Hof beslis oor godsdiens in skole

Argieffoto: Don Mcphee/Guardian

Die hooggeregshof in Johannesburg het Woensdag uitspraak gelewer in die saak oor godsdiens in skole.

Die hof het beslis dat godsdiens wel in skole beoefen mag word, maar dat ʼn skool nie ʼn enkele godsdiens mag bevorder nie. Regter Willem van der Linde het in die waterskeidingsaak oor die behoud van godsdiens in skole gesê daar moet gepraat word oor diversiteit in openbare skole. Hy het beveel dat die reëls van ʼn beheerliggaam of ʼn openbare skool nie ʼn leerder mag uitsluit nie.

Van der Linde het beslis dit druis in teen die Skolewet vir ʼn openbare skool om een geloof of hoofsaaklik een geloof te bevorder en sodoende ander uit te sluit en die belange van enige geloof ten gunste van ʼn ander te bevorder. Volgens die uitspraak mag godsdiens in skole beoefen word, maar mag geen individue uitgesluit word weens hul geloof nie.

Die Organisasie vir Godsdienste-onderrig en Demokrasie (Ogod) se saak is deur die ses skole en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) teengestaan, sowel as deur Solidariteit en AfriForum wat as vriend van die hof namens die skole toegetree het.

Maroela Media sal later meer in besonderhede oor die uitspraak berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

MCH ·

Sou dit private skole insluit? Ek kan my nie indink dat die Moslemskole wat gewoonlik by die kerke is, “infidels” gaan inneem en hul toelaat om ook in hul godsdiens onderrig te word nie.

Kalf ·

Baie, indien nie die meeste, “Moslemskole” is openbare skole wat hul vryheid van godsdiens uitoefen onder dieselfde skolewet en grondwet waarvoor hierdie “Christenskole” gedagvaar is. Die hofuitspraak sal hulle dus ook raak en sal hulle SBL ook moet evranderings aanbring. Dit geld vir alle openbare skole wat enige godsdiens voorkeur aanhang.

Privaatskole sal waarskynlik nie daardeur geraak word nie.

A ·

Maak seker ons en ons kinders is kinders van God. Dan verdwyn alle vrees. Daarom is vrees van die duiwel. Sterkte ouers en onthou n kind doen nie wat ons se nie maar wat ons doen.

Louw ·

MY God is n jaloerse God….en hy wil alleen gedien word……

Meneer ·

Laat my nou dink aan die ryk van Koning Agas. Ons is in dieselfde greep as wat hulle by die Assiriers was. Ons is ook uitverkoop en moes net plek maak vir al die gode

Desmond Matthee ·

Nou vra ek. Wat van die Moslem/Islam tipe spesifieke skole?

Martin de Beer ·

Ek sal graag wil weet van wanneer af die landswet ons Almagtige God gegewe wet en reg wat vir alle mense dieselfde is oorskry? Wie is die brein agter hierdie propogande wat net een uitkoms kan he? Ons moet miskien n onderskeid maak tussen staat skole en publieke skole. Hierdie is belaglik en ek is verstom in die min media aandag aan hierdie belangrike saak.

LMF ·

Stem saam jou maar ons as ouers en grootouers moet maar ons kinders leer kerk toe gaan ook soos my kleindogter in laasjaar Desember vir my sê Oumie ons moet begin kerk toe gaan sodat ons hartjies kan wit word en ja dit het my hard geslat so Elke meer leer ken ek my God beter ken

Fanie ·

Goeie nuus dat skole met godsdiens mag voortgaan! Sonder so waardekompas sou skole chaoties word. Die meer as 100 versoeke van die ateistiese aansoekers is afgewys. Kom ons wees verdraagsaam teen die minderheid wat nié glo, maar ook verdraagsaam teen die meerderheid wat wel hul kinders Christelik wil opvoed.

Basson ·

Fanie – hoekom dink jy net ‘godsdienstiges’ het ‘n waarde kompas?

al ·

Ñ Mens se lewe is ongelooflik geseënd wanneer jy ñ persoonlike verhouding het met die Here. Ek is ñ lopende bewys daarvan. Hy hou jou uit die vangnette wat jou skade kan aandoen.
Ek stem dat nie almal is slegte mense wat nie die Here dien nie. Daar is tog gebroke, verlore siele wat uit disfunksionele gesinne kom, wat net kan baat by Christenskap.

