Hof beslis hulle gades mag terugkeer na SA

court-hammer_thumbDie Wes-Kaapse hooggeregshof het beslis dat twee Suid-Afrikaners se gades na die land mag terugkeer nadat hulle vroeër toegang tot die land verbied is weens nuwe immigrasiewetgewing.

Die departement van binnelandse sake het intussen gesê hy neem kennis van die uitspraak en dat hy dit sal bestudeer voor hy kommentaar lewer.

Volgens die SABC het Brent Johnson en Cherene Delorie die departement hof toe gevat oor wat hulle noem “ongrondwetlik wetgewing” betreffende visum-aansoeke. Albei se buitelandse gades is belet om na Suid-Afrika terug te keer.

Volgens die departement het die twee se gades nie behoorlike prosesse gevolg toe hulle hul visums vroeër in 2014 hernu het nie.

Volgens die openbare uitsaaier het regter James Yekiso beslis dat Johnson se vrou en seun wat tans in Denmark is en Delorie se man wat tans in Zimbabwe is, toegelaat moet word om terug te keer na Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.