Die hooggeregshof in Pretoria het Maandag AfriForum se aansoek van die hand gewys dat die regulasie rondom die verval van rybewyse hersien moet word.
Dit beteken rybewyse bly steeds net vir vyf jaar geldig. Volgens AfriForum ondersoek sy regspan die moontlikheid om teen die beslissing te appelleer.
Die burgerregteorganisasie voer aan dat die Nasionale Padverkeerswet 93 van 1996 strydig is met die vyfjaargeldigheidsperiode en nie ruimte laat vir ʼn regulasie wat bepaal dat rybewyse verval nie, maar die aansoek is op ʼn tegniese punt van die hand gewys.
Die aansoek is op 8 Augustus aangehoor. Volgens regter AJ Strijdom se uitspraak moes AfriForum die aansoek gebring het binne 180 dae nadat die regulasie 23 jaar gelede uitgevaardig is en is dit daarom nie ontvanklik nie.
Volgens Louis Boshoff, veldtogbeampte by AfriForum, is die beslissing ʼn klap in die gesig van verantwoordelike motorbestuurders in Suid-Afrika. “Dié hofuitspraak bekragtig die departement van vervoer se ‘wanbestuurslisensie’ wat nooit verval nie. Die departement is nie in staat om rybewyse betyds uit te reik nie, maar wetsgehoorsame burgers moet dan die boetes betaal.”
Boshoff voer verder aan dat dit jammer is dat die hof op ʼn tegniese punt kondonering vir die “laat” liassering van die hersieningsaansoek geweier het in plaas van om aan die meriete van die saak aandag te gee. Hy sê die teenstrydigheid in die wet is ooglopend.
AfriForum het verskeie klagtes ontvang van individue wat nie betyds hul hernude lisensiekaarte van die departement van vervoer ontvang het nie. Dit lei daartoe dat hulle beboet kan word ten spyte van elke poging om wettig gelisensieer te bly. Die departement se lisensiekaartdrukker het die afgelope paar jaar dikwels onklaar geraak en dit is duidelik dat lisensies steeds vinniger verval as wat nuwes gedruk word, sê Boshoff.
“Die departement van vervoer kan nie meer onderskeid tref tussen bevoegde en onbevoegde bestuurders nie – hulle het die grootste bestuurslisensietoets in die land gedop.”
Die ANC regering sal nog nooit dit verander na 10 jaar toe nie. Dis ‘n lekker bron van inkomste en hoekom sal hulle dit nou halfeer?
Dit gaan oor die geld
Stem saam – dis al waaroor dit gaan!!
Ja nee… ek het nie woorde nie
My tydelike hernuwing het al verval en nog steeds nie my kaart lisensie vanaf Edenvale nie, wat nou?
Selfde geval met my…ek het my lisensie weke voor die verval datum hernu ook by Edenvale. Laasweek toe ek gaan om hom te gaan oplaai word ek mee gedeel dat daar n probleem met my foto was en hulle die lisensie nie kan uit gee nie. Nuwe foto en vinger afdrukke is gevat en nou moet ek NOG 6 weke wag met geen temp lisensie nie want ek het nog nooit van tevore n temp lisensie gehad nie.
Hoeveel druk is op daardie regter uitgeoefen om een of ander belaglike rede te vind om die aansoek van die hand te wys?
As jou rybewys verval moet jy weer begin met leerling-lisensie en dan praktiese toets gaan aflé. Die kaart mag dalk verval – nie die rybewys nie. En nérens in die pad-ordonnansie staan daar dat jy die kaart MOET hernu nie!
in die ou dae was jou lisensie lewenslank.
hoekom moet dit net vir 5 jaar wees
dan kan hulle nie volume hanteer nie
geld geld geld is al waaroor dit gaan
Lees bietjie op, lisensies self verval nie en dit gaan oor die plastiek “bewys” dat jy lisensie het wat elke 5 jaar verval, net soos jou id nommer wat nooit verval nie maar jou id boekie wel oud kan word en verval
Ag nee, ag nee, ag nee. Ons almal het soveel hoop gehad. Afriforum mag julle appel geslaagd wees.
Het die regter in ag geneem dat 23 jaar gelede die legio probleme van vandag nie bestaan het nie? Ek sien sterk gronde vir appel hier. Die regter moet tog weet dis ‘n saak van openbare belang, so waarom briek hy dit? Appeleer sou ek voorstel.
Uiters teleurstellende uitspraak (miskien lagwekkend). Beteken dit die reg erken nie “nuwe” probleme nie wanneer dit ontstaan voortspruitend uit ou (of onvanpaste) regulasies en wetgewing? Nee wat, sulke uitsprake help nie om die verval in die samelewing te stuit nie. Appelleer asseblief, Afriforum. Dit word in elk geval die mantra want dit wil voorkom of regsgeleerdes só verskil oor sinvolle/onsinvolle wetgewing dat ander regters anders kan besluit. ‘n Klap in die burgers se gesig voorwaar ja.
As die ANC aan iets raak is dit vir eie diepsakke gewin of totale wanorde.
My lisensie is in my groen ID boekie sou my kaart verval het ek n wettige en geldige bewys dat ek n wettige voertuig lisensie besit en het nie n kaart nodig om dit te bewys nie, so hoe gaan die regter die een hanteer dit is waarom die ANC besluit het om dit nie meer in jou ID boekie te plaas nie sodat hulle jou aan die ….. beet het om dit elke 5 jaar te hernu en as my Lisensie dan nie wettig is in my ID boekie nie dan is my ID boek ook dan vals so ek dink nie die regter het sy uitspraak baie mooi oordink nie en was verseker weer deur hoog geplaastes genader om so n belaglike uitspraak te maak.
Waar ek dink die hof ‘n fout maak is dat dit nie alleen ‘n kwessie is dat die lisensies nie verval nie en dus nehoort die kaarte nie te verval nie. Die rede hoekom protes nie vroeer gemaak is nie, is dat daar nie voorsien is dat die regering nie die diens betroubaar sal kan lewer nie. Dit is die regering se onvermoe om dienslewering wat lisensies ‘n kwessie maak.
Dis mos hoe dit werk, betaal, betaal, vir geen of baie swak diens. Viva!
Die regter is nie sy sout werd nie. Die saak het groot meriete en hy moes die tegnoese punt opsy gestel het sodat geregtigheid sy pad kan volg.
Ek stem. Dié regter is pateties. Vat die saak na die Internasionale Strafhof. As die anc nie wil luister nie, volg weer die e-tol strategie. Weier om te hernu op groot skaal. Outa, ondersteun ons asb.
Die hof het die werklike rede vir die aansoek omseil.
Is tyd dat ‘n rybewys vir 10 jaar geldig is.
Kan ons nie maar eerder die ekomomie groei en so geld maak nie ipv rybewyse te vervang. Of is dit om onwettige uitlanders en motordiewe gelukkig te hou?