Hof beslis Derby-Lewis moet op mediese parool vrygelaat word

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Die hooggeregshof in Pretoria het gelas dat mediese parool aan Clive Derby-Lewis toegestaan word.

Derby-Lewis (79) dien lewenslange tronkstraf uit vir sy aandeel in die sluipmoord op SAKP-leier Chris Hani in April 1993. Sy aansoek om mediese parool is al herhaaldelik afgekeur.

Regter Sebly Baqwa het Vrydag in sy uitspraak gesê die voorwaardes van sy parool sal deur Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste en justisie, en die mediese paroolraad bepaal word. Dit is met onmiddellike effek. Baqwa het gelas dat die gevangenis teen nie later nie as 5 Junie aan die bevel moet voldoen.

Die respondente in die saak is beveel om die koste van die aansoek te betaal. Baqwa het tydens sy uitspraak die onderskeie partye se regsargumente aangehaal oor of Derby-Lewis fase 3b- of fase-4 kanker het en oor of hy berou getoon het vir sy dade.

Masutha het op 30 Januarie vanjaar mediese parool aan Derby-Lewis geweier waarna sy regsverteenwoordigers ’n hersieningsaansoek gebring het. Masutha het Derby-Lewis se parool afgekeur aangesien hy volgens hom fase 3-kanker het en dit volgens wet fase 4 moet wees voor mediese parool oorweeg word.

Roelof du Plessis, Derby-Lewis se regsverteenwoordiger, het egter in die hof aangevoer dat twee van die drie dokters wat verslag gelewer het, tekens van fase-4 kanker gevind het. Hy het gesê hy nie kan verstaan waarom die derde dokter nie tot dieselfde gevolgtrekking gekom het nie.

Du Plessis het ook aangevoer dat Derby-Lewis pogings aangewend het om Hani se weduwee om verskoning te vra maar dat sy dit van die hand gewys het.

Derby-Lewis het reeds 21 jaar tronkstraf uitgedien vir sy aandeel in die moord op Hani.

News24

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Eliza-beth ·

Ag ek hoop maar alles werk nou uit vir die arme ou man. Mag hy nou maar uitkom en dan rustig sy laaste jare slyt. Mense moet leer vergewe – die weduwee van Hani sal nog sien vergifnis stel mens vry, maar van jou ‘n beter mens en neem bitterheid weg…

Eliza-beth ·

Ai tog… moet lees “maaK van jou ‘nbetr mens…”

Marius ·

Ek hoop nie Masuta gaan appelleer nie hulle wil vir Clive lewenslank in die tronk hou

Joe64 ·

Nou net die rondslomp en onbevoegdheid van de gevangenis dienst en siedaar, dalk is hy uit op parool voor sy begrafnis.

Jannie van Niekerk Riviersonderend ·

Ek is bly iemand in die regstelsels het nie voor ANC druk geswig nie. Tien uit tien vir egyter Baqwa. Vir diegene wat gekant is teen Mnr Derby-Lewis se parool, hoekom dring julle nie daarop aan dat die bomplanter en moordenaar Robert McBride lewenslank tronk toe moet gaan nie?

Lappop ·

Uiteindelik, dankbaar saam met hulle.
Net jammer dit het so lank geneem, hoop hy het darem nog ‘n tydjie saam met sy geliefdes.
Ja, wat van Mc Bride, wat ‘n krimenele rekord so lank soos sy arm het? En die wat mediese parool gekry het om te gaan golf speel?

Berhalet Beukes ·

Dis sy beurt! Mag hy in vrede die laaste bietjie van sy lewe saam met sy familie spandeer!

Johan ·

Ek stem saam met Jannie – tien uit tien vir Regter Baqwa wat hom nie laat rondneuk deur nog een van Zuma se sogenaamde comrade Ministers nie.

Ek hoop werklik dat die tyd wat nog oor is vir Clive -Derby Lewis een van vreugde en liefdevolle samesyn vir hom en sy familie sal wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.