Anne ·

Al, stem so saam met jou. Niks sal ons van ons Christenskap kan skei nie.

Potlood ·

Wat definieer godsdiens? Nee hel man, as mens alle godsdienste moet toelaat sal jy nie skool hou nie, maar eerder heeldag die voels aanbid en en en en en.

Dis die probleem hier is onse land. Almal wil almal saam laat alles doen en leef en dit kan net nie so werk nie. My waardes is nie joune nie, dus kan ek nie saam jou neus grou nie. Ek stel ook nie belang om voor jou te staan terwyl jy dit doen nie…

Die een geloof mag mens niks dood nie, maar die ander is fine daarmee. So watter geloof is die wet? Daar moet Reels en Wette wees (Fondasies, Standaarde)!!!

Nous die tokolosie en die been-bidders ook geregtig met hulle moetie…..

Burger ·

Eksklusiwiteit maak geen sin nie , nie vanuit n wereldse perspektief nie en dit is ook nie deel van die Christelike karakter nie . Eksklusiwiteit in godsdiens kweek die verkeerde trots.

Gerhard Burger ·

Godsdiensbeoefening is duidelik te onderskei van Godsdiensonderrig. Laasgenoemde is deel van die akademiese leerplan, terwyl eersgenoemde ‘n vrywillige meelewing is. Ek weet nie waarop die hof gesteun het in argumente wat die Skolewet betref nie. Dit sal wel binne die uitspraak vervat wees. Die uitspraak sal ook behoorlik bekyk moet word om die gevolge vas te stel. Daar is al dikwels argumenteer dat godsdiensbeoefening strydig met die Skolewet is, en by die huis en kerk hoort. Dit is egter ‘n omvangryke argumenteerbare saak dat dit wel in skole tuisgebring kan word. Sulke beoefening is ook ingevolge hierdie uitspraak as ‘n gegewe wat regtens beoefen kan word, bevestig. Met bestudering van die uitspraak kan daar egter gronde wees om die uitspraak op appèl te neem. Hierdie besondere onderwerp het al voorheen in die Grondwethof ter sprake gekom, en ‘n besondere klomp positiewe argumente vir die reg tot godsdiensbeoefening, en selfs die reg tot voorkeur van ‘n bepaalde godsdiens onder bepaalde omstandighede, uitgemaak. In hoe ‘n mate die Grondwethof se benadering deur die hooggeregshof in ag geneem is, is onbekend. Dit mag wees dat die betrokke teen-partye hoër beroep sal oorweeg.

sonja ·

Baie dankbaar vir uitslag. Sit die kern terug in die skoolwapen.

Dawie ·

Die goed so. Net jammer dat Afriforum hul lede se geld gemors het op ‘n saak wat hulle nie kon wen nie.

Annie M ·

AfriForum verloor soveel sake, maar die oorwinning vir OGOD sal dalk nie goed afgaan by AfriForum nie. :)

Daar het mos predikante fiets getrap van SA na Namibia om geld in te samel. Ooo, happy days. Mos. :)

Soolaimon ·

Waarom is jy jammer dat Afriforum hulle geld volgens jou “gemors” het, Dawie? Jy is sekerlik lid?

Boeremeisie ·

Nou wonder ek maar net hoe gemaak met katolieke skole, muslim skole ens. Wat gaan hulle doen want hulle mag nou nie uitsluitlik katolieke of muslim geloof beginsels bevoordeel nie. So wat staan skole nou te doen. Bv opening van verrigtinge? Sal daar nou gebid word in elke denominasie binne die skool?

Jan ·

Hulle neem net nie kinders met ‘n ander geloofsoortuiging in die skole op nie.

Maar dan aan die ander kant is die Afrikaanse skole, waar die Christelike godsdiens beoefen word, die enigste skole waar persone wat ander gelowe het aansoek om toelating doen. Dan moet daar aan hul gelowe ook gelykheid geskied.

