Hoëspoedjaagtog toe man glo van demone wou vlug

Die verdagte wat ná ‘n hoëspoedjaagtog aangekeer is (Foto: EMPD)

ʼn Man, wat aangevoer het hy is besig om ʼn geestelike oorlog te voer en dat hy van demone wou vlug, is in hegtenis geneem ná ʼn hoëspoedjaagtog in Ekurhuleni.

Hoofsuperintendent Wilfred M. Kgasago van die Ekhurhuleni-metropolisie het gesê ʼn lid van die EMPD het Vrydagoggend omstreeks 10:00 ʼn oproep van ʼn kollega ontvang dat ʼn man “soos ʼn maniak” op die N17 naby Wadeville in ʼn oostelike rigting ry.

“Konst. Quinton Steenberg het by sy kollega, konst. Glenn, aangesluit in die jaagtog. Die verdagte het die Heidelberg-afrit geneem en teen ʼn hoë spoed deur die Brakpan-middestad gejaag. Die SAPD se blitspatrolle het by Prince Georgelaan by die jaagtog aangesluit. Die man is uiteindelik in Main Reefweg aangekeer,” het Kgasago gesê.

Verskeie pogings om die man aan te moedig om stil te hou, insluitend om die paaie met ander voertuie te versper, was tevergeefs. “Omdat die man ʼn gevaar was vir ander motoriste, het die polisiebeamptes as ʼn laaste uitweg gepoog om die voertuig tot ʼn stilstand te dwing deur na die bande te skiet. Die voertuig het uiteindelik om 10:25 tot ʼn stilstand gekom en die motoris is in hegtenis geneem.”

Kgasago het bygevoeg die man het aangevoer hy is besig met ʼn geestelike oorlog en het probeer om van demone te vlug en dat hy “bereid was om te sterf”. “Owerhede het bloed getrek van die verdagte en verskeie klagtes is teen hom aanhangig gemaak by die Brakpan-polisiestasie. Weens die vreemde gedrag van die verdagte is reëlings getref om deur die hof aansoek te doen om hom vir ʼn sielkundige evaluering te stuur om te bepaal of hy geskik sal wees om verhoor te word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

SjN ·

Die tokoloshi het hom seker gejaag, sluit hom toe sonder borg aangesien hy ook ander mense se lewens in gevaar gestel het.

? leser ·

wat se verskonings mense nie sal opdis nie, eish en baie glo hom

Melt Olckers ·

Die gevaar wat die onbybelse siening van Geestelike Oorlogvoering inhou.

Johan ·

Die demone jaag sommer baie bestuurders in Suid-Afrika rond en bont….

IK ·

Ek glo hom, hoekom? Kyk wat het gebeur op Clifton se strand met die skaapslagtery. Demone werk oortyd in SA.

Laksman ·

Flakka, tik en ander verdowingsmiddels laat jou snaakse goed sien en doen!

Swartwolf ·

Definetief ‘n paar demone agter hom aan. Ten spyte van die wat reeds in hom is. Miskien is die voorvaders kwaad……

Die duiwel ry jou ·

Nyaope!

“Hell is empty and all the devils are here.” – Shakespeare

Jerry ·

“So mal soos n haas” is n goeie Afrikaanse uitdrukking in hierdie bestuurde se geval!

Tanya ·

Kyk man hy lieg so hard dat hy jom self glo. Dalk sal die regter hom glo

Hanna Hoekom ·

Flakka is n lelike ding… Sluit hom nou in n sel toe waar die bed nie op verfblikke staan nie. Tokoloshe is sy voorland! Dankie tog niemand is beseer in sy besete jaagtog nie.

Mark ·

Dankie, nou weet ons hoekom die groot bakkies, SUV’s en BMW’s ons so van die pad af druk. Mense julle moet leer om te bid dan sal julle meer geduldig wees.

Wurmpie ·

As hy kan bestuur en jaag is daar defenitief nie sielkundig fout met hom nie

Abe ·

Een ding is seker: Hy moet so gou as moontlik en so permanent as kan van die pad afgehaal word.

ChrisE ·

Dit is hoekom almal wat so onverkillig is “jaagduiwels” genoem word.

Diefie ·

Nou wat het in die gevaar wat op die N1 60kmp ry in plaas van 120? Slakke? Slakkepas!

Paaries ·

“And now the wheels of heaven stop, you feel the devils riding crop, I’ve seen the future brother, it is murder” – Leonard Cohen.

Judge Dredd ·

…..die westerse wereld noem hulle speedcops of polisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.