom is hul wereld so ver verwyder van u en my wereld dat dit alles wat gedoen is korrek. Ai ons leef in moeilike tye.

sug ·

Ek het saam met ‘n skotsman gewerk wat in uiters haglike omstandighede groot geword het, beide ouers was alkoholiste. Hy het besluit, op 12 jarige ouderdom, hy sal beter wees, en is vandag ‘n ingenur, wat vir al ses sy boeties/sussies sorg.
Hy het ook in ‘n twee vertrek huis groot geword. Wat sê ek hiermee.. Jy kan al op 12 jaar besluit om te verbeter, die kinders is almal ‘n paar jaar ouer.

Heksie ·

Verkragting? Hierdie “misdaad” dui op onsedelike aanranding of het die definisie verander?
Wat ook al, dit is ‘n walglike daad en as dit my seun of dogter is, sal hul vir weke nie kon sit of ongestraf bly nie!

Cherokee ·

Heksie, miskien word die definisie neergelê by penetrasie.

Ai ·

Kyk, dat sy slegte “vriendinne” het is verseker en nee kinders moenie drank kan koop en dronk word nie, maar daars altyd n manier vir kinders om drank te kry sonder dat hul self by die drankwinkel ingaan.

Die groot olifant in die vertrek wat baie nie hier raaksien nie is dat daar groot fout met die samelewing is as sulke jong seuns n bewustelose meisie sien en besluit om haar seksueel aan te rand.

Johannes van Staden ·

Gaan gladnie oor ryk of arem nie …goeie jimmel maak dit nou dat mens iemand so sieklik misbruik ….neewat morele waardes kos nie geld nie netso ook nie n goeie opvoeding

Lizl ·

Wat moet nog gebeur voordat jy besef in watter era en land jy grootword. As daar elke dag duisende moorde en verkragtings is, wat sê jou gesonde verstand vir jou?!? Dis nie eers veilig in jou eie huis nie..

Summerfield ·

En weereens is almal van mening dat hierdie soort van ding net in SA voorkom. Die selfde situasie speel om telkens hier in die VSA af. Meisies raak pap dronk op partytjies, en word dan verkrag. Ou nuus. Dis verfoelik, maar meisies moet ook darem ‘n beitjie verantwoordelikheid vir hulle eie veiligheid ook vat. Ek meen, jy sluit jou huis toe teen diewe, hoekom doen jy nie dieselfde met jou ligaam nie? Hou op om dronk te word op plekke wat onveilig is. en mans het nie die reg om jou te verkrag nie, maat ons bly nie in ‘n perfekte wereld nie. Daar sal altyd verkragters onder ons wees. Se maar net.

Wouter ·

Dit maak nie saak waar het hierdie meisie drank gekry nie, dit moet wel ondersoek word em lei na strafregtelike vervolging aangesien drank aan ‘n minderjarige gegee verloop (gegee) was. Dit bly nogsteeds nie haar skuld wat met haar gebeur het nie ongeag haar toestand. Ordentlike kinders (seuns) met self respek en lewens waarhede sou haar eerder hulp gebied het, onderwyser roep, volwasene , skool leier om hierdie meisie te help. Al was sy onder die invloed, of dit haar eie stoute streke was of nie sy het nie dit verdien nie. Geen mens verdien do iets nie. Seuns met self respek en respek vir hul naaste doen mie so iets nie maar sou eerder die “barmhartige” samiritaan gehelp het.

Daniel ·

Moeilike tye waarin ons leef. Ek voel jammer vir die meisie want ek glo sy het nie verwag dat dit met haar sal gebeur nie. Ek is vandag al baie oud, my seuns alreeds hier by die 40jr maar ons het in ander tye grootgeword. Ek het altyd vir hulle gesê dat as jy in ‘n situasie beland “dink aan wat jy geleer is en wat Pa sal sê of doen as hy uitvind”. Ek was geseënd. Vandag is dit eks op die TV, youtube, almal het”smartphones of tabs” waarmee hulle rondloop met minderjariges wat porno fotos vir mekaar stuur. As beide ouers werk of as daar bedags nie toesig oor die kinders is nie, veral wat die gebruik van die tegnologie aanbetref, moet ‘n kind baie sterk van beginsels/inbors/gelukkig wees om ongeskonde ‘n grootmens te raak.

Madsi ·

Ouers is nie die skuldige nie. GAAN LEES DIE NUWE KINDERWET. As jy aan die bloedjies raak dan word jy aangekla. Alles word met sielkunder reggemaak en as daar iets gebeur dan word daar na die ouers verwys. Kry die Regering om uit mense se lewens uit te bly. Stout kinders kort pakslae soos daar in die Bybel verwys word en is nie ADHD en al daai goed nie. Daars ‘n verskoning vir elke ding wat kinders aanvang maar sommige van vandag se kinders het geen rugraat nie. Hulle wil nie werk nie en maak kinders by dosyne en dan moet mammie en pappie sorg.

Martisha ·

Pornografie is een van die hoofoorsake dat seksmisdade so toeneem. Niemand sal my anders oortuig nie. Dan is daar mense soos die ‘geliefde’ dr Eve wat dit goedpraat. Kastig vreeslik besorgd oor die kinders wat ly onder molestering, maar sy kry ‘n absolute ‘kick’ uit pornografie en mense se siek fantasieë. Kinders het vrylik toegang tot die vieslikste goed op die internet, en dan kry jy nog steeds mense wat hamer op hul reg om te kyk wat hulle wil, op die pornografiebedryf se voordele, en wat voel dit bring ‘n bietjie woema in hul huwelik!

