Hof beslis polisie moet sê oor vuurwapens

Argieffoto: SAPD

AfriForum het vandag ’n hofbevel teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bekom ten einde die vuurwapensyfers wat die burgerregte-organisasie in ’n aansoek van die SAPD aangevra het, te bekom.

Kragtens die hofbevel is die PAIA-aansoek na die polisie terugverwys en is die polisie verplig om binne 60 dae dié inligting aan AfriForum te verskaf of wesenlike redes te gee waarom hulle dit nie kan doen nie.

AfriForum was vandag weer in hierdie verband in die Noord-Gautengse hooggeregshof na aanleiding van dié aansoek in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wetno. 2 van 2000) wat versoek dat die SAPD die syfers van hoeveel staatsgeregistreerde vuurwapens ingevolge die polisie se bateregister tussen 2009 en 2014 deur hulle verloor of by hulle gesteel en teruggevind is, bekend maak, asook dieselfde syfers ten opsigte van die sentrale vuurwapenregister.

Dít volg nadat die staat se regsverteenwoordiging op 22 Mei 2017 onvoorbereid by die hof opgedaag het en die saak tot vandag uitgestel moes word. Regter Hennie de Vos het die SAPD se advokaat geroskam onder meer omdat hy onvoorbereid was en nóg die staatsprokureur nóg ’n verteenwoordiger van die polisie in die hof teenwoordig was. De Vos het ook aan die SAPD se advokaat gesê dat die reg en hofreëls van toepassing is op almal, of hulle vir die staat werk of nie.

Die regter het ook beveel dat die polisie AfriForum se regskoste moet betaal.

“Dit is ’n groot oorwinning vir AfriForum en landsburgers, omdat die bekendmaking van hierdie syfers die burgerregte-organisasie in staat sal stel om burgers se veiligheid te help bevorder,” het Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, gesê.

“AfriForum gaan met hierdie syfers die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) versoek om ondersoek in te stel na die polisie se nalatige verlies van vuurwapens,” het Hein Gonzales, regs- en risikoadviseur vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

zahn ·

As wettige vuurwapen eienaar en iemand wat graag nog wapens wil bekom (lees traditional weapons) verwelkom ek hierdie uitspraak. Nou sal die anc uiteindelik sien waar die probleem lê, nie by wettige eienaars nie, maar by onbeholpe staatswapendraers. Dankie Afriforum, julle besef nie hoeveel julle vir ons doen nie. Ek is nou al drie jaar ‘n Afriforum lid, en raak elke dag trotser daarop!

Eish ·

Amen op Afriforum se oorwinning. Voorwaar trots om lid te wees. Hierdie blik wurms gaan weer tekenend wees van mense wat totaal uit hul dieppe is.

Gert ·

Ek sal se goeie werk maar als vir niks. Wat help dit ons weet hoeveel wapens weg is? Gaan dit maak dat die wapens terug gehandig word of dat geen kriminele aktiwiteite met dit gepleeg word nie? Julle moet julle oogklappe af haal en die groter prentjie begin raak sien. In my opinie mors julle julle tyd en geld.

Danie ·

Wat was die uitkoms van die hofsaak wat op 27/04/2017 in die hof was i. v. m met die vuurwapen register en hernuwings. Kan iemand my inlig met verwysings. Dankie

Wilma ·

ASB help tog. My Vuurwapenlisensie het verlede jaar Junie verval – Hoe gemaak om dit te hernu sonder om my wapen te gaan inhandig. Dit is die laaste ding wat ek wil doen. Het al te veel gehoor van mense wat dit gedoen het en hulle wapens het “verdwyn” EK WIL NET MY LISENSIE HERNU! Nie van my wapen ontslae raak nie!!!

Cherokee ·

Wilma, my pistoollisensie het 3 jaar gelede verval en meer as ‘n jaar later het ek dit hernu hoegenaamd sonder drama. Uiters uiters belangrik, jy moet jou bevoegdheidsertifikaat kan toon. Jy moet dit hê. Sal jou later vanmiddag meer vertel. Soek intussen jou bevoegdheidsertifikaat – maak seker dat jy dit het. Ek het ‘n lang verduideliking geskryf en Maroela se sisteem het my moerig gemaak want ek kan nie copy nie en die sisteem het van bladsy verander. Nou moet alles oorgeskryf word. Dit is ‘n swak stelsel.

