Hof beslis oor Chris Hani-moordenaar

hof-hamer

Argieffoto.

Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag ʼn beslissing gemaak rakende Chris Hani se sluipmoordenaar, Janusz Walus.

Die hof het beveel dat Walus op parool vrygelaat moet word. Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement van justisie, het gesê die departement sal die uitspraak bestudeer en besluit of hulle gaan appelleer.

“Ek kan nie bevestig dat hy wel op parool vrygelaat sal word nie. Wat ek kan bevestig, is dat die regter gesê het hy moet binne 14 dae op parool vrygelaat en borgtogvoorwaardes gegee word,” het Mhaga gesê. “Ons gaan steeds die uitspraak bestudeer en besluit of ons appèl sal aanteken of nie.”

Walus, ʼn Poolse immigrant, het Hani, die leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), op Paassondag in 1993 doodgeskiet. Hy is oorspronklik die doodstraf opgelê, maar dit is later na lewenslange tronkstraf omgeskakel nadat die doodstraf afgeskaf is.

Clive Derby-Lewis, wat ook lewenslange tronkstraf uitgedien het vir sy aandeel in die moord op Hani, is verlede jaar ná herhaalde pogings op mediese parool vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Michael ·

Sjoe,die ou is al amper net so lank soos Mandela in die tronk hy het sekerlik nou sy straf uitgedien maar as hulle will appèl aanteken teen die uitspraak moet asb nie vir Shabir Sheik wat wonderbaarlik genees het vergeet nie

Frederik ·

Dit wil voorkom of Derby-Lewis ook van Shaik se muti op die swartmark kon kry. Dit bly tragies dat Walus juis hierdie karakter moes ontmoet toe hy destyds besluit het om SA te besoek.

Piet ·

Moes Reeva se familie ook toestemming gee vir parool of is dit net omgekeerde politieke moordenaars waar familie mag inmeng?

Jan maak n Plan ·

Dis mos al om bekend dat daar twee stelle reels is. DIe met “maats” en die sonder “maats”.

Bruno Stef ·

Janusz Walus se agtergrond is dat hy na SA ge-immigreer het ten tyde van die okkupasie deur die Russiese kommuniste van Pole na die tweede wereld oorlog.Hy het kommunisme met n passie gehaat omrede van sy familie lede deur die kommuniste gemartel en gedood is en seker maar vir Hani as SA kommunistiese leier as n goeie teiken gesien om wraak te neem.

Boervrou ·

Los tog asb nou vir Oscar uit. Hoekom hom by alles wil insleeo sal net die wraaklustiges weet. Onthou daar is baie van Oscar se geld na die Steenkamps toe. Hy het geboet vir sy daad

Paul ·

Geen geld kan vir Reeva se lewe betaal nie, Oscar kry eintlik baie minder as wat hy verdien.

Henri ·

Haat en vennyn gaan ons nerens bring nie. ons is mos baie gou om te sê ons is Christine, as dit dan so is, hoekom leef ons nie ons Christelike waardes uit nie. Gods woord sê ons mag nie oordeel en veroordeel nie, ons moet in vrede met mekaar saam lewe en die groot ding wat niemand wil doen nie, Vergewe, ONVOORWAARDELIK, natuurlik, spreek vry en maak jouself los van hierdie saak wat jou in die hel kan laat beland. Ek dink dat met die oordeelsdag, daar ‘n baie groot persentasie Christine gaan wees, wat hel toe sal gaan, net omdat hulle oordeel en nie kan vergewe nie, of vals is daarmee.
Daar is ‘n baie mooi gesegde wat my moeder my nog geleer het, naamlik “leef en laat leef.” Ons sal nooit die waarheid weet nie, net God en daardie mens weet, daarom, al julle ou brommers wat net altyd reg sit om ander te oordeel en dan nog die vermetelheid het om Sondae op die kerkbanke te gaan sit, dink na oor dit wat jy sê en dit wat jy doen en vergelyk dit met die Woord van God wat jy sê jy aanhang en kyk waar staan jy.

Lorra ·

Boervrou, nee, Oscar het geld gegee hul het dit nie aanvaar, geld kan nie hul dogter vervang nie, en nee sy straf is ver van verby af dis nie wraak dis net regverdig, kon nog vir hom respek gehad het as hy erken het hy het sy ou humeurtjie verloor en haar geskiet, maar sy gelieg het die meeste eerlike mense teen hom gedraai, kan nie wag vir 18 April dat hy sy straf kry, Oscar word nie by alles ingesleep dis ‘n blote vergelyking gewees.

Arizona ·

@Boervrou. Waar kry jy jou inligting vandaan dat Oscar se geld na die Steenkamps toe is. Hy het geld aan hulle ge-offer en hulle het dit van die hand gewys “bloedgeld”. Oscar is skuldig aan moord en solank as wat hy nog lekker op sy bed slaap en heerlike maaltye nut, sal en gaan hy geassosieer word met die daaglikse gebeure. Hetsy dit nou die parool opskrif is of die moord opskrif. Hy het gemoor en dankie Here hy gaan boet daarvoor. Sy snot en trane gaan hom nou niks help nie. Jammer as jou hart seer is vir hom maar ek het geen simpatie vir hom nie.

jaco ·

Die kommunisme wat in Pole toegepas is, was baie ligter as in bv die USSR en China. Daar was godsdiensvryheid en n mate van private grondbezit. Almal het ook werk gehad en universiteite en mediese dienste was gratis en van goeie gehalte. Hy het eintlik geen rede gehad om sy land te verlaat nie. En wat hy hier kom doen het was baie onnozel. Dinge sou vandag baie beter gewees het onder Hani as onder Zuma

Wat-ek-lees ·

Hier by ons het twee pole aangekom nadat hulle in Walvisbaai van die boot afgespring het om die kommunistiese juk te ontsnap. Glo nie dit was so lekker in Poland om jou vrou en familie agter te laat.

Ben ·

Jaco, jy is reg. Ek en jy was lankal 6 voet onder of dalk op Robbeneiland.

Willie ·

Me Hani en die kommies is n mooi voorbeeld van hoe haat instand gehou en aangewakker word..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.