Lalla ·

Ek geen nou regtig nie om wat almal hier kwyt raak nie … dit bly eenvoudig … niemand het die reg om aan n ander so iets te doen nie, ek het twee seuns en die realiteit is dat hulle is nie eers veilig in hierdie wereld nie … maar dis hoe jy jou kind groot maak, die waardes wat jy by hulle neer le … ja ons almal het die pad al duister geraak (( en stry asb .. LOL … ons het almal daai geraamte )) niemand is hulle hele lewe n engeltjie nie … maar as dit anders was en een van die seuns het uitgepaas gele en meisies het iets gedoen (en noem dit wat julle wil) verkeerd bly net verkeerd … sou ons nog steeds gese het … die fout was by die seun ??? en wat nog meer n mens bang maak is, dat daar verskonings gesoek word …. daar is GEEN verskoning vir die gedrink nie ek stem … maar ook so is daar GEEN verskoning vir wat met haar gebeur het nie … mag daai seuns hulle straf kry en mag die dogter hulp kry voor die drank n groter probleem word … en in die selfde asem mag daai jong manne wakker word oor hul dade en hierdie n wake up call wees vir n beter lewe vorentoe

Pam ·

Alles kom weereens maar net weer neer op OPVOEDING ! Wat jy jou kind leer en wat jou kind in haar eie ouerhuis beleef……..Children learn what they Live !

Maries ·

Die probleem hier is elkeen wat lees en kommentaar lewer en nie self ondersoek instel. Onhebbelikke jongmense sal daar altyd wees en al is jy 80 hulle was in jou tyd ook daar. Swak ouers is en was daar ook altyd. Swak onderwysers ook. Wat doen ek om hierdie probleem aan te spreek? Nie net in my huis met my kinders, wat doen ek om die wereld beter te maak. Is ek n goeie voorbeeld? Bid ek genoeg, leef ek my waardes in Christus uit? Was ek by my plaaslikke skole om aan te bied om te help met kinders en jongmense wat seer het? Ons is almal verantwoordelik vir die kinders in ons land. Al die kinders. It starts with me!!

Wonder net ·

Maries, ek sekondeer!!! Nou neem almal deur” sosiale media” wat 80jaar gelede nie beskikbaar was nie, kennis van die walglike dinge.
Ons kritiseer net apaties en doen niks

Andries ·

My mening is dat die wortel van meeste van ons jeug se verval se oorsprong kan gevind word dat ouers vir hul kinders “smartfone” gee. Dis nie ook vreemd om te sien dat sommige kinders beter fone as hul ouers het nie. Weet ouers regter watter foto’s/videos veral jong seuns op hul fone “save”, ek daag jul uit stel my volgende stelling op proef? Elke jongman met ‘n “smartfoon” het een of ander pornografiese material op sy foon en moet tog asb. nie kom met daai storie om nie jou kind se privaatheid te skend. As jy jy vir hom ‘n “smartfoon” in die hand stop waarmee hy vrylik toegang tot die internet het waarvoor jy betaal het jy die reg om te kyk of hy/sy verantwoordelik daarmee omgaan. Ongelukkig soos reeds gesê is ook hierdie deel van opvoeding waar die meeste ouers ver te kort skiet en om agterna trane te stort ongelukkig te laat aangesien jy ‘n instrument in jou kind se hande gesit het vir redes wat jy sal probeer regverdig wanneer iemand met jou gaan verskil.

Ouer ·

Na 25 jaar in regspleging is dit vir my duidelik dat opvoeding en ouerlike voorbeeld nie die skuld kan kry vir kinders wat misdade pleeg nie. Dieselfde geld vir drank en dwelm misbruik. In Johannesburg is drankgebruik en soms misbruik die norm by hoërskool “kuiers”. Toesig beperk die probleem soms, maar tensy jy hulle soos kleuters om ‘n swembad permanent in die oog hou mors jy jou tyd.

Louise ·

Lalla jy is reg almal het geaamtes.. Maar liewe hemel ons het in ons wildste drome nie sulke gevaarlik vieslike geraamtes gehad nie. Ons sou miskien n knertsie skelm drink (nie jouself DRONK SUIP tot jy uitpass nie, Ons het nie NAALDE of waste dwelms daar ookal is in ons opgespuit nie. Ons sou meer katte kwaad aangevang het miskien n sigarette rook laat jy eintlik meer lag en hoes en proes as enige iets anders, nie iemand verkrag nie. Waar gaan ons menswaardigheid van ons kinders heen, die respek en opvoeding. My seun gaan Hoerskool toe en ek is LETTERLIK te BANG laat hy moet uitslaap, nee en die grootste is dit gaan nie oor hoe ek hom opvoed nie. Hulle word so gemanipileer en gedwing of drank gespike laat hulle nie in my gevoel n kans sal staan op n partytjie nie. Dis hartseer ek weet, maar dis die realiteit van vandag se lewe

Susan ·

Eerstens kan ons se dankie aan tegnologie, wat die hele saak nou uit verband uit ruk. n meisie wat nie haar self oor die algemeen so gedra nie sou dadelik geweet het iets voel anders daar onder en nie eers as die video opslae maak nie. Seuns van daai ouderdom is varke, ja dis n groot verleendtheid vir haar, siestog, maar dalk n omkeer punt, wat sy heelwaarskynlik nodig het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.