Jy het geen probleme nie want eintlik bestaan jou oorspronklike lisensie steeds.
Jy moet moet moet jou bevoegdheidsertifikaat hê anders sal jy alles moet oordoen. Gaan soek dit. Sal met jou praat in die omgewing van 1700.

Cherokee ·

Wilma, soos in my vorige skrywe gesê, jou oorspronklike lisensie is steeds geldig. Al wat ek jou werklik kan vertel is my eie ervaring en hoe ek te werk gegaan het, met die hoop dat jou ervaring dieselfde sal wees.

Verskoon asseblief dat ek so stadig skryf en as daar spelfoute is moet jy bo-oor dit kyk. Tussen my vorige skrywe en hierdie het ek ‘n nuwe stel kontaklense en ‘n nuwe bril by die oogkundige gaan haal en is besig om dit in te kyk (soos om ‘n kar in te loop)….. :-)

Dit was meer as ‘n jaar na verval-datum toe ek dit opgelet het. Ons is nie gewoond daaraan om vuurwapenlisensies te hernu nie. Toe ek dit oplet het ek onmiddelik ‘n vuurwapenhandelaar, wat bevoegdheidsertifikate voorsien, geskakel en om advies gevra.
Sy woorde was “they can not do anything to you. You original license is still valid. If only you have your certificate of competence.”

Dit was ‘n gesoek na my bevoegdheidsertifikaat wat ek gelukkig gevind het. Wenk aan almal… bewaar dit soos goud. Maak gesertifiseerde afskrifte daarvan en bêre dit op verskillende plekke.

Ek het my bevoegdheidsertifikaat en ID-dokument laat sertifiseer (ware afskrif van die oorspronklike) en ‘n brief geskryf waarin ek verskoning vra vir die laat indiening met ‘n verduideliking waarom dit vergete gebly het vir so lank na vervaldatum.

My lisensie is hernu met ‘n verskoning vanaf die polisiekantoor vir langer as gewoonlik wag, ‘want hul (lisensie)drukker was tydelik problematies gewees.

Andries ·

Goeie werk, AfriForum. Dit sal ongelukkig steeds geen lig werp op die aantal ongelisensieërde AK-47’s, R5’e, ens. in omloop nie.

Katryn ·

Baie dankie!! Ek is trots op julle!!! Reg en geregtigheid moet en sal altyd reg wees! Ons sal ook graag nog van hierdie vuurwapens wil bekom!

Gert ·

Lekker lag ek nou… Maar die woord vir die situasie is naïwiteit…

Kapenaar ·

Katryn, daar is nie ‘n manier wat jy van die vuurwapens gaan kry nie, dit word gebruik vir plaasmoorde en rooftogte!!

JWM ·

Nee, Katryn, ek dink nie daar is n kans om ooit weer n vuurwapen wettiglik te kan besit nie. Inderdaad is baie van ons destyds met die nuwe vuurwapenlisensiewette sonder vergoeding ontwapen toe ons wapens moes inhandig.

Charles ·

Hi JWM, dit is nog steeds moontlik om wettiglik wapens te bekom. As jy ‘n sportskut is en onder die reels van IDPA of IPSC skiet kan jy selfs semi-outomatiese gewere en semi-outomatiese haelgewere bekom. Word ook lid van Gun Owners South Africa om jou aansoek te help staaf as jy aansoek doen en ook om pogings van die owerhede om wettige vuurwapens aan bande te le, te stuit. Die leuse rekende vuurwapens is: “use it or lose it”. As jy jou wapen gereeld gebruik om kompetisie te skiet kan jy wapens bekom wat jou uitstekend sal help in selfbeskerming ook. Niks in die Vuurwapenwet verhoed mens om wapens wat jy vir sportskietdoeleindes bekom het, vir die doel te gebruik nie. Verder is ons vuurwapenwetgewing huidiglik uniek in die wereld dat jou wapenlisensie jou ook toelaat om die wapen aan jou te dra. In baie ander lande ter wereld moet jy nog ‘n addisionele lisensie daarvoor ook bekom.

