Die nasionale ekonomiese ontwikkelings- en arbeidsraad (Nedlac) het ’n hoëvlakwerkgroep saamgestel om ’n dringende ekonomiese herstelprogram vir Suid-Afrika te finaliseer.
Nedlac se forum vir ekonomiese herstel, onder voorsitterskap van pres. Cyril Ramaphosa, het Donderdag virtueel vergader om te bespreek hoe Suid-Afrika sy ekonomiese probleme, wat vererger is deur die impak van die Covid-19-pandemie, kan aanpak.
Ramaphosa het in ʼn verklaring gesê daar is ooreenstemming dat die ekonomiese krisis ʼn toename tot gevolg het in die vlakke van kwesbaarheid, insluitend uiterste armoede en hongersnood, en dat maatreëls nodig is om verdere dalings in die BBP te stuit, te keer dat die begrotingstekort vererger en verdere werksverliese te voorkom.
“Ons maatskaplike vennote stem ook saam dat die stryd teen korrupsie verskerp moet word om te verseker dat oortredings nie die ekonomiese herstelpoging ondermyn nie. Daar word konsensus gekry oor wat gedoen moet word om ekonomiese herstel, transformasie, inklusiewe groei en ʼn wêreldwye mededingende ekonomie te bewerkstellig.”
Nedlac sal nou ʼn senior leierskap benoem om in ’n span te dien wat in die volgende drie weke ’n stel prioriteitsaksies sal opstel vir ekonomiese heropbou en die institusionele reëlings om hierdie aksies te ondersteun.
Die span sal fokus op gebiede soos werkskepping, ’n sektorale benadering, prioritisering van infrastruktuur, die behoefte om dringend aandag te gee aan energiesekerheid en die knelpunte vir ekonomiese groei.
Daar is volgens Ramaphosa ’n breë ooreenkoms dat voorstelle vir ekonomiese herstel ondersteun moet word deur onmiddellike maatreëls om werksgeleenthede en lewensbestaan te beskerm en om ’n bekwame staat daar te stel.
Die span sal ʼn ekonomiese herstelplan aan Nedlac en Ramaphosa voorlê waarna dit by die kabinet ingedien sal word vir bekragtiging.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
25 Kommentare
O koek, hier kom n ding. Dieselfde soort span wat Covid korrupsie moet uitwys? Nog n manier om te skep. Sjoe, maar hulle is vindingryk.
Julle ANC maak my siek VOETSEK.
Die taakspan van 20/30/40 “persone” wat ons belasting-geld kry, nie verdien nie, sal minder beteken as ‘n venster in n duikboot. Dit sal dan ook seker werkskepping genoem word, met die klem op “skep”.
Ja, haal net transformasie uit die vergelyking uit!
Is die mense bekwaam en wie is hulle. Of is dit net so groot geheim as die sg. Bevelsraad