Hof beslis oor onttrekking aan Strafhof

Internasionale Strafhof in Den Haag. Foto: Asser Institute.

Internasionale Strafhof in Den Haag. Foto: Asser Institute.

Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdagoggend uitspraak gelewer in die DA se aansoek oor die grondwetlikheid van Suid-Afrika se kennisgewing, om te begin met sy onttrekking aan die Internasionale Strafhof.

ʼn Volbank van drie regters het die DA se aansoek in Desember aangehoor en het Woensdag ʼn eenparige uitspraak gelewer. Die regters het beslis die nasionale uitvoerende gesag is nie by magte om bestaande ooreenkomste te beëindig sonder die parlement se goedkeuring nie.

Die regters het gelas die regering se kennisgewing, om te begin met sy onttrekking aan die Strafhof sonder die parlement se goedkeuring, is dus ongrondwetlik en ongeldig. Die regering is beveel om die kennisgewing terug te trek.

Die DA se regsverteenwoordiger het tydens die aansoek gesê die parlement het die Verdrag van Rome in Suid-Afrikaanse wetgewing aanvaar en daarom kan slegs die parlement besluit om Suid-Afrika van hierdie liggaam te onttrek.

Die DA het in Oktober ʼn aansoek ingedien om regstreeks toegang tot die konstitusionele hof te kry om die saak aan te hoor, maar dit is van die hand gewys. Die DA wou die grondwetlike geldigheid toets van Suid-Afrika se kennisgewing om te begin met sy onttrekking aan die Verdrag van Rome, wat die Internasionale Strafhof ingestel het, omdat die party meen die kennisgewing is strydig met die Grondwet.

Suid-Afrika het geweier om Omar Al-Basjir, Soedan se president, in hegtenis te neem tydens sy besoek aan die land in Junie 2015, toe hy die Afrika-Unie se beraad in Johannesburg bygewoon het. Die Suider Afrikaanse Litigasiesentrum (SALC) het ʼn hofaansoek gebring om al-Basjir in hegtenis te laat neem op grond van die strafhof se lasbrief vir sy arrestasie. Die regering het hom egter nie in hegtenis geneem nie en ʼn hof het hom opdrag gegee om in die land te bly totdat oor sy inhegtenisneming besluit kan word. Nadat die hof beveel het al-Basjir moet in hegtenis geneem word, is vasgestel hy het reeds die land verlaat.

Die appèlhof het later die Suid-Afrikaanse regering se versuim, om al-Basjir in hegtenis te neem, as “skandelike gedrag” beskryf. Die Suid-Afrikaanse regering het einde Junie 2015 gesê hy sal dit oorweeg om hom van die Internasionale Strafhof te onttrek as ʼn “laaste opsie” oor die Al-Basjir dispuut. Suid-Afrika het in Oktober met die onttrekkingsproses begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

AL ·

Die Afrikane moet met nugterheid dink en nie mekaar oprui dat dit net Afrikaleiers is wat aangekla word nie. Afrika het n hoe getal diktators wie hul skuldig maak aan menseregte skendings en vergrype en volksmoorde.
Elke slagoffer onder die Afrikalande sal eerder wil he dat daar n Internasionale Strafhof moet wees. Afrikaleiers is meer verdraagsaam teenoor die misdade van Afrika leier as om simpatie met die slagoffers te he en hulp te verleen.

Goa ya katse ·

“Skandelike gedrag” van RSA regering onder leiding van Mr Z sal uiteindelik nog n spyker in die doodskis wees,

Bly weg! ·

Bly weg van doodskiste en mielielande want dalk is dit rassisities!

Trustworthy ·

Ja vreemd hoe die ANC fine was met die strafhof toe hulle nog nie so baie mag gehad het nie, en vervolging op die ou regering kon geval het, noudat hulle tot orde geroep kan word, nou skielik wil hulle nie meer daaraan behoort nie. Ongelukkig sien ek ‘n patroon, en ongelukkig val dit alles in by die ANC se plan met minderhede. Dat hulle nie kan vervolg word oor wat hulle aan minderhede in SA doen nie, ook nie ander korrupsie en verskriklike goed wat die regering aanvang nie. Zuma sal hom nog deurdruk, wag maar, hy lobby net bietjie vir support en binnekort is die besluit deur!

henk ·

Ja die regering soek enige skuiwergat om misdade te pleeg en skotvry daarvan af te kom. Ons weet dit al lankal- dit is net die patetiese regering wat nie weet dat ons dit weet nie.

Connie ·

Die ANC en Zuma is gewoond om ongrondwetlike besluite te neem. Dit pla hulle nie. Hulle gaan net voort.

Koos1 ·

Connie, ek het presies die selfde gedagtes gehad. Zuma en genote het geen respek vir hof uitsprake nie, veral nie as dit teen hulle gaan nie.
Wat het gebeur na die hofuitspraak van die al-Basjir saak? NIKS.
Wat het gebeur na die hof uitspaak van die Nkandla sage? NIKS.
Wat het gebeur na die hofuitspraak in die sogenaamde spioenasie bande? NIKS.
So kan ons maar seker aangaan. Enige land wie se leiers die hof nie met respek behandel nie is in sy dinges in. Die hele Afrika is vol van voorbeelde.

vermeende ·

Bly of gly?
Waar le die meeste mag en wins.

FOLLOW THE MONNEY!!!

Tiaan ·

Die nasionale uitvoerende gesag ken duidelik nie die grondwet nie, skande

Cherokee ·

Hou op om te kla oor Zuma. Geen ander politikus in die land kon regkry wat hy doen nie. Gun hom die erkenning en gun hom nog ‘n termyn. Sonder hom sou die ANC veel sterker gewees het. Hy breek die ANC bietjie vir bietjie af.

Penellope Jones ·

Hulle sal hulle sin daaroor ook kry soos met alle ander sake teen hulle.
Hulle sal nie rus voordat hulle nie uit die IS is nie.
Een of ander skuiwergat sal wel “ontdek” word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.