Cherokee ·

Charles sê ‘niks in die vuurwapenwet verhoed mens om wapens wat jy vir sportskietdoeleindes bekom het, vir die doel te gebruik nie’ met verwysing na selfverdediging.

Cherokee vra of hy seker is daarvan dat ‘n ‘n vuurwapen wat vir sportdoeiendes gelisensieer is, aan die lyf gedra kan word vir selfbeskerming sonder om na ‘n sportskietplek op pad te wees of daarvandaan weg te beweeg. Brei asseblief uit op jou stelling Charles, want ek het ‘n pistool vir selfverdediging en rewolwer vir sportskiet. Natuurlik kan ek my pistool, waarvoor ek die lisensie 5 jaarliks moet hernu, enige tyd saamdra maar wat van my rewolwer waarvoor ek die lisensie 10 jaarliks moet hernu? En wees baie seker van jou antwoord want as jou antwoord reg sou wees, sal die vraag aangewese wees waarom ‘n sportskietlisensie nie aangewese is om te bekom siende dat die lisensie 2 maal so lank geldig is.

Cherokee ·

…’moes inhandig’ JWM? Waarom moès dit ingehandig word? Of het jy meer as die wettige perk besit? Dit is tog, sover my kennis strek, die enigste omstandighede waaronder vuurwapens gedwonge ingehandig is. En selfs dit kon voorkom word indien ‘n versamelaarslisensie bekom kon word.

Veritas ·

JWM jy het die kat aan die stert beet. Niemand hoef hul wettige vuurwapens in te handig nie. Slegs diegene wat wou. Nuwe lisensies en hernuwings word nog daagliks uitgereik. As enigeen sy/haar gelisensieërde vuurwapen ingehandig het, was dit uit vrye wil of onkundigheid.

Oupa Kaspaas ·

Cherokee, oorweeg dit om jou vrae eerder aan ń regsgeleerde, wat in die vuurwapenwet spesialiseer, te stel en hom/haar dan finansieël te vergoed vir die professionele diens.

Johan ·

Daar was geen rede vir enige iemand om hul wapens in te handig nie. Alle ou groen lisensies en lisensies in die blou ID boekies is nog steeds geldig. As jy een van hierdie ou lisensies het en ook ‘n nuwe wit lisensie dan het jy twee geldige lisensies vir die selfde wapen. Party polisie sal vir jou anders se maar hulle is onbevoeg en ken nie die wet nie.

Ja jy mag sport en jag wapens dra en gebruik vir self verdediging. Dit val onder die “use for any lawful purpose” van die wet onder sec15 (Geleentheid jag of sport skiet) en sec16 (toegewyde jag of sport skiet).
Vir enige verdere vra gaan gerus na GOSA Gun Owners of South Africa se groep op facebook of na die webwerf. Ons het top prokureurs en advokate wat ons bystaan en verteenwoordig.

Gert ·

Ja jy kan n lesensie kry en dis verbasend gou en maklik ook. Ja jy kan n vuurwapen op n section 13 selfverdediging kry. Ja jy kan n sport skiet wapen in baie gevalle n pistool aan jou dra. Jy kan sonder om aan te sluit by n sport skiet of jagters organisasies 4 wapens op jou naam he(selfverdediging, occasionally sport shoot and hunter). Natuurlik is motivering belangrik.

Ada ·

My wapen wat ek so ewe n paar jaar ingehandig het aan die polisie het ook seker al n lewe geneem.Of dit le ook in hierdie sak.

Vryheid ·

Wel gedaan Afriforum. Ek was maar nog altyd neutraal teenoor Afriforum maar ek moet sê hulle begin my al hoe meer beindruk.

Gert ·

Jamme maar die dag as hulle daai vuurwapens terug kry of al die polisie manne wat betrokke is gedissiplineer word sal ek se wel gedaan. Om te weet wat jou voertuig se brandstof verbruik is gaan jou nie van punt a tot punt b kry nie. Jy moet eers die brandstof in gooi!

Alida ·

Die wapens wat ons moes inhandig is aan kriminele uitgedeel. Wat wil hulle ondersoek want waar anders kry hulle dit.

