Hof bekyk weer PTA-tiener se wrede moord

Anika Smit. Argieffoto

Anika Smit. Argieffoto

Die Pretoria-Noord-landdroshof het gelas dat ʼn geregtelike ondersoek gedoen moet word ná die gru-moord op Anika Smit, die 17-jarige skoolmeisie van Pretoria wie se hande afgesny is nadat sy in 2010 verkrag en vermoor is, het Beeld Dinsdag berig.

Landdros Pierre Wessels het besluit om ’n formele geregtelike ondersoek in die hof aan te hoor. Wessels sal getuienis aanhoor voordat hy besluit of daar ’n prima facie-saak is om enigiemand vir die moord aanspreeklik te hou.

Die staat gaan onder meer haar pa Johan Smit, en haar voormalige kêrel Nico Venter, dagvaar om te getuig.

Anika, ʼn graad 11-leerling aan Hoërskool Gerrit Maritz, is in haar slaapkamer in haar pa se huis in Theresapark verkrag, waarna haar keel gesny en haar hande afgesny is. Haar hande is nooit gevind nie. Anika het die dag van haar moord nie skool toe gegaan nie omdat sy glo ʼn oorinfeksie gehad het.

Venter is aanvanklik van haar moord aangekla, maar die saak teen hom is later laat vaar omdat hy nie aan die moord verbind kon word nie.

Smit het aan Beeld gesê sy dogter se moordondersoek het tot ʼn stilstand gekom nadat kapt. Mike van Aardt verlede jaar aangestel is om die Oscar Pistorius-moordsaak te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Hierdie afskuwelike gebeurtenis het die hele land geruk en met afgryse gevul.

Wat vir my vreemd is, is die moordsaak teen Oscar dan belangriker geag as hierdie jong dametjie se moord ? Was daar dan geen ander ondersoekbeampte beskikbaar of bevoeg nie ?

willam ·

Hoekom haar hande afkap?Dit lyk baie na n moeti moord. Die ander saak is die Inge Lotz geval. Ek hoop en bid dat die skuldiges sal boet.

sarie ·

Hoekom nou eers begin soek,dis n saak wat lankal afgehandel moes gewees het,en beskuldige moes al sy hande verloor het.Die liewe Heer se in sy woord,as iets jou pla kap dit af.Ek hoop daar sal nou drasties na die beskuldige gesoek word,die ouers wil ook net aanbeweeg,hulle kan ook nie
as hulle weet iewers loop die moordenaar rond nie.Hoop hulle begin nou werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.