Hof beslis oor Gupta se R10 miljoen

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Die hooggeregshof in Bloemfontein het in Atul Gupta se guns beslis rakende die R10 miljoen van sy persoonlike bankrekening wat die batebeslagleggingseenheid wou laat bevries.

Dié geld is deur die batebeslagleggingseenheid bevries toe hulle vermoed het dit was deel van die meer as R200 miljoen wat vir die Vrede-suiwelplaasprojek toegeken was.

Gupta het daarin geslaag om die bevel teen te staan, alhoewel niemand weet waar hy homself bevind nie. Adv. Rafik Bhana het hom verteenwoordig.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het verlede week vir die hof gesê dié fondse was deel van die miljoene rande wat van die Vrystaatse regering af herlei is. Die batebeslagleggingseenheid het gesê die geld is betaal uit die Estina-suiwelprojek wat bedoel was om arm boere in die Vrystaat te bevoordeel.

Op 15 Februarie het altesaam agt verdagtes, wat in hegtenis geneem is na afloop van dié klopjagte, in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

“Wettige geld is met geld wat uit misdaadopbrengste gemaak is gemeng,” het Thato Ntimutse, vir die batebeslagleggingseenheid, gesê. Hy het bygevoeg dat miljoene se onregmatige geld in ʼn rekening van die Bank of Boroda inbetaal is om dit te vermeng met “skoon” geld en onwettige transaksies te verdoesel.

Michael Hellens, vir die Gupta-besighede, het argumenteer dat die staat nuwe argumente voorhou en dat dit nie deel uitmaak van die dokumente wat by die hof ingedien is nie.

Hellens tree op namens Aerohaven Trading (Pvt) Ltd, Oakbay Investments (Pvt) Ltd, Westdawn Investments (Pvt) Ltd, Annex Distribution (Pvt) Ltd en Islandsite Investments One Eighty (Pvt) Ltd.

Adv. Luc Spiller, vir die Bank of Boroda, het gesê die staat weerspreek hulself deur aan te neem die fondse was die opbrengs van misdade sonder bewyse.

“Die staat maak absurde bewerings. Daardie geld is onttrek en dis weg. So hoekom die rekening jare later bevries? Jy kan nie die bevel regverdig nie, dit moet ter syde gestel word,” het Spiller gesê.

Regter Fouche Jordan het in Gupta se guns beslis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Henk ·

Sover dit my aangaan is hierdie prokureurs en advokate wat die kriminele guptas verteenwoordig net so skuldig as die guptas aan korrupsie en staatskaping!

Cherokee ·

Sover dit jou aangaan, sê jy. Nou moet jy vir ons sê waarom die prokureurs en advokate jou aangaan maar nie die regter nie. Die regter luister wel na wat die verdediging sê maar gebruik eie diskresie.

Gideon ·

Henk ek se hoor hoor vir jou. Volgens Alida gaan die guptas hemel toe aangesien hulle geld vir die “armes” gegee het en het dus nou spierwit siele.

Selfbeskikking ·

Mense, regtig, watse regsisteem het ons? Ons moet regtig nou net fokus daarop om ons eie land te kry, ons kan gronduitruilooreenkomste maak met die regering wat ons so graag wil verdryf inelkgeval.

Carl ·

Waarom was die bevel nie eerder toegestaan op voorwaarde dat die Guptas hulle self eers aanmeld by die SAP nie? Daar is mos n lasbrief vir die twee broers, is daar nie?

Cherokee ·

Soort van dieselfde gedagte waaroor ek gewonder het Callie, maar die antwoord sal uiters waarskynlik wees dat dit twee onverwante sake is.

Alida ·

Ai mense die Guptas is skelm dit weet ons maar sekerlik het hulle darem bietjie skoon geld.

LouE ·

Ek dink nie die strop trek nouer om hulle nie. Dis klinklaar duidelik dat hulle groot skelmstreke uitgevoer het. Nou is daar baie geraas daaroor maar geen werklike optrede om hulle basse in die tronk te kry nie. Die politieke spel is nog nie klaar nie. Hulle speel nou eers ‘musical chairs’.

kobus ·

Die fout is nie die regsverteenwoordigers nie maar die by die NPA, hulle het al hulle top ondersoekers verloor agv BEE en sit nou met n afgewaterde ondersoekspan. Dieselfde mense wat hulle weg gejaag het sit nou aan die anderkant van die draad en skiet hulle swak sake aan flarde. Dit gaan nog die norm word in al die sttatskaping sake.

Justice ·

Daardie R10m is alles teen vanoggend getrek en net so skoonveld soos hul R500m vliegtuig wat nog steeds soek is nadat die opsporingtoestel gedeaktiveer is.

Perspektief ·

Is die verwysing van “skoon en en ontwettige geld “nie eintlik irrelevant nie…Die algemene balansstaat wys n oregmatige R220M by die Guptas, daar is dus ook onregmatige rente…sy R10M is gespaar omdat hy gelewe het op R220M…dus is die R10M bekom op n onregmatige manier. As die Guptas die R10M terugkry, dan verloor hulle nog n bietjie van die “levarage” op die Guptas. Hy is n voortvlugtige, hoe het hy dan nog finansiele regte om hom sodoende net nog meer van n suksevolle voortvlugtige te maak….die sisteem laat SA in die steek

Alida ·

Ek het nie gese die Guptas gaan hemel toe nie. Dink voor jy praat. Is hierdie mense die enigstes met die Gupta van? Hou die pers dop. Ek glo nie n regter wat bewus is van alles sal sommer in ons Guptas se guns beslis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.