Hoës in hof vir korrupsie, bedrog en geldwassery

Argieffoto

Thembalethu Ntuthu (34), die ANC se streeksekretaris, Zanele Mbewu (27), verkrygingshoof by die Mnquma-munisipaliteit in die Oos-Kaap, en Reggy Masuku (52), ʼn plaaslike sakeman, het hulself aan die Valke oorgegee.

Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie mans het Dinsdag in die Butterworth-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog, geldwassery en korrupsie.

“Ntuthu, Mbewu en Masuku is in hegtenis geneem in verband met ʼn ondersoek na beweerde korrupsie en bedrog by die Mnquma-munisipaliteit. Die misdrywe het in die finansiële jaar 2014-’15 plaasgevind,” het Feni gesê.

Volgens Feni is twee verdagtes, Sive Nombembe, ʼn sakeman, en Sindile Tantsi, die munisipale bestuurder wat intussen oorlede is, reeds in Februarie in hegtenis geneem in verband met die beweerde misdrywe.

Die vyf beskuldigdes word betrek by beweerde tenderbedrog wat by die munisipaliteit plaasgevind het.

Die hof het Ntuthu, Mbewu en Masuku se aansoeke om borgtog toegestaan. Ntuthu is op borgtog van R5 000 vrygelaat, Mbewu op borgtog van R4 000 en Masuku op borgtog van R20 000.

Al die verdagtes moet weer op 8 Mei in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

Haai nee reig? ANC raaddlede en hulle maa8koes? Bedrog? Nooit!!!! Hulle doen dan als wat hulle kan vir “the people”? Of is dit deel van radikale ekonomieae transfordinges? Die radikaal lê daaron dat hulle NOG en ALS steel wat hulle kan…

Heike ·

Waarom is ek gladnie verbaas nie.Ek is wel verbaas dat hulle aangekeer is.Dis nou n groot verrassing.Waarom wonder ek is hulle aangekeer?Dis mos normaal vir die anc?

SARIE VAN HEERDEN ·

Daar blyk geeneen in die parlement te wees wat “lily white” is nie. Moet ons nie vir ryk/welgestelde manne stem as parlementslede/staatspresident nie? Zuma se sakke word dik gevoer maar sy baie vroue en swetterjoel kinders vreet daai sakke vol gate in. Ek sien ook Mathews Phoza is bereid om die amp te bekleer. Hy het ‘n suksesvolle regspraktyk in Nelspruit en nog nooit het ons gehoor van enige skandale rondom hom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.