Jan ·

Dit laat my egter ook aan die voormalige PU vir CHO dink (universiteit), waarvan die CHO afgebreek is sodat dit vir alle gelowe, en nie net daardie met ‘n Christelike inslag nie, voorsiening maak.

En kyk wat het ons daar vandag. Dus lyk dit my die aanslag is deesdae spesifiek teen die Christelike en Afrikaansse skole (Afrikaanse universiteite is reeds bykans afgebreek). Maar daardie skole wat jy hier bo meld het egter nie ‘n probleem nie, omrede my kommentaar hier bo. By daardie skole word net Muslims of Katolieke toegelaat.

Jingizu ·

Meeste Muslim en Katolieke skole (asook Joodse skole) is privaat skole, nie publieke skole nie. Die uitspraak is net van toepassing op publieke skole.

Verward ·

Ek verstaan nie. My kinders het in graad 4-7 geleer van ander gelowe en hulle tradisies en gewoontes, selfs take moes doen. My 11 jarige het toe uitgevind dat almal nie in God glo nie. So waar moet hulle nog van dit inbring? Die MEC van onderwys in Gauteng wil die tradisionele afrikaans skole se etos vernietig. Aan die voorpunt daarvan staan ons geloof. Toe ek skole vir my kinders soek, het ek juis skole gekies met Christelike waardes. Omdat die onderwys dept te min skole het, moet die skole etos verander. Ja, GOD sal oorwin, ons moet net sterk staan teen die duiwel se aanslae.

Agnes Bester ·

Ouers, gaan terug na julle doopbelofte en weet God is in beheer! Julle as ouers het ‘n ontsettende groot taak om julle kinders van kindsbeen van Jesus te leer!

Verward ·

Dit gaan nie oor Katoliek, NG, of watter kerk verband ookal nie. Dit gaan oor Christene (waarvan katoliek en die NG ens deel is). Daar word reeds vir jare dominees en priesters na skole genooi vir opening. Dit gaan oor atieste, Moslems en al die ander vorms van aanbidding, of dan nie.

Rooikop ·

Askuus? Katolieke is Christene?? Hulle aanbid dan die dooies en glo jy kan net vergifnis ontvang as die pope dit vir jou gee… Bietjie ver van christenskap as jy my vra…

Jingizu ·

Ag werklik Liza en Rookop? Die katolieke is natuurlik christene.

Louise ·

Nee weet julle wat die problem is, is dat ouers hulle kinders in n Christelike skool inskryff met sekere standaarde en dan soos gewoonlik als vir hulle laat verander. Dan moet daar verskillende tale in skole be-oefen word, dan Gods diens afgeskaal word, dan die dan daai.
Dis omdat elke skool hulle standaarde het en as jy nie daarvan hou nie, Hou verby en gaan nou jou skool van jou keuse, ek is amper 101% seker daar is skole wat Gods diens uitsluit.
Ek kan mos nou nie my kind in n skool inskryf nadt ek weet waste reels die skool het en die reels prober verander omdat ek nie daarvan hou nie.
Met alle respek dis hoekom daar bv n Moslem kerk is want hulle geloof verskil soos ons Christen sin verskil van hulle sin. Ek kan nie na n moslem kerk toe gaan en se ek hou nie van julle geloof of verander dit nie. Dis hulle reg, hulle het hulle kerk opgebou. Wat ons moet leer is aanvaarding en privaatheid vir almal se keuses in die lewe en dit nie AFDWING nie

Derick ·

Hoeveel afrikaanse, publieke skole is daar wat godsdiens uitsluit? Deur julle geloof in die skool op alle kinders af te dring is mos AFDWING of hoe?

Ek is so bly die tyd het aangebreek dat julle nie meer net kan maak soos julle wil nie.

Anneke Barnard ·

Ons mag seker aanvaar dat meeste van ons belasting betaal en geregtig is daarop om van die publieke skole in ons omgewings gebruik te maak. Ons mag dan seker ook aanvaar dat hierdie publieke skole nie aan enige christelike gemeenskap behoort nie. Hoekom moet die persoon wat nie soos jy glo nie, sy kind kilometers ver in ‘n ander skool gaan inskryf? Die wet wat jy nou wil voorskryf is seker op jouself ook van toepassing?

Lizelle ·

Ek het nie besef daar is so baie ateïste in die land nie.

