Hof beslis ‘boer’ is nie rassisties nie

grondwethof2

Die konstitusionele hof. Foto: Reint Dykema

Die konstitusionele hof het Donderdag bevind ʼn struggle-lied waarin dit goedgekeur word om “ʼn boer leed aan te doen” nie as haatspraak bestempel kan word nie.

Die hof het beslis dat die woord “boer” nie as rassisties beskou kan word nie.

Dit kom nadat die vervaardigingsmaatskappy Duncanmec vyf jaar gelede van sy werkers afgedank het omdat hulle dié lied ten tyde van ʼn betoging gesing het. Die arbeidshof het later bevind dat die werkers onregmatig ontslaan is. Duncanmec het hom daarna tot die konstitusionele hof gewend om teen dié beslissing te appelleer.

Die hof het egter die arbeidshof se beslissing gehandhaaf en gelas dat die afgedankte werkers onmiddellik weer aangestel moet word.

Die Zoeloelied wat die werkers gesing het, was gewild gedurende die apartheidsjare, en indien dit losweg vertaal word, kom dit daarop neer dat dit goedgekeur word om ʼn “boer leed aan te doen”. Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het vroeër gesê hierdie woorde verwys na die “afstammelinge van Hollandse setlaars in Suid-Afrika”.

Numsa het Donderdag die konstitusionele hof se uitspraak verwelkom en gesê die uitspraak bevestig nou dat die lied nié haatspraak is nie. “Numsa wen weer! Die konstitusionele hof het bevind werkers wat die struggle-lied “Umama uyajabula mangishayi ibhunu” gesing het, is nie skuldig aan haatspraak nie,” het die vakbond getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Anoniem ·

Tipies ne !!!!maar laat ons nou iets ding dan is die gort gaar ????

Des ·

Selfbeskikking is al hoe ons weer regverdig behandel sal word.

Brutus ·

Dis rassisties en haatspraak verseker, al weer n belaglike uitspraak.

Irma ·

As ‘boer’ dan nie rasisties is nie , wat van ‘leed aandoen’, is dit nie genoeg rede om aandag te gee nie? Hulle mis die punt of kern van die probleem. Volgens my gaan dit oor die reaksies teen gespesifiseerde bevolkings groep wat hieruit voort vloei. Moorde, benadeling, marteling en besering aan mense. Genade, dit lyk of mense met oogklappe so ‘n uitspraak lewer. Dubbel standaarde. Is daar finansiële of politieke voordeel om sulke onsinnigheid kwyt te raak en die deur oop te hou vir benadeling om voort te gaan. Ek is verstom.

Nutraal ·

Mens kan nie die “outyd” met nou vergelyk nie. In die tyd van nou word die betrokke lied in heheel anders vertolk en lei dit tot moord.

Leeutjie ·

Noem my maar n boer…Ek weet waar ek vandaan kom en n naam gaan nie my lewe beinvloed nie want ek weet waarheen ek op pad is!! As boer is ek trots om Sy kind te wees!

Hahaha ·

Die K woord is rasisties maar om mense met die dood te dreig is nie!? Hierdie land is ‘n sirkus. Al wat oorbly om ons regte en toekoms te beskerm is om hulle aan te vat met gewapende geweld…

fish ·

Ek stem saam Boer is nie rassisties nie, want ons is trots en nie fyngevoellig nie en kan ons wittes nie maklik insult nie,want ons sit nie met ‘n chip op ons skouers nie. Maar die liedjie wat gesing word is wel rassisties hits haatspraak en hits geweld op.

Albatros ·

fish is is geneig om met jou saam te stem. Ek dink ook nie ‘boer’ is rasisties nie. Maar dit is nie n woord hier wat die probleem is nie, dis die manier hoe die woord gebruik is. En dit is deur en deur haatspraak. Vergeet van die ‘k’ woord. Veronderstel ons sing dieselfde lied maar ons vervang ‘boer’ met ‘swart man’. Dan is die oortreding baie duidelik.

Asmain ·

Stem saam. Die hof sit die pot heeltemal mis. Dit gaan nie oor die woord “boer” nie maar oor die rassehaat wat aangeblaas word deur die sing van die lied.

Nutraal ·

Dis nou hierdie soort hofuitsprake wat sekere groepe tot rasisme, geweld en wat ookal drik. Dit maak n mens stres, dwing jou hemeur in die rooi en en laat mens sommer oor die geringste tot uitbarste kom.

ferdi ·

Jy kan my enige tyd Boer noem eks trots daarop Die witpolisie word ook boere genoem dit gebeur vadag nog.

Belaglik ·

KONSTITUSIONELE HOF IS OOK USELESS, SAAM MET DIE MENSEREGTEKOMMISSIE .. daar is geen regverdigheid meer in SA vir WITTES nie, net vir swartes. Julle gaan nog die wrange vrugte hiervan pluk . een van die dae sing hulle Kill Zuma en Kill Ramaphosa . onthou dan dit is nie haatspraak nie.

