Hof begaan ‘growwe’ foute in Zuma-aansoek

Oudpres. Jacob Zuma in die beskuldigdebank. (Foto: Michele Spatari/ AP)

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het “growwe feite- en regsfoute” begaan toe hy oudpres. Jacob Zuma se aansoek dat sy vervolging op aanklag van onder meer korrupsie permanent gestaak word, van die hand gewys het.

Dít volgens sy aansoek om teen die beslissing te appelleer. Volgens Zuma se regspan het die hooggeregshof boonop nie die jurisdiksie gehad om ʼn strafsaak in ʼn siviele hof aan te hoor nie, wat dit onreëlmatig maak.

In Oktober het regters Jerome Mnguni, Esther Steyn en Thoba Poyo-Dlwati Zuma se aansoek – dat sy vervolging gestaak word – eenparig en met koste van die hand gewys. Dieselfde geld vir sy medebeskuldigde, die wapenhandelaar Thales.

Die saak hou verband met die wapentransaksie van die 1990’s. Die staat voer aan Thales het Zuma, via sy voormalige finansiële raadgewer Schabir Shaik, omgekoop om die maatskappy teen ʼn ondersoek te beskerm.

Shaik is in 2005 skuldig bevind aan twee aanklagte van korrupsie en een van bedrog. Hy is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis, maar is later op mediese parool vrygelaat.

Die saak teen Zuma was vir langer as ʼn dekade in en uit die hof – totdat Shaun Abrahams, die voormalige hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), verlede jaar aangekondig het dat die klagte teen Zuma en Thales heringestel gaan word.

Luidens Zuma se appèlaansoek het die regters ʼn 2006-hofbeslissing oor die “bevooroordeelde optrede” wat die NVG teenoor Zuma getoon het, geïgnoreer. Die regters het volgens Zuma ook nie die feit dat die NVG “toegegee” het dat die optrede sy reg op ʼn billike verhoor skade berokken het, in ag geneem nie.

“Die hooggeregshof het hom verkeerdelik met onverwante feitelike oorwegings bemoei en die tersaaklike een geïgnoreer, of alternatiewelik, versuim om die relevante een genoeg gewig te laat dra in die assessering van die ware grondwetlike vraag oor of die NVG se optrede die permanente staak van vervolging regverdig.”

Zuma voer ook aan die hof het geen ag geslaan op die “onweerlegbare” bewyse van politieke inmenging, wat volgens Zuma se aansoek, gesien is in die 2009-bevindings van regter Chris Nicholson nie. Die appèlhof het Nicholson se bevinding later omgekeer.

Zuma voer ook aan hy het eindelik president geword ten spyte van die NVG se skending van sy grondwetlike regte.

Thales het intussen ook ʼn voorlopige aansoek ingedien om te appelleer teen die hofbeslissing. Hy het terselfdertyd ook die Konstitusionele Hof direk met ʼn appèlaansoek genader. Sou dié hof sy aansoek van die hand wys, gaan die aansoek in die appèlhof voort.

Thales voer ook aan die regters het verskeie foute begaan in hul uitspraak en dat dit nie ʼn grondwetlike ondersoek sal slaag nie.

Zuma én Thales se aansoeke word op 22 November in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aangehoor. Die staat het aangedui hy gaan dit teenstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johan ·

Shaik is vrygelaat omdat hy volgens mediese verslae (!?) so te sê sterwend was. Dit is jare later en die mater speel tog te lekker gholf!

Wonder Net ·

Die man sal niks oorkom nie, hy is slimmer as die houtjie van die galg. Hy lag lekker vir ons almal en hy weet daar sal niks van die aanklagte teen hom kom nie. Viva anc. En al die ander slimmes

Tiger ·

‘n Geval van lood vergiftiging is die beste uitweg vir die skerminkel anders gaan sy regspan die saak laat sloer tot hy aan natuurlike oorsake vertrek terwyl hy intussen heerlik lewe.

Eddie ·

Ons regstelsel moet nog navorsing doen oor hoe om met ‘n meester uitsteller en manupileerder te kan werk ! Zumpie het die stelsel in die sak !!

Dries B ·

Fabel agtige stories ek dag net ons op die onderste lyn maak foute ,laat mater se turf hy het daarvoor gesoek ,he he he joh.

Anoniem ·

Die regsargumente om appel klink vir my na ‘n desperate haarklowery.

Eddie ·

Ons regstelsel moet nog navorsing doen oor hoe om met ‘n meester uitsteller en manupileerder te kan werk ! Zumpie het die stelsel in die sak !!

JohanR ·

Hoeveel maal in Suid Afrika kan jy appel aanteken voordat ‘n regter, of hoer hof se genoeg is genoeg??? 20 keer, 25 keer, 99 keer??? Hoop dit is nou die laaste appel? Hy gaan hierdie appel ook verloor, en dan SAL hy sy dag in die hof kry….proes proes, hoes hoes, he he ha ha, weet nie, kan nie se nie, dink nie soe nie. Suid Afrika het rerig beter verdien as die ou…..

SjN ·

Hersien Shaik se terminale toestand, gholf speel is n wonderlike middel. Hy kan putt putt saam met ander gevangenes speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.