Hof beslis oor media by onderhoude vir NVG-hoof

Verslaggewers is gesê om vanoggend by die Uniegebou in Pretoria aan te meld. (Foto; Davinci77 via Wikimedia Commons)

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag ʼn aansoek deur die Right2Know-veldtog (R2K) toegestaan om die presidensie te verplig om die onderhoude met kandidate vir die pos van nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) aan die media oop te stel.

Luidens dié bevel sal 20 mediaverteenwoordigers toegelaat word om die onderhoude by te woon.

Die bevel kom ná die inligtingsvryheid-aktivismegroep ʼn dringende aansoek by die hof ingedien het. Die hof het die presidensie se aanvoering dat die dringendheid van die aansoek self geskep is, verwerp en toegelaat dat die saak nog dieselfde dag aangehoor word.

Die presidensie is ook beveel om die regskoste van Dinsdag se aansoek te betaal.

In reaksie op die hofbevel het die presidensie kommunikasie aan media-instansies gestuur om te sê dat joernaliste wat graag by die onderhoude teenwoordig wil wees, tussen 07:00 en 07:30 by die Uniegebou moet aanmeld.

“Media-akkreditasie sal aan die eerste verslaggewers wat aanmeld, toegeken word, hoewel gepoog sal word om voorsiening te maak vir regverdige verteenwoording van die verskillende media‑organisasies.”

Onderhoude sal met 12 kandidate gevoer word wat op die kortlys vir dié invloedryke posisie is en onderhoude sal na verwagting tot Vrydag voortduur.

Die R2K het Sondag die aansoek ingedien waarin aangevoer word die proses moet openlik geskied sodat die publiek vertroue in die keuringsproses en die volgende hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag kan hê.

Die 12 kandidate waarmee onderhoude gevoer sal word, is:

  1. Andrew Chauke, Suid-Gautengse direkteur van openbare vervolging.
  2. Glynnis Breytenbach, ʼn voormalige aanklaer wat later by die DA aangesluit het.
  3. Andrea Johnson wat adv. Gerrie Nel se mede-aanklaer was in die moordsaak teen Oscar Pistorius.
  4. M Makhari
  5. Moipone Noko, direkteur van openbare vervolging in KwaZulu-Natal.
  6. Naomi Manaka, ʼn voormalige landdros wat nou as advokaat dien.
  7. Silas Ramaite
  8. Rodney de Kock, direkteur van openbare vervolging in die Wes-Kaap.
  9. Simphiwe Mlotshwa
  10. Matric Luphondo
  11. Siyabulela Xhanti Mapoma
  12. Shamila Batohi, wat die aanklaer was in die King‑kommissie van ondersoek na wedstrydknoeiery deur voormalige Protea‑kaptein, Hansie Cronje.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vra net ·

Maroela, hoekom plaas julle nie ‘n foto van die Uniegeboue soos hulle vandag, op hierdie oomblik lyk nie? Die foto aan die kop van die berig is omtrent 25 jaar oud…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.