Belaglik ·

Julle verdraai alweer die storie . dit gaan oor om die BOER LEED AAN TE DOEN, nou haak julle by die BOER vas, wys die intellektuele vermoe van die mense by die sogenaamde konstitusionele hof .. seker weer net kaders.

René ·

Die feit van die saak is, die lied word letterlik opgeneem deur kinders. Ek bly in n kompleks en my bure se kinders speel nie cowboys en crooks nie, hul speel kill the farmer, kill the boer… wat op dees aarde het van die samelewing geword?

Jaco Olckers ·

Ek weet waar ek met die rasistiese CancER staan. Laat die werld sien wat hulle doen.

Magda ·

NOU GAAN MALEMA EERS DIE WOORDE GEBRUIK EN GEWELD AANHITS- EN WEER NIKS OORKOM NIE.

Johan ·

Wel dan is dit seker nie rassisties om te reken die Konstitusionele Hof is ‘n sirkus nie en die regters is die hoofnarre.

Tyd dat daar BEVOEGDE en OBJEKTIEWE regters (nie regstellende narre nie) die Konstitusionele Hof dien.

Gerhard ·

Nou ja. Elke dag word dit duideliker en duideliker. Daar is geen hoop of toekoms vir die Afrikaner in die Nuwe Suid-Afrika nie. Tyd vir Afrikaner organisasies om ‘n beter plan te maak.

Dawie ·

Beslis gaan dit nie oor boer nie. Dis dalk nie rassisties nie maar dit is beslis haatspraak en aanhitsing tot geweld teen sekere lede van die gemeenskap.

Skerpioen ·

Net weereens bewys dat net BLANKES rassisties kan wees. Geen swart mens kan ooit n rassis wees nie… What a joke!!! As ek geld gehad het, het ek wragtig my gesin gevat na ‘n ander land toe wat nie ‘n dom arogante “nie-rassisties” regering het nie.

henk ·

die woord BOER is nie rassisties nie, maar die feit is dat die lied geweld teen boere aanhits!! Die konstitusionele hof bewys nou keer op keer in sy uitsprake dat daar geen stelsel in hierdie land bestaan wat homself onafhanklik kan ag en almal, boere ingesluit, se regte beskerm nie.

Ben ·

Die woord “boer” is net die Identifiseerder so ook die K woord, Wat die probleem hier is, is die “Leed aan doen”. Dit is Haatspraak! Die woord “Boer” beteken ook Polisieman so indirek word daar gese om die polisie leed aan te doen. Swak uitspraak, nie ten gunste van die mense van Suid Afrika nie asook vrede en stabiliteit nie.

BOER ·

Twee vroue is Maandag laatmiddag met ‘n graaf op ‘n plaas net buite Northam in Limpopo aangeval

Dis die geweld wat die liedjie aanhits! Nie die woord boer nie.

Ons boere is nou in n “struggle for freedom” en gaant nou n struggle liedjie skryf.

Apartheid word ingestel nou deur die SA regering teen wit mense.

Ore ·

Maw,as ‘n “BOER ,lees blanke” vermoor word sal dit ook nie as misdryf beskou kan word nie?

Hannelie ·

Noem my maar ‘n boer……ek gee nie om nie. Want ek is trots en bly om een te wees.

Wilma ·

Nix in SA surprise my meer nie. Hoop Trump kan weer iets twiet rakende uitspraak

gatiep ·

Hulle kom al hoe nader aan om ons dood te kan maak,wettig te maak.
Op die oomblik is hulle besig met verskroeide aande beleid wat deur engelse gebruik was.
Enige mens kan uitwerk en sien dat as hulle nie gestop word nie ons vrouens kinders in konsentrasie kampe gaan beland.
Wonder maar net wie gee vir hulle al die blink idees.Ek sien nog verskriklik swaarkry voor vir ons.
En so jaag die meeste afrikaner geld na terwyl dit niks vir hulle op ou end gaan beteken nie.

Nita ·

Die boer leed aandoen???waar kom die eufenisme vandaan? Wie bluf hulle. Dit was kill the boer kill the farmer. Nou verdraai hulle die woorde soos dit hulle pas.

Kalahari ·

Volgens die berig op news24 is die woord Boer nie rassisties nie, waarmee ek saam stem. Tog is bevind dat die gebruik in die lied onvanpas is. Wat beteken dit en is daar enige gevolge? Kan jy dit sing maar dit is nie aan te beveel nie of is dit reg om dit te sing? Ek is deurmekaar!

NuweSA ·

DIS BELAGLIK! Ons mag dan nie eers die ou volkslied sing nie dan is ons rasisties, maar hulle mag hulle dreigende liedere uit die apartheidsdae voorentoe vat? Hier is my redenasie…. Hierdie mense wat nog steeds ons land regeer is die geleentheid gegun om ‘n beter plek van SA te maak en nie die foute van die “apartheid” te herhaal nie sodat almal in vrede kan lewe, maar kyk waar sit ons nou vandag?