Ben Prinsloo ·

Dankie vir jou bekentenis Ada, maar soos jyself weet spyt kom altyd te laat.

pieter ellis ·

Hierdie kan wurms is te root vir die SAPS om gehoor te gee aan die bevel. Ek reken hulle gaan die gewone Zuma-stunt trek, en appelleer tot by Daantjie in die kallerhok, en so vir nog jare ons ontneem van die informasie.

MMJ ·

Dit sou van nog meer waarde gewees het as hulle ook gevra het vir statistieke van vuurwapens wat nie op hulle naam geregistreer is nie wat ook wegraak in groot hoeveelhede soos byvoorbeeld die vuurwapens waarop beslag gelê is deur hulle en vuurwapens wat vrywilliglik ingehandig was. Die inligting sal wys hoe nalatig die veiligheids geriewe en lede werklik is.Misdade deur polisie soos korrupsie en talle ander misdade sal dan ook nagevolg kon word.

anton ·

Die mense wat hulle wapens vrywillig ingehandig het moes die lope eers gebuig of beskadig het. Dan sou die een wat dit onwettig bekom het, homself uitgehaal het en nie onskuldige mense gedood het daarmee nie.

Cherokee ·

Anton, mense wat hul wapens vrywillig ingedien het is grotendeels diegene wat nie kans gesien het vir verkryging van die bevoegdheidsertifkaat wat gepaard gegaan het met hernuwing. Jou voorstel is heeltemal onprakties. Hulle kon dan ‘n wapensmit gevra het om die vuurwapens onbruikbaar te maak en ‘n sertifikaat as sulks uit te reik. Dan kon hulle dit as ornamente teen mure gehang het.

o ·

Al word die syfers bekend gemaak, gaan dit nie ‘n verskil aan die regering maak nie. Hulle gee regtig nie om nie. Verder gaan die syfers ook geensins akkuraat wees nie. Geen administratiewe prosedures word meer gevolg nie, hoekom sal vuurwapen verlies prosedures gevolg word?

Dirk ·

Dankie AfriForum vir julle betrokkenheid om vir minderheids groepe en die se regte op te staan. Trots op julle!

Swannie ·

Afriforum doen uitstekende werk om in die openbare oog te bly met al hul hofsake, MAAR hulle behandel hul lede uiters swak en is heeltemal onprofessioneel op daardie gebied.
Ek het bedank na slegs 2 maande se lidmaatskap.

Cherokee ·

So Swannie, jy het lid geword om diens te kry vanaf hulle en toe hulle jou nie wou help na een maand se ledegeld nie, vertel jy hulle behandel hul lede onprofessioneel. As jy net wou aansluit vir onmiddelike hulp, dan is dit goed dat jy lidmaatskap bedank het.

Stephan de S ·

Lesers verstaan nie die doel en belang vd saak nie. Dit gaan om die polisie verantwoordbaar te hou…ten minste n poging daartoe ipv om maar net gods water oor godsakker te laat loop soos siniste wil he of glo. So n hofsbeslissing kan later groot belang he. Enige regering moet verantwoord gehou word…dis hoe demokrasie werk. Hoekom sinies wees as n burgerregte organisasie presies dit doen as die stembus opsie niks in die sal bring nie.

Vissie ·

Wilma, ek het slegte nuus vir jou. Jy gaan net eendag ‘n SMS kry dat jou lisensie nie hernuwe is nie, soos wat met my gebeur het na my aansoek om hernuwing. En dit was vir ‘n handwapen waarvoor ek meer as dertig jaar gelede al op die ou manier ‘n lisensie gekry het. Verder geen rede or hoekom dit nou nie hernuwe is nie. Maar ek sien hierbo iemand skryf die ou groen lisensies geld nog. kan iemand dalk hieroor uitbrei? Die hele vuurwapenwetgewing stink in elk geval!

9mm ·

Hi Wilma
Jou lisensie is altyd geldig solank jy die eerste plastiek kaartjie tipe het.Doen eenvoudig net weer aansoek vir hernuwing om sodoende weer jou nuwe kaartjie te kry met jou foto op.Die een wat ek na verwys is die kaartjie met net die vingerafdruk op.
Jy hoef geen wapen in te gee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.