Hof beslis oor verjaring van seksuele oortredings

Argieffoto

Die hooggeregshof in Johannesburg het Maandagoggend uitspraak gelewer in ʼn saak oor die verjaring van seksuele oortredings.

Agt applikante, ook bekend as die Frankel 8, het ’n hofaansoek gebring om art. 18 in die Strafproseswet as ongrondwetlik te verklaar. Volgens die artikel mag die oortreders van alle seksuele misdrywe, behalwe verkragting, nie vervolg word vir misdrywe wat meer as 20 jaar gelede gepleeg is nie.

Regter Clare Hartford se uitspraak is Maandagoggend in die hof voorgelees. Sy het beslis art. 18 in die Strafproseswet is ongrondwetlik. “Hierdie ongrondwetlike ongeldigheid word vir ʼn tydperk van 18 maande opgehef ten einde die parlement in staat te stel om die grondwetlike gebrek reg te stel.”

Die applikante, wat mans en vroue insluit, voer aan hulle is meer as twee dekades gelede deur die miljardêr Sidney Frankel seksueel aangerand. Frankel is in April vanjaar dood.

Volgens die Vroueregsentrum sluit die definisie van verkragting sedert 2007 deur die Wysigingswet op Strafreg (seksuele misdrywe en verwante aangeleenthede) anale en orale penetrasie in. “Art. 18 het egter steeds limiete geplaas op die vervolging van ander seksuele oortredings soos seksuele aanranding, die blootstel van kinders aan pornografie en sekere mensehandeloortredings.”

Die drukgroep Women and Men Against Child Abuse (WMACA) het gesê die saak is uiters belangrik aangesien dit slagoffers van seksuele oortredings se vermoë om afsluiting en geregtigheid te kry beïnvloed. “Dit kan dekades neem vir slagoffers om emosioneel sterk genoeg te wees om mense wat hulle misbruik het te konfronteer. Weens wetgewing het talle van die molesteerders egter nooit vir hul misdade geboet nie.”

Volgens WMACA sal die uitspraak die landskap vir ander slagoffers van dié soort misdaad verander. “Art. 19 het aanvaar penetrerende seksuele misdrywe is ernstiger as nie-penetrerende oortredings, ʼn verouderde en verkeerde idee wat nie die slagoffers in ag neem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Leslee ·

Nope, alle seksuele oortredings moet lewes by jou wees en gestraf word.

Astrid ·

Ek kan nie sien waarom jy, die skim van die aarde, vrygespreek moet word nadat jy iemand se toekoms vernietig het nie., hou in gedagte dat jy nie net die slagoffer se toekoms vernietig het nie maar ook die van hulle familie en natuurlik jou eie indien iemand wel met jou geassosieer wil word!! Die Bybel sê ons mag nie oordeel nie maar dit sê ook, jy moet ander behandel soos jy behandel wil word, diè is nie oordeel nie, diè is my plig as vrou, ‘n ma, en ‘n mede Suid Afrikaner om seker te maak dat jy niemand anders van hulle menswees ontneem nie.

Ek stem 100% ·

Ek stem 100% saam met jou Astrid, veral as ons kyk hoe dit deesdae gaan, baba’s, Peuters, Kleuters, jong dames, Vroue & ouer vroue, dit is werklik skokkend en ek dink dit is tyd dat ons as vroue opstaan en saam staan teen heirdie groot onreg. Vrouens is nie net ‘n seks tool nie, ons is wesens en voel en hanteer dit anders as mans.

lorayne ·

Enige seksuele oortreding moet soos moord, NOOIT verjaar nie! Ons maak dit net meer gemaklik vir die siekes in ons samelewing . . .

Sproetjies ·

As n volwassene n seksdaad met n kind pleeg dan word dit molestering genoem maar as dit met n volwassene gebeur teen die persoon se wil word dit verkragting genoem??? Ek was self n slagoffer van “molestering” vanaf 4 jarige ouderdom tot op die ouderdom van 15! Dit was niks anders as
verkragting nie en niemand wou my glo nie!!!

Daniel ·

Verkragting bly verkragting of dit nou op ‘n kind of volwassene is maak nie saak nie en dit kannie verjaar nie want die trauma veroorsaak verjaar nie. Ek het groot geword daarmee dat verkragting ‘n 1ste Bylaag oortreding is. Oproer was 2de op daardie 1ste Bylaag gewees. Nou is oproere en verkragting eintlik maar wettig want as die dossier nie wegraak nie, word daar met die bewysstukke gepeuter. Dan is daar die gevalle waar die Howe reken die person was nie toerekeningsvatbaar nie want hy was gesuip, gerook of onder die invloed van ander dwelms. Dieselfde met bedrog. Pleit net skuldig en jy hou die miljoene wat jy gesteel het en kry net ‘n lagwekkende lae boete. Ongelukkig is ons Landswette deesdae van so aard dat die krimineel meer regte het as die slagoffer. Dit kan ek egter met oortuiging sê: As iemand van my gesins/familie lede verkrag en ek weet wie dit is sal dit vir daai persoon beter wees om maar eerder vroegtydig selfmoord te pleeg. Ek vergewe en vergeet nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.