RINA ·

DIE WOORD BOER IS ‘N EER VIR MY, MAAR OM TE SE DOEN DIE BOER LEED AAN IS VIR MY ‘N BEDREIGING OP MY LEWE EN DIS WAAR DIE FOUT LE

Van der Merwe ·

Word wakker Maroela Media – raak julle nou soos News 24? Julle opskrif is misleidend. Dit behoort te lees: “Kill the Boer liedjie nie rassisties”
Ek is ‘n trotse boer en neem aanstoot met julle opskrif.. .

Casper Labuschagne ·

Duidelik is Rassismelaan ‘n eenrigtingstraat waarin die verkeer slegs vanaf wit na swart kan vloei en nooit andersom nie. Ons moet die linkses se speelveld van rassisme kortwiek deur op respek te fokus, want die linkses self het geen respek vir niks of niemand nie.

LHS ·

Okay, van nou af praat ons Wiskunde, X vermoor vir Y. Z treë op teen X plus nog n paar X’e
Dit wil së X – Y = Z – 3Y

van der Merwe ·

Maroela Media, ek sê weer: Julle opskrif is misleidend, en behoort te lees: “Kill the Boer liedjie nie rassisties”.
Moenie soos julle mededingers raak met misleidende opskrifte nie – ons wil graag hê julle moet jul geloofwaardigheid behou.
Ek is ‘n trotse boer . . .

jaco ·

SA se hele grondwet moet herskryf word tot die volgende:

1. wit mense verloor stemreg vir die nasionale parlement
2. wit mense word formeel 2deklas burgers verklaar
3. wit mense mag net sekere werk doen. bevorderings word ook net tot op sekere vlakke toegelaat
4. rassisme is net rassisme as wit mense lelik is met swart mense. Strawwe vir sulke rassisme word duidelik in die grondwet beskryf.
5. Swart mense wat lelik is met wit mense en hulle selfs leed aandoen, is aanvaarbaar. Dis deel van wit mense se ewige “straf” vir apartheid.
6. wit mense met dubbele burgerskap van ander wit lande, word onmiddelik verplig om soontoe te verhuis
7. res van die wit mense word verskuif na die wes-kaap, en kry selfregering. Die argument dat dit nie gedoen kan word nie omdat ons belastinggeld te belangrik is, is nonsens, want dan sou daar nooit regstellende aksie en BEE gewees het nie.

Eks nie op LSD of tik terwyl ek hierdie goed uiteensit nie. Gaan dink mooi: met sulke goed in die grondwet ingeskryf, sal ons wit mense PRESIES weet wat is ons regte en wat nie. Ons sal weet presies waar ons staan.
China doen dit met Hong Kong, Israel doen dit met die Palestyne, Italië doen dit met sy Duitse minderheid – miskien met meer gelyke behandeling as wat die ANC ons wittes sal gee, maar die beginsel is dieselfde: skuif die minderhede uit en laat hulle hulle in n mate hulle eie ding doen.

Snowball ·

Konstitusionele hof, so nie net een regter wat uitspraak gee nie. ‘ n Meerderheidsstem word aanvaar in uitsprake en ten minste 8 van die 11 regters wat daar dien, hoor ‘n saak aan, meestal hanteer al 11 al die sake.

pinkie ·

Alle Afrikaanssprekendes is tegnies “afstammelinge van Hollandse settelaars in Suid-Afrika”. Dus kom die liedjie daarop neer dat dit alle Afrikaanssprekendes leed aangedoen moet word!! Dit is nie ‘n probleem of aansporing tot leed op ons nie?? Dis ok???
PS: Noem my maar ‘n boer, ek sal nooit aanstoot neem nie.

AgAsseblief ·

Geen geloof in die land se howe of ” regering ” nie. En net soos die vorige ANC geen respek gehad het vir die ou regering nie, taan my respek daagliks vir die land se regering en howe.

Kortsluiting ·

We are all equal, BUT some are more equal than others.
n Aanhaling uit George Orwell se boek, Animal Farm.

Staak ·

Haatspraak is nie net n enkele woord nie maar n boodskap wat gekomunikeer word.
Is daar geen intelegente mense meer in die land oor nie, geen wonder die Chinese sit vir Cyril so ore aan nie.

Lord de Villiers ·

Ek dink die geleerde regters het die punt gemis, òf hulle was doodgewoon intellektueel oneerlik. Die saak het niks te doen daarmee of die term “boer” rassisties is nie. Die punt is of dit haatspraak is om leed aan enige minderheidsgroep, ongeag wat jy hulle noem, te verkondig. Die antwoord is ja en die agbare regters se onderrokke hang uit.
O, en ek is trots om ‘n boer te wees.

Karen van Zyl ·

Hie Hie Hie, maar ek wil graag ‘n wedenskap met jou aangaan……..

Stella Barnard ·

As ek wit boer ni goed genoeg is vir SA ni dan is my wit boere geld ook ni goed genoeg vir SA ni..pak op en skoert na waar ek en my geld waardeer word!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.