Hoeveelste bloedneus vir OB in hof

Adv. Busisiwe Mkhwebane (Foto: Skermskoot/YouTube-video/Parlement)

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het adv. Busisiwe Mkhwebane se aansoek waarin sy vra dat ’n besluit van die parlement se artikel 194-komitee rakende sy voorsitter, Qubudile Dyantyi, en komiteelid Kevin Mileham hersien word, van die hand gewys.

’n Volbank regters het die Openbare Beskermer (OB) se aansoek Donderdag met koste van die hand gewys.

Mkhwebane het met dié aansoek onder meer versoek dat Dyantyi en Mileham se weiering om hul aan die saak teen haar te onttrek, hersien en tersyde gestel word. Dit nadat die komitee reeds verlede jaar haar versoek van die hand gewys het.

Die hooggeregshof het egter nou op sy beurt beslis dat ’n hof slegs in gevalle van ernstige onreg ’n aansoek om hersiening voor die afsluiting van parlementêre verrigtinge in ag sal neem. Mkhwebane kon egter nie bewys dat daar ʼn skreiende onreg teenoor haar gepleeg is nie.

Die hof het gevolglik bevind dat Mkhwebane se hersieningsaansoek voortydig is.

Maroela Media het vroeër berig Mkhwebane het in dié aansoek versoek dat Dyantyi hom op minstens twaalf gronde aan die saak onttrek. Die gronde sluit in die bewering dat Dyantyi glo onbehoorlik bevooroordeeld is en met getuienisleiers saamgespan het.

Die onttrekking van Mileham is weer aangevra op grond daarvan dat hy getroud is met Natasha Mazzone, DA-hoofsweep, wat die mosie vir die ondersoek na Mkhwebane ingedien het.

Die artikel 194-komitee ondersoek Mkhwebane se bevoegdheid en moontlike verwydering as OB. Die komitee se ondersoek word egter nou ná byna nege maande vertraag omdat fondse vir regskoste uitgeput is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Martie Smartie ·

Ek hoop sy betaal uit haar eie sak vir die nonsens. Vader ons tog

Perdeby ·

Nee toe nie hulle ONS SA BURGERS het al miljoene vir haar regskostes betaal. Ons moet net eendag ons voet neersit en vir so 2 maande nie belasting betaal nie, dan val hulle almal uit die bus. Geen regskostes, geen rits die hele wereld vol nie, en geen gratis verblyf en parties nie.

Althes ·

En Dali Mpofu moet seker nog bakhand staan vir sy miljoene aan regsverteenwoordiging. Die tweetjies se paadjie hobbel maar sleg.

Sobymykoolkop ·

Is ek reg as ek sê dat al hierdie hofsake met belastingbetalers se geld baklei word. Sy gaan dit uitrek tot haar kintrak Oktober verval en sy haar volle voirdele kry, laat haar maar sommer nou gaan met al haar vordele.

Anel ·

O, wel, as jy nie geld het nie en jy het nie ‘n saak nie, kry vir jou. Dan gaan jy nie aan met die saak nie. Maar nie, maak noe saak hoe verkeer hulle optree nie, hulle is mos nooit skuldig nie!! Mors net ons geld!!!

Kokerboom ·

Die saak is regtig ‘n duur sirkus ten koste van belastingbetaler!!

Johanna ·

Belasting betalers SE geld betaal vir haar nonsens. Laat haar Gaan en kry Ander nar in haar plek

Aai ·

As sy in Amerika was ,was sy die volgende dag sonder werk hier ry hulle eers die soustrein voor hulle sonder werk is met ‘n golden handshake.

Pietertjie ·

Net soos ou zoompie. Kan nie die skrif aan die muur sien nie. Sien net Stalingrad se hekke.

Perdeby ·

Die staat het al hoeveel miljoen rand spandeer op haar regskostes, hoeveel nog. Sy moet nou begin haar eie koste betaal, dan val sy ook in ‘n dam soos Zuma.

Eden ·

Die hoeveelste “bloedneus” vir hierdie bloedsuier. Nietemin is daar geen einde nie, want staatsfondse word gebruik om bloedneuse uit te deel. Sulke goed gebeur gewoonlik as die pasiënte die malhuis bestuur. Soos in SA.

Grens ·

Dit gebeur as jy dink jy is slim, maar die arme res van die wereld moet met jou domgeit saam lewe.

Johanncb ·

Leer sy dan nie uit vorige hofbeslissings nie? Hoe lank wil sy aan haar pos probeer vasklou? Die skrif is mos lankal aan die muur! Ai tog!

efjy ·

Is daar na belangriker sake om voor die hof te kom nie. Hierdie onbevoeg bevinde persoon is nou seker die afgelope jaar besig om hoftyd op te eis vir haar onsinnige versoeke. Hoeveel kos die sirkus en hoeveel daarvan betaal sy. Dank haar af. Dan kan sy sonder enige verdere kostes haar saak verdedig .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.