Hoewebrand woed buite beheer

Argieffoto: Corlia Buitendag

ʼn Brand woed nog buite beheer in die omgewing van De Wildt tussen Brits en Pretoria.

Volgens Andrew Wallace van die De Wildt-brandbeskermingsvereniging het die brand Sondagoggend al ontstaan, maar weens die warm, droë toestande was dit tot dusver onmoontlik om die vlamme onder beheer te bring.

Stephens Bokapa, streeksbestuurder van Working on Fire, sê die brand het na ʼn bergagtige gebied versprei. “Die terrein is moeilik begaanbaar omdat ons dit net te voet kan bereik.”

Hy sê meer as 30 mense, onder wie inwoners van die omliggende eiendomme, help sedert gister om die brand te bestry. Niemand is beseer nie en dis onmoontlik om nou al die omvang van die skade te bepaal.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anoniem ·

Baie sterkte en ons bid vir ‘n wonderwerk ! Mag daar ‘n bui reën van God af kom wat die brand sal kom blus ! ???

leser ·

waars die lugmag nou met hulle bambies, o gaats het vergeet, ons het nie meer ‘n “lugmag” nie

christa ·

ja alles is reeds verwoes, Geen Weermag, geen polisie, geen hospitale, geen munisipaliteite. Alles het in die slag gebly toe hulle dit in die hand gestop is. Die gesegde se mos, gee die pinkie en die hele hand word gegryp

Vertrek ·

Alles word vernietig en afgebrand. Elke dag word ‘n nuwe veld aan die brand gesteek. Dis net rookvure orals waar jy kyk, dag en nag. Dag en nag hang stikkende rook in die lug. En as iets nie afgebrand word nie, dan word dit geplunder of besoedel. Al die riviere is reeds besoedel. Geen infrastruktuur word gespaar nie, soos met ESKOM. Stelselmatig word die hele land verwoes. Wie kan in so ‘n land leef? Geen toekoms vir kinders. Beste is om te emigreer.

Theresa ·

Hoop dit word in toom gekry – sal reuse skade wees as Magaliesberg begin brand.
Is meer as een brandweerspan (verskeie voorstede s’n) al besig om voorbrand te maak?? Duisende mense en eiendom hier ingedrang???

Heiletje Pretorius ·

Die Magalies brand al van saterdagnag af. Het hoog teen die kruin gebrand toe ons 9 uur gaan slaap teen 1 uur sondag oggend moes ons die kamp ontruim. Nie so lekker om ‘n kamp so te moes eindig nie. Ons gebede is met die brandbestryders en die inwoners van die omgewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.