Bees ·

Lizelle – BAIE en ons betaal ook almal belasting en stuur ook ons kinders na openbare skole. Net so Muslims, Hindoes, Jehovas ens. Almal betaal belasting. Daarom kan ‘n openbare skool nie verkondig dit is ‘n Christen skool en hulle wil op ander afdwing nie. Dit is nooit vrywillig of sonder brandmerk nie.

Louw Wepener ·

Nie almal wat die saak ondersteun het van die OGOD kant af is ateiste nie – hulle wil dalk net eerder geloof by die huis beoefen, waar dit hoort – maar daar is baie baie meer ateiste in die land – afrikaner ateiste daarby – as wat mense besef. Dis 2017, en mense beweeg verby mites.

Anneke Barnard ·

Ja, die mense begin stadig maar seker agter kom wat is reg en wat is verkeerd.. Dis ‘n goeie ding.

Willem ·

Moet die christene nie die uitspraak respekteer as God se wil nie?

Louw Wepener ·

Net so, maar uit die kommentaar blyk dit dat hierdie lyk my nie God se wil was nie……

Dellaq ·

Ek gee nie om wie in wat glo nie, solank dit nie in my of my kinders se kele afgedruk word nie. Dis nie net christene wat goeie waardes het nie….Watter geloof ook al van jou die beste mens maak….met goeie, morele waardes. Ek ken mense wat ateiste is wat “beter” mense is as meeste christene.

T N ·

Jy is heeltemaal reg want hulle doen SELF verantwoording vir hulle optrede . Dit is ‘n onding dat geloof in kinders se kele afgedwing word .

pierre ·

Jy kon dit ook andersom gestel het, Ek ken christene wat baie beter waardes het as meeste ateiste.

Johann cb ·

Die regter se uitspraak is baie…regverdig! Nogal wat ek verwag in ‘n diverse demokrasie!

Kosie ·

Logika het geseevier. Hierdie was vir my ‘n “no-brainer” van die begin af.

MJ ·

Ek het my kind al van kleins af geleer dat daar ander mense is wat in ander gode glo en ander gelowe het.. MAAR, ek het haar ook geleer van die een Ware God waarin ons glo en dat haar Here Jesus Christus is. Mense, hierdie is die realiteite van die wêreld en hierdie dinge gaan gebeur….waarsku Jesus nie ook vir ons oor hierdie dinge in die Bybel nie…? Die eindtye is hier….

marous ·

Die geloofs grondslag vir privaatskool is die reg van die beheerliggaam wat dit vasstel. Dit is dan deel van ‘n ooreenkoms of jy jou kind daarnatoe wil stuur of nie. As daar ‘n Moslem of Hindu of Christen skool is met die voorwaardes , sal dit net ‘n halstarrige ouer wees wat dit sal wil aanvat. Hierdie uitspraak gaan verseker net praktiese implikasies vir Christen godsdiens inhou want die ander baklei baie harder vir hul geloofsreg.

Jingizu ·

Nee, hulle veg nie harder vir hulle geloof nie. Hulle het eenvoudig privaat skole gaan bou vir hulle geloof. Daar is baie christen privaat skole ook…

Ouma ·

Suid Afrikais nog altyd daarvoor bekend dat elke mens in hierdie land sy eie geloof in VREDE kan uitleef. Mense van verskillende gelowe kom wonderlik met mekaar oor die weg omdat ons mekaar nie kritiseer nie, en mekaar se geloof respekteer. Geloof is na alles jou eie keuse en oortuiging. Dit hoort ook so in skole. Daar moet vir elke gelowige kind (maak nie saak van watter geloof hy/sy is nie, voorsiening gemaak word om bymekaar te kom in groepe volgens hul geloof. Byvoorbeeld voor skool of ander tye in die week sodat kinders kan groei in die geloof van hulle keuse. Die wat nie wil deelneem nie, mag uitsit. Predikers van verskillende gelowe behoort daarvoor verantwoordelikheid te neem. Elke geloof het sy eie waardestelsel, en kinders moet so iets in hul lewens hê om hulle op koers te hou. En verder, tensy dit ‘n spesifieke lesing is oor verskillende gelowe, hou godsdiens uit die klasse uit. Onderwysers moet deur die liefde wat hulle na die kinders toe uitgee, “praat”. Dade spreek nog altyd duideliker as woorde.

