Hoeveel olifante sien jy?

Foto: @WildLense_India/Twitter

ʼn Foto van ʼn groep olifante by ʼn watergat laat talle internetgebruikers kopkrap. WildLense Eco Foundation, ʼn nieregeringsorganisasie, het ʼn paar dae gelede ʼn foto gedeel waar dit lyk of vier olifante langs mekaar staan.

Die beskrywing by die foto dat dit eintlik sewe olifante is wat langs mekaar staan, het talle dus verward gelaat. “Sommige foto’s is wonderlik – soos wanneer mens 7 in 1 raam kan kry en boonop in algehele sinchronisasie,” het die organisasie by die foto geskryf.

Talle gebruikers het van die foto gehou, maar het die uitlating, dat daar sewe olifante in die foto te sien is, bevraagteken. WildLense het reageer deur die olifante te nommer en bygevoeg die sewende olifant is nie in die foto te sien nie.

Die organisasie het intussen ook ʼn video gedeel wat wys hoe die groep rondbeweeg en verduidelik dat dit die sewe olifante in die foto is. “Kyk nou mooi tot die einde toe om te sien hoe daar sewe olifante in die foto is,” het hulle kykers aangemoedig. Die sewende olifant is ook ‘n kalfie en hy is tussen die twee groter olifante regs op die foto.

Hoeveel olifante sien jy?

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vonkprop ·

So dan is daar eintlik 6 olifante in die foto en 7 olifante in die video, want die 7de een kan jy glad nie in die foto sien nie. Dit is net so goed ek sê daar is 8 olifante, want een het regs van die foto onder ‘n boom gestaan. Net omdat húlle weet daar is 7 beteken nie al 7 is sigbaar nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.