Die naam van die derde persoon wat Sondag in die gru-ongeluk op die R72 sowat 10 km buite Port Alfred in die Oos-Kaap omgekom het, is bekendgemaak. Twee motors, ʼn Jaguar en ʼn Mercedes-Benz, was in dié ongeluk betrokke.
Volgens kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het die 87-jarige Beulah Booysen die Mercedez-Benz bestuur. Andrew Turnbull (42), die bestuurder van die Jaquar, en sy passasier, Ryan Byrne (19), het ook in die ongeluk gesterf.
Maroela Media het vroeër berig ʼn ooggetuie wat in die rigting van Port Elizabeth gery het, het gesê ʼn voertuig wat in die teenoorgestelde rigting gery het, het die regter agterkant van sy voertuig skrams getref voordat dit teen ʼn motor agter sy motor gebots het.
Booysen en Byrne is op die toneel dood. Turnbull het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.
ʼn Video word op sosiale media versprei wat wys hoe Turnbull glo teen ʼn spoed van 260 km/h met die Jaguar gery het. Die video is glo deur Byrne geneem kort voor die botsing.
Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag, het Govender gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Tyd dat die owerhede sulke mense permament uit die samelewing haal.
Strafbare manslag teen wie..
Die gereg maak mens siek. Pleks dat hul sake ondersoek. Nou wil hul n saak teen n oorlede persoon oopmaak. You must be kidding me?
My innige simpatie aan die tannie wat oorlede is se familie. Sy is uit die lewe geruk deur mense wat NIE op ‘n pad hoort. Enige mens wat jaag moet baie swaar beboet word en hul lisensies afgeneem word. Ek voel jammer vir die tannie se familie.
Sy was iemand sa Ma en Ouma gewees …
Gaan kyk bietjie op sy facebook blad 8 November 2018 het hy ook ‘n video gemaak oor hoe vinnig hy ry toevallig ook 260 km .