Faan ·

Dit gaan nie oorgelowiges en ateiste nie . Dit gaan oor die susterkerke wat stil, stil hulle “Spur” moment gehad het en dat ons , ons nie meer laat voorskryf deur mense wat verkondig dat hulle die alleen waarheid het nie.

weesWys ·

Ja, né…maar die duiwel sal beslis uitgesluit word uit die hemel.

Stefan ·

Bravo! ‘n Fantasties ingeligte en regverdige uitspraak van regter Van der Linde! Geluk OGOD.

As ouers hul kinders in ‘n spesifike geloof en godsdiens wil opvoed, hoort daardie onderrig en opvoeding tuis in die ouerhuis. In hulle eie private tyd en koste word dit tipies aangevul deur die aktiwiteite van hulle besondere geloofsgemeenskap se kerk/moskee/tempel/sinagoge ens. As ouers wil hê dat ‘n skool ‘n verlengstuk van hulle godsdiensopvoeding moet wees, moet hulle ‘n privaatskool oorweeg wat hulle bepaalde geloof aanhang, óf na tuisonderrig oorskakel.

As godsdiens dan wel in openbare skole kan voortgaan, sal dit hopelik daarop gerig wees om kinders in te lig en te leer ván die talryke verskillende gelowe wat oor die wêreld heen bestaan en van die verskillende interpretasies en praktyke van dieselfde tipe geloof. Dit behoort kinders te leer om krities oor geloof te kan nadink en hulle eie geloof en geloofsgebruike te evalueer aan die hand van die vele ander gelowe wat beoefen word – ook aan die hand van die sienings van geloofsvrye persone wat geen geloof aanhang nie.

Hiermee saam is dit minstens net so belangrik om kinders op te voed in algemene universele humanitêre lewenswaardes, elemente waarvan in alle gelowe voorkom (met uitsondering van sommiges wat vroue ondergeskik stel). Verskerp ook kinders se kritiese denke en wetenskaplike aanvoeling deur evolusieleer deel van die leerplan te maak.

‘n Ingeligte persoon kan ingeligte besluite neem – ook wat geloof en godsdiens betref.

Trots Afrikaans ·

Nee wat, julle wil mos regte hê. Nou is julle op julle pertjies. Waar was jou Christelike beginsels Sondag toe jy winkel toe was? Of vanoggend toe jy by die werk vir jou medewerkers moes bid. Was God eerste in jou gedagtes vandag of eers nou dat jou “regte” aangevat is? Nou wonder ek of julle omgekrap is omdat God aangeval is of julle eie ego’s.

O volk, keur terug na God toe. Doen dit sonder voorwaardes. Doen dit nou, julle tyd is min en die Gelofte was groot…..

Disselboom ·

Baie menings, min oplossings. Die stand van sake is ‘n feit, en daar moet vorentoe beweeg word.

Henk ·

Dis eenvoudig, as jy nie in ‘n Christen skool wil wees nie, dan gaan jy na ‘n ander skool.

Kosie ·

Ek glo nie dat enige staatskool kan aanspraak maak dat dit ‘n uitsluitlik Christen-skool is nie en die uitspraak bevestig dit.

Jan ·

Kosie, maar daar is mos geen probleem nie, as daar ander gelowe in die skool is, dan gee die skool mos vir hulle alternatief om hul geloofsoortuiging te pas. So maklik soos dit.

Anneke Barnard ·

En waar sou die Christenskole nou wees? Ek weet net van openbare skole.

lisaan ·

Wees net dankbaar dat daar weer n Godsdiens in skole toegelaat is om te beoefen. Skole is nie die Alfa en Omega in ons kinders se Christelike opvoeding nie. Ongeag watse Godsdiens daar op die dag besluit word, onthou “charity begins at home”. Leer jou kind tuis jul Geloof en die kind sal weldra kan onderskei. Sal nogal interessant wees om te weet, wie nog hul kind laat gebedjie opse of om tafel die kinders sy dankbaarheid uitspreek.

Frans C ·

Dit is ‘n oorwinning vir geen party nie-want dit is ‘n kompromie oplossing.Jy mag godsdiens
beoefen ,maar geen godsdiens voorkeur gee nie.Dus as ‘n skool oorwegend volgelinge van een geloof akkomodeer mag dit nie voorkeur ontvang nie ,want minderheidgelowe moet in die geval ook ‘n gelyke geleentheid kry.

Dit kan nogal probleme in die praktyk oplewer,want ateïste sal dan geen saalopening hoef by
te woon nie en kan ander gelowiges ook maar wegbly as dit nie hul geloof is nie.

Die regter en alle ander nie gelowiges is ook maar mi ‘n bietjie deurmekaar,wat nie een het
besluit van watter God daar gepraat word in die voorwoord van ons grondwet
Daar staan in verskei tale:
May God protect our people,
Nkosi Sikelel iAfrika,Morena boloka setjhaba sa heso.
God seën Suid-Afrika,God bless South Africa.
Mudzimu fhatutshedza Afurika.Hosi katekisa Afrika.

Nog geen ateïs hoor beswaarmaak teen dit nie.Bietjie skynheilig sou ek sê.God moet ons mense beskerm en ons land seën, maar moet net nie oor Hom in die skool praat nie.

Daan ·

LMF,ja dis hoog tyd dat ouers hul kinders kerk toe stuur.En sommer self ook gaan en die Here begin dien en loof en prys.Ouers se Godgegewe plig is om hul kinders as Christene groot te maak,en hulle nie net by die Sondagskool af te laai nie.Ook dat hul lewens ‘n voorbeeld vir hulle sal wees.

Gesiggie ·

Ek Glo dat dit so belangrik is vir elke skool om Godsdiens onderig te gee, En ek is so Dankbaar dat dit kan aangaan in skole, wat ook al jou Geloof, Ons Dien n wonderlikke God, en geen mens kan sy/haar dag begin sonder Gebed of skriflesing. Daar is baie kinders wat nie in hul ouer huise geleer word van Godsdiens, daar is soveel kinders wat nie weet hoe dit is om te Bid? daar is soveel kinders wat smag na Liefde, Omgee… en ek Glo deur Godsdiens onderig kan soveel kinders wat verlore is, God vind en dan ook ander probeer help wat hulp benodig, maak nie saak in waste omstandighede. Godsdiens kan n groot verskil in Skole maak? Dit is jou keuse of jy belangstel of nie. Maar sonder God in jou Lewe is jy niks. Laat staan al die onbelangrikke dinge in Skole, . God is belangrik.

Johannes van Staden ·

Moslem skole moet ook nou maar almal toelaat en wat van sangoma skole en katolieke kerke moet nou moslems toelaat …wonder of dit lekker gaan werk ons kyk maar wat gebeur

Nel ·

Ai tog, die RK- skole en Moslemskole is almal privaatskole wat nie deur die hofbeslissing geraak word nie.

Helena ·

Mense se vinnig dat almal wat OGOD steun is nie ateiste nie…wel, beslis ook nie Christene nie. ‘n Organisasie wat sy naam met opset kies om God en sy kinders te spot en God se naam ydelik te gebruik is walglik. Glad nie so edel en dik van die suiwer motiewe soos Luke en Louw Wepener probeer voorhou nie

Louw Wepener ·

Helena,

Die motiewe van OGOD is eenvoudig – dit staan op hulle webwerf en dit is in die hofstukke. Verder, hoe arrogant is christene nie om te dink die hele wereld moet na hulle pype dans nie

Louw Wepener ·

Chistene, die beslissing (en ook OGOD se saak) is dat geen geloof bo ‘n ander geloof bevorder mag word nie. Hoekom gaan julle so tekere hieroor? Julle mag nog julle geloof in die skool hê, net nie teen koste van ander gelowe nie?

Weereens moet mense wat nie-gelowig is agteroor buig om julle te probeer akkomodeer. My wens was dat die saak eintlik beslis het dat geloof geen plek op skool het nie

Nicolaas ·

Dis so ironies: die einste grondwet wat gebruik word om ‘demokrasie’ te bevorder (wat eintlik maar net ‘n gewettigde manier is vir ‘n meerderheidsregering en meerderheidsgroepe om minderheidsgroepe te onderdruk en hul regte te vertrap, vat bv die miskenning van Afrikaans), word gebruik om die demokratiese reg van ouers en kinders wat oorwegend Christene is, te misken. In die aanhef tot die einste grondwet wat gebruik word om die Christelike geloof te onderdruk, word God erken en gevra om Afrika te seën. Nou hoe bring jy die twee bymekaar uit? Mense moet opstaan vir God en nie dat ‘n mensgemaakte denksel soos die grondwet ons geloof afbreek nie. God se woord is die enigste Grondwet, dit is die Godwet

Stefan ·

Nicolaas, die ‘demokratiese reg’ van Christene, soos vir elke ander geloofsgroepering, is om hulle geloof en godsdienspraktyke sonder vrees en voorbehoud op hulle eie tyd, koste en in die privaatheid van hulle eie samekomsplekke te kan uitleef. Openbare skole is presies wat dit sê: openbare instellings wat oop is vir die totale gemeenskap van die RSA en wat in mindere of meerdere mate deur belastinggeld befonds word. Daarom mag geen persoon (kind en onderwyser) uitgesluit word, of op enige stadium uitgesluit voel, deur die beoefening van enige aktiwiteit in die skool waarmee hulle hulle nie kan vereenselwig nie.

Die RSA gemeenskap verteenwoordig verskillende gelowe. Al sê die meerderheid van die bevolking dat hulle die Christelike geloof aanhang, maak nou nie saak watter een van die Christelike handelsmerke (‘brands’) nie, beteken dit nié dat die Christelike geloof daarom in openbare skole voorrang moet geniet nié. Die kern van die uitspraak van die regter is daarom korrek: ‘n geloof, in hierdie geval Christelik, mag nie ten koste van enige ander geloof in ‘n openbare skool voorrang geniet nie.

Hier is ‘n ander invalshoek: Die meerderheid in die land is (tans nog) ANC ondersteuners. Sou dit daarom kon beteken dat hulle daarop kan aandring dat hulle die ‘demokratiese reg’ het om slegs ANC beleid in skole te propageer as hulle dit wil doen?

m ·

Dankbaar vir hierdie uitspraak. Christen geloof sal nooit vertrap kan word nie ons is net te sterk. Lag vir die mense wat gedink het hulle gaan ons geloof uit die skole hou. Kry vir julle iets positiefs om julle besig te hou….

Jakobus ·

Jip, Ogod het ook, saam met ander vertoë gevra vir ‘n interdik teen spesifiek 6 skole dat hulle nie godsdiens mag beoefen nie, maar die hof het dit nie toegestaan nie. Derhalwe het die hof bepaal dat alle openbare skole wel godsdiens mag toepas, maar gelykwaardig vir alle gelowe.

Amen.

Ester ·

Eendag gaan ALMAL staan voor die Meester en ELKE knieg sal buig en hulle sal besef O GOD, wat het ek gedoen?!?

Hannelie ·

Ek lees die kommentare en ek dink:….”Dankie God dat ek in U glo, maar dat ek my nie as ‘n Christen ag nie, want ‘n Christen is dan so perfek en kan so gou oordeel fel oor ander, dat ek net ek is want ek het U nodig om te verhoed dat ek so moet wees, want ek is nie perfek nie,nie sonder sonde nie, daarom kan ek nie ander oordeel nie. Dankie vir dit”….

Carike Lambrechts ·

Dis siek. Godsdiens is belangrik, oral waar jy gaan. Niemand kan godsdiens van mens of skool net verbied nie. Dis so goed dat jy ‘n wet maak wat se dat nie meer as 2 dae ‘n maand mag eet nie.

Koos ·

OGOD wil keer dat christene hulle geloof bevorder bo ander in publieke skole…. nerens sien ek dat hulle geloof uit skole wil hê nie – maar hoekom moet dit op skool wees? Dis ‘n PRIVATE SAAK. Jy bid, op jou eie, stil, en skool is nie die plek vir geloof nie.

Koos ·

Hoekom respekteer christene nie ander mense se geloof nie? Hoekom aanvaar christene dat slegs hulle geloof